{"id":1628,"date":"2022-10-14T14:12:16","date_gmt":"2022-10-14T14:12:16","guid":{"rendered":"http:\/\/ensovoort.co.za\/?p=1628"},"modified":"2023-02-16T08:41:48","modified_gmt":"2023-02-16T08:41:48","slug":"famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/","title":{"rendered":"&#8216;Famous vir apartheid, rugby en gekskeer&#8217;: Die beeld van die Afrikaner op Instagram"},"content":{"rendered":"<p>Titel: &#8216;Famous vir apartheid, rugby en gekskeer&#8217;: Die beeld van die Afrikaner op Instagram<br \/>\nDr. Burgert Senekal, Universiteit van die Vrystaat.<\/p>\n<p><em>Ensovoort, volume 43 (2022), nommer 10: 2<\/em><\/p>\n<div id=\"ez-toc-container\" class=\"ez-toc-v2_0_45_1 counter-hierarchy ez-toc-counter ez-toc-grey ez-toc-container-direction\">\n<div class=\"ez-toc-title-container\">\n<p class=\"ez-toc-title\">Table of Contents | Inhoudsopgawe<\/p>\n<span class=\"ez-toc-title-toggle\"><a href=\"#\" class=\"ez-toc-pull-right ez-toc-btn ez-toc-btn-xs ez-toc-btn-default ez-toc-toggle\" area-label=\"ez-toc-toggle-icon-1\"><label for=\"item-69dc182cb3750\" aria-label=\"Table of Content\"><span style=\"display: flex;align-items: center;width: 35px;height: 30px;justify-content: center;direction:ltr;\"><svg style=\"fill: #999;color:#999\" xmlns=\"http:\/\/www.w3.org\/2000\/svg\" class=\"list-377408\" width=\"20px\" height=\"20px\" viewBox=\"0 0 24 24\" fill=\"none\"><path d=\"M6 6H4v2h2V6zm14 0H8v2h12V6zM4 11h2v2H4v-2zm16 0H8v2h12v-2zM4 16h2v2H4v-2zm16 0H8v2h12v-2z\" fill=\"currentColor\"><\/path><\/svg><svg style=\"fill: #999;color:#999\" class=\"arrow-unsorted-368013\" xmlns=\"http:\/\/www.w3.org\/2000\/svg\" width=\"10px\" height=\"10px\" viewBox=\"0 0 24 24\" version=\"1.2\" baseProfile=\"tiny\"><path d=\"M18.2 9.3l-6.2-6.3-6.2 6.3c-.2.2-.3.4-.3.7s.1.5.3.7c.2.2.4.3.7.3h11c.3 0 .5-.1.7-.3.2-.2.3-.5.3-.7s-.1-.5-.3-.7zM5.8 14.7l6.2 6.3 6.2-6.3c.2-.2.3-.5.3-.7s-.1-.5-.3-.7c-.2-.2-.4-.3-.7-.3h-11c-.3 0-.5.1-.7.3-.2.2-.3.5-.3.7s.1.5.3.7z\"\/><\/svg><\/span><\/label><input  type=\"checkbox\" id=\"item-69dc182cb3750\"><\/a><\/span><\/div>\n<nav><ul class='ez-toc-list ez-toc-list-level-1 ' ><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-1\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Opsomming\" title=\"Opsomming\">Opsomming<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-2\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Inleiding\" title=\"Inleiding\">Inleiding<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-3\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Die_term_Afrikaner\" title=\"Die term Afrikaner\">Die term Afrikaner<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-4\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Metodes\" title=\"Metodes\">Metodes<\/a><ul class='ez-toc-list-level-4'><li class='ez-toc-heading-level-4'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-5\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Die_keuse_van_Instagram\" title=\"Die keuse van Instagram\">Die keuse van Instagram<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-4'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-6\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Die_keuse_van_die_hutsmerk_afrikaner\" title=\"Die keuse van die hutsmerk #afrikaner\">Die keuse van die hutsmerk #afrikaner<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-4'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-7\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Dataversameling\" title=\"Dataversameling\">Dataversameling<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-4'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-8\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Die_klassifikasie_van_hutsmerke\" title=\"Die klassifikasie van hutsmerke\">Die klassifikasie van hutsmerke<\/a><\/li><\/ul><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-9\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Resultate\" title=\"Resultate\">Resultate<\/a><ul class='ez-toc-list-level-4'><li class='ez-toc-heading-level-4'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-10\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Opsomming-2\" title=\"Opsomming\">Opsomming<\/a><\/li><\/ul><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-11\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Slot\" title=\"Slot\">Slot<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-12\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/#Bibliografie\" title=\"Bibliografie\">Bibliografie<\/a><\/li><\/ul><\/nav><\/div>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Opsomming\"><\/span>Opsomming<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Die begrip <em>Afrikaner<\/em> het oor die afgelope drie eeue verskillende betekenisse aangeneem soos die bevolking wat deur hierdie term beskryf word ook by veranderende omstandighede aangepas het. Die huidige studie stel ondersoek in na watter begrippe tans met die Afrikaner verbind word. Hiervoor word alle plasings wat op een van die gewildste sosialemediaplatforms, Instagram, met die hutsmerk <em>#afrikaner <\/em>gemaak is, ontleed. Hutsmerke wat saam met hierdie hutsmerk aangetref word, word ondersoek, en daar word aangetoon dat veral humor, erfenis, taal, en \u2018n landelike omgewing sterk met die Afrikaner verbind word, terwyl politiek (apartheid en plaasaanvalle) en die Christelike geloof tot \u2018n mindere mate op hierdie platform met die Afrikaner verbind word, alhoewel hierdie nie weglaatbare begrippe in die konteks van die Afrikaner is nie. Voorstelle word ook gemaak vir verdere studies.<\/p>\n<p>Kernwoorde: Afrikaner, Afrikaans, Afrikaneridentiteit, Suid-Afrika, Instagram<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Inleiding\"><\/span>Inleiding<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>In \u201cVolk van main\u201d (K.O.B.U.S.!, 2004) sing K.O.B.U.S.!: \u201cAfgesonder sit ons volkie oor musiek en debatteer, famous vir apartheid, rugby en gekskeer.\u201d Hierdie liriek belig drie begrippe wat w\u00eareldwyd met die Afrikaner verbind word:<\/p>\n<ol>\n<li>Apartheid is so welbekend dat die woord in verskeie tale (onder andere in Engels) opgeneem is en ook in ander kontekste gebruik word om politieke stelsels te verdoem, byvoorbeeld in die konteks van Israel;<\/li>\n<li>Met drie W\u00eareldbekeroorwinnings sedert 1994 staan die Suid-Afrikaanse rugbyspan, wat sterk met Afrikaners verbind word, bekend as \u2018n rugbyspan wat gemiddeld een van die bestes ter w\u00eareld is;<\/li>\n<li>Films soos di\u00e9 van Jamie Uys en Leon Schuster het gehore w\u00eareldwyd aan (Suid-)Afrikaanse humor bekendgestel.<\/li>\n<\/ol>\n<p>K.O.B.U.S.! se stelling is uiteraard \u2018n waarneming, maar die vraag is in hoe \u2018n mate hierdie waarneming deur data ondersteun kan word, en wat andersins met die Afrikaner verbind word. D\u00edt is die doel van die huidige studie.<\/p>\n<p>Die huidige studie stel ondersoek in na watter begrippe met die Afrikaner verbind word. Hiervoor word gebruik gemaak van die sosialemediaplatform, Instagram, wat w\u00eareldwyd tans die vyfde gewildste sosialemediaplatform is (naas Facebook, YouTube, WhatsApp en Messenger) (Ang, 2021) en in Suid-Afrika die vierde gewildste sosialemediaplatform is (naas WhatsApp, YouTube en Facebook) (Ornico\/World Wide Worx, 2021:62). Die huidige studie ondersoek alle plasings wat op Instagram met die hutsmerk <em>#afrikaner<\/em> gemaak is, sowel as die hutsmerke wat saam met hierdie hutsmerk gebruik is, ten einde te bepaal watter begrippe gereeld op hierdie platform met die Afrikaner verbind word.<\/p>\n<p>Die artikel is soos volg gestruktureer. Eerstens word die term <em>Afrikaner<\/em> bespreek en in \u2018n historiese konteks geplaas. Hierna word die metodes bespreek wat in die huidige studie gebruik is, waaronder die keuse van \u2018n sosialemediaplatform, dataversameling, data-ontleding en datavisualisasie. Hierop volg \u2018n bespreking van die resultate. Die artikel sluit af met slotopmerkings en voorstelle vir verdere studies.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_term_Afrikaner\"><\/span>Die term <em>Afrikaner<\/em><span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Die term <em>Afrikaner <\/em>is kontroversieel en het oor die afgelope drie eeue verskillende betekenisse aangeneem. Combrink (2019:222) skryf: \u201cDie definisie van Afrikanerskap is iets so kenmerkend soos die mense wat hierdie etiket dra, al telkemale oor gestry, gedebatteer en vele male probeer om te herdefinieer.\u201d Die huidige afdeling verskaf \u2018n kort oorsig oor di\u00e9 term.<\/p>\n<p>In die laat agttiende en vroe\u00eb negentiende eeu was die term <em>Afrikaanders<\/em> &#8216;n neerhalende term wat gebruik is vir mense van gemengde ras in die Kaapkolonie, maar deur die loop van die negentiende eeu het dit \u2018n toenemend algemene term geword vir Afrikaanssprekende koloniste wat aan die suidpunt van Afrika gebore is (Du Toit, 2008:567). In die laat negentiende eeu het die term <em>Afrikaners<\/em> in die Kaapkolonie gewild geword om na wit Afrikaanssprekende persone te verwys, terwyl die wit Afrikaanssprekende persone in die Boererepublieke na hulself as <em>Boere<\/em> verwys het (Du Toit, 2008:567).<\/p>\n<p>N\u00e1 die Anglo-Boereoorlog het die term <em>Afrikaners<\/em> gewilder geword onder alle Afrikaanssprekende wit mense, alhoewel die term steeds gereeld afwisselend met <em>Boer<\/em> gebruik is (Pienaar, 2007:12).\u00a0 In 1902 het die Patriot Woordeboek \u2018n Afrikaner byvoorbeeld gedefinieer as \u2018n wit persoon wat in Afrika gebore is (Pienaar, 2007:13). Deur die loop van die twintigste eeu het die term <em>Afrikaners<\/em> toenemend op wit mense begin dui en Afrikanerleiers soos DF Malan en JBM Hertzog het die term <em>Afrikaner<\/em> in die sin van Hollandse of Afrikaanssprekende wit mense gebruik (Pienaar, 2007:13). Hierdie definisie het deur die loop van die twintigste eeu gevestig geraak en in Senekal (2019b) is aangedui dat die Afrikaner deesdae oorwegend as wit gesien word, maar belangriker nog: dat ras \u2018n groot komponent van die Afrikaner se identiteit uitmaak.<\/p>\n<p>Die siening van die Afrikaner as wit word ook deur genetika bevestig, waar Hollfelder et al. (2020) byvoorbeeld gevind het dat die Afrikaner gemiddeld 95,3% van Europese herkoms is, met die oorblywende 4,7% mense wat in koloniale tye as slawe na die Kaap gebring is (3,4%, meesal slawe van Asi\u00eb) en van plaaslike Khoe-San mense (1,3%). Rakende die Afrikaners se Europese herkoms het Hollfelder et al. <a href=\"https:\/\/sciwheel.com\/work\/citation?ids=11258432&amp;pre=&amp;suf=&amp;sa=1\">(2020)<\/a> \u2018n meer noordwestelike (eerder as suidelike of oostelike) Europese komponent gevind, met Afrikaners se grootste genetiese komponent afkomstig van Nederland en Duitland (61 &#8211; 71%), intermedi\u00ear van Frankryk (13 &#8211; 26%), met baie kleiner breukdele van ander Europese groepe. Interessant genoeg let hulle op die relatief klein bydraes wat Britse mense tot die Afrikanerbevolking se genetiese samestelling gemaak het.<\/p>\n<p>Die Afrikaner is egter meer as net wit Afrikaanssprekendes. HB Thom beskryf DF Malan soos volg (aangehaal in Pienaar, 2007:13):<\/p>\n<blockquote><p>Al behoort die meeste Afrikaners aan die politieke party waaraan dr. Malan behoort het, en al behoort die meeste Afrikaners aan die kerk waaraan hy behoort het, is dit denkbaar dat daar mense kan wees wat nie aan daardie party en daardie kerk behoort nie, en nogtans Afrikaners kan wees. Maar as \u02bcn man nie vir sy volk, vir sy taal, sy nasionale verlede en sy nasionale simbole omgee nie, kan hy nie Afrikaner, Afrikanermens wees nie. Dr. Malan het aan die Kerk en aan die Party van die meeste Afrikaners behoort en het bowendien op uitmuntende wyse voldoen aan die gewone norme wat vir die Afrikanermens geld.<\/p><\/blockquote>\n<p>Om volgens Thom \u2018n Afrikaner te wees, moet mense met ander woorde met die Afrikaner se geskiedenis, taal en simbole identifiseer. Boonop kan uit Thom se stelling afgelei word dat om \u2018n Christen te wees ook \u2018n belangrike komponent van Afrikaner-wees is, al sien Thom nie \u2018n verbintenis met \u2018n spesifieke kerk as noodsaaklik vir Afrikaner-wees nie. Pienaar (2007:11) skryf ook dat die Afrikaner in die begin van die twintigste eeu as wit, Afrikaanssprekend, Calvinisties en patrioties bekendgestaan het. Hierdie begrippe word steeds in bre\u00eb trekke met die Afrikaner verbind; Combrink (2019:222) verwys byvoorbeeld na Eug\u00e8ne Terre\u2019Blanche, wat in 1998 die volgende kenmerke van \u2018n Afrikaner identifiseer:<\/p>\n<ol>\n<li>Christelik en God-vresend;<\/li>\n<li>Aanvaarding van die skellende klimaat- en weerselemente van die Afrika-kontinent;<\/li>\n<li>Trots en patriotisme teenoor die Afrikanervolk;<\/li>\n<li>Sin van die geskiedenis;<\/li>\n<li>Bittereinders, mense wat sterk bly ten spyte van moeilike omstandighede;<\/li>\n<li>Wit;<\/li>\n<li>Afrikaans (nie-noodsaaklike eienskap).<\/li>\n<\/ol>\n<p>Taal, geloof, en die identifisering met die herkoms van die Afrikaner is met ander woorde belangrike begrippe wat met die Afrikaner verbind word (alhoewel dit onduidelik is waarom Terre\u2019Blanche taal as \u2018n nie-noodsaaklike eienskap identifiseer). Combrink (2019:225) skryf egter dat daar te veel sienings bestaan van wat \u2018n Afrikaner is en moet wees en dat Afrikaner-wees nie te eng omskryf moet word nie.<\/p>\n<p>Vestergaard (2001:20) se omskrywing van die Afrikaner oorvleuel sterk met bostaande kenmerke soos deur Terre\u2019Blanche uitgesonder:<\/p>\n<blockquote><p>This Afrikaner identity was based on values of God-fearing Calvinism, structures of patriarchal authority (husband and father, priest, school principal, political leaders &#8211; all of whom were representing God on earth), adherence to the traditions invented by the nationalist movement, conservative values such as the fundamental importance of the nuclear family and heterosexuality, and, above all, the importance of whiteness.<\/p><\/blockquote>\n<p>Kenmerke van die Afrikaner word soms helderder uitgelig wanneer Afrikaners in die buiteland bestudeer word. In hierdie opsig is Hendrich (2013) se studie van Afrikaners in Rhodesi\u00eb (tans Zimbabwe) veral interessant. Hendrich (2013:156) beskryf hierdie Afrikaners: \u201cAs landelike bevolkingsgroep het hierdie Afrikaner-trekkers vanwe\u00eb hul Christelik-Calvinistiese geloofsoortuigings en as voorstanders van \u2019n republikeinse ideaal \u2019n konserwatiewe leefstyl openbaar.\u201d Konserwatiewe waardes, die strewe na vryheid en die Christelike geloof was met ander woorde belangrike eienskappe van Afrikaners in Rhodesi\u00eb, en die feit dat hulle ook monumente vir die Voortrekkers opgerig het en geskiedkundige dae soos Geloftedag gevier het, wys dat die identifisering met die Afrikaner se geskiedenis \u2018n belangrike verdere eienskap van hierdie Afrikaners was. Laastens dui die taalstryd in Rhodesi\u00eb en Afrikaners se aandrang op moedertaalonderrig (Hendrich, 2013:159) ook daarop dat die taal as \u2018n belangrike eienskap van Afrikaners geag is.<\/p>\n<p>Finlayson (2019) bestudeer hedendaagse Afrikanerimmigrante in Nieu-Seeland en bevind (2019:153) dat Afrikanerskap ten opsigte van vier dimensies beskryf kan word:<\/p>\n<ol>\n<li>&#8216;n gedeelde biologiese erfenis;<\/li>\n<li>die beoefening van Protestantse Christendom;<\/li>\n<li>om Afrikaans te praat; en<\/li>\n<li>deur &#8216;n bepaalde sosiale waardesisteem te gebruik, wat dikwels as konserwatisme beskryf word.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Dit is opvallend dat ras nie \u2018n eienskap is wat deur Finlayson (2019) uitgesonder word nie, wat moontlik toegeskryf kan word daaraan dat die Afrikaners in sy studie sterk pogings aangewend het om van die stigma van apartheid te ontsnap.<\/p>\n<p>Neem \u2018n mens bostaande insigte van Vestergaard (2001), Pienaar (2007), Hendrich (2013) en Finlayson (2019), kan die volgende lys van eienskappe ge\u00efdentifiseer word wat sterk met die Afrikaner verbind word:<\/p>\n<ol>\n<li>Afrikaanssprekend<\/li>\n<li>Wit<\/li>\n<li>Ontstaan in Suid-Afrika<\/li>\n<li>Konserwatief<\/li>\n<li>Protestants Christelik<\/li>\n<li>Sterk bewussyn van erfenis<\/li>\n<\/ol>\n<p>Hierdie is eienskappe wat oor die algemeen met die Afrikaner verbind word, maar dit beteken nie dat mense nie Afrikaners is as hulle nie aan al hierdie eienskappe voldoen nie &#8211; trouens, mense is Afrikaners indien hulle identifiseer as Afrikaners en\/of as hulle as Afrikaners geag word. K.O.B.U.S.! (2004) se reeds genoemde liriek is in hierdie opsig interessant, omdat hulle verwys na <em>ons<\/em> <em>volkie<\/em> wat sit en debatteer &#8211;\u00a0 K.O.B.U.S.! identifiseer hulself met ander woorde ook as Afrikaners, alhoewel hulle as een van die min <em>metal<\/em>-groepe in Afrikaans uiters alternatief is. Combrink (2019) identifiseer haarself ook as \u2018n Afrikaner, alhoewel sy nie haarself kan verbind tot die Afrikaneridentiteit wat sy op Orania sien nie. Daar is met ander woorde baie variasie- en kombinasiemoontlikhede binne \u2018n Afrikaneridentiteit. Verder is die Afrikaneridentiteit nie staties nie, alhoewel daar \u2018n groot mate van kontinu\u00efteit is ten opsigte van tydperke wat hierbo beskryf is.<\/p>\n<p>Daar is ook sommige wit Afrikaanssprekendes wat die term <em>Boer<\/em> bo <em>Afrikaner<\/em> verkies (Du Toit, 2013). Die term <em>Boer<\/em> is rondom die tyd van die Anglo-Boereoorlog gebruik om spesifiek te verwys na Hollandse inwoners van die Boererepublieke (Pretorius en Froneman, 2018:758). N\u00e1 Republiekwording in 1961 is die term minder gereeld gebruik as gevolg van pogings van die heersende Nasionale Party (NP) om wit eenheid te bevorder (Pretorius en Froneman, 2018:758). In die 1980\u2019s, teen die agtergrond van groot verdeeldheid onder Afrikaners en die wit bevolking oor die algemeen, is die term <em>Boer <\/em>weer meer gereeld gebruik. Eugene Terre\u2019Blanche verduidelik byvoorbeeld die verskil tussen <em>Boer <\/em>en <em>Afrikaner<\/em>: \u201cDaar bestaan eintlik nie so \u2019n ding soos \u2019n Afrikaner nie. Di\u00e9 wat uit die Kaap weggetrek het, is Boere. Hulle het oorlo\u00eb teen Engels (sic) en swartmense gevoer\u201d (aangehaal in Pretorius en Froneman, 2018:758) (Terre\u2019Blanche was natuurlik die stigterslid van die <em>Afrikaner<\/em> Weerstandsbeweging en het hierbo \u2018n ander definisie van die Afrikaner verskaf). In dieselfde tydsgewrig voer Robert van Tonder van die Boerestaat Party ook aan: &#8220;We are not asking for a white state nor are we asking for an Afrikaner state. We are asking for a Boer state\u201d (aangehaal in Onafhanklike Ondersoek Raad, 1996:22). Volgens Du Toit (2013) verbind sommiges die term <em>Boer<\/em> met die konserwatiewe, Christelike, wit Afrikaanssprekendes wat in die voormalige Boererepublieke gebore is en hulself vir vryheid beywer het, terwyl die term <em>Afrikaner<\/em> na die meer liberale wit Afrikaanssprekendes in die Kaap verwys wat nie \u2018n vergelykbare strewe na vryheid gehad het nie. Hy (2013) betwis egter hierdie onderskeid en die siening dat daar twee wit Afrikaanssprekende volke in Suid-Afrika bestaan, want dit sou beteken dat JBM Hertzog, DF Malan, JG Strijdom en Andries Treurnicht Afrikaners en nie Boere was nie. Hy (2013) wys ook daarop dat FW de Klerk in Transvaal gebore is en daarom by implikasie \u2018n Boer sou wees.<\/p>\n<p>In die huidige studie word daar nie \u2018n onderskeid tussen Boere en Afrikaners getref nie. Afrikaners word gesien as wit Afrikaanssprekende persone wat hulself met die Afrikaner se taal, herkoms en kultuur verbind of wat hiermee verbind word.<\/p>\n<p>Die volgende afdeling bespreek die metodes wat in die huidige studie gevolg is.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Metodes\"><\/span>Metodes<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<h4><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_keuse_van_Instagram\"><\/span>Die keuse van Instagram<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h4>\n<p>Data is vir die huidige studie vanaf Instagam versamel. Instagram is gekies omdat hierdie platform een van die gewildste sosialemediaplatforms in Suid-Afrika is (Goldstuck, 2020:52; Ornico\/World Wide Worx, 2021:62), wat beteken dat \u2018n groter deel van die Suid-Afrikaanse bevolking betrek word as wat byvoorbeeld die geval sou wees met byvoorbeeld TikTok. Instagram was teen 2020 min of meer so gewild soos Twitter (Goldstuck, 2020:52), maar teen 2021 het Instagram Twitter verbygesteek en is tans die vierde gewildste sosialemediaplatform in Suid-Afrika, naas WhatsApp, YouTube en Facebook (Ornico\/World Wide Worx, 2021:62). Boonop het Instagram-gebruik skerp toegeneem van 4,7 miljoen aktiewe gebruikers in Suid-Afrika in 2020 tot 7,1 miljoen in 2021 (Ornico\/World Wide Worx, 2021:77).<\/p>\n<p>\u2018n Tweede rede vir die keuse van Instagram is dat aspekte van die uitbeelding van die Afrikaner reeds op Twitter bestudeer is, by name die siening van of ras \u2018n komponent van die begrip <em>Afrikaner<\/em> uitmaak (Senekal, 2019b), en of die Afrikaner as positief of negatief gesien word (Brokensha, Kotz\u00e9 en Senekal, 2019). Hierteenoor is die uitbeelding van die Afrikaner nog nie op Instagram bestudeer nie. Daar is wel voorheen ondersoek ingestel na die ras van persone wat die Afrikaanse Taalmonument besoek en dan foto\u2019s oor hulle besoek op Instagram geplaas (Kotz\u00e9 en Senekal, 2020), maar hierdie studie het ondersoek ingestel na besoekers, nie Afrikaners as sodanig nie.<\/p>\n<p>Twitter staan ook bekend daarvoor dat dit \u2018n politieke platform is, en soos uit Senekal (2019b, 2020) en Brokensha, Kotz\u00e9 en Senekal (2019) gesien kan word, word die Afrikaner op Twitter gereeld by politieke kwessies soos grondonteiening, apartheid, kolonialisme en plaasaanvalle betrek. Daar kan verwag word dat dieselfde op Instagram sal gebeur, maar dit is ook verwag dat die Afrikaner by veel meer onderwerpe betrek sal word op Instagram as op Twitter omdat Instagram \u2018n meer diverse platform is.<\/p>\n<p>Laastens is daar die kwessie van die beskikbaarheid van data. Facebook se data is ontoeganklik en Twitter se data kan nie terugwerkend versamel word nie (Senekal, 2019a:80). Instagram-data kan egter terugwerkend versamel word, wat beteken dat die uitbeelding van die Afrikaner op Instagram oor \u2018n groter tydperk bestudeer kan word as wat die geval is op Twitter. Vir die huidige studie word die hele tydperk ondersoek waarin plasings met die hutsmerk <em>#afrikaner<\/em> geplaas is.<\/p>\n<p>Die volgende onderafdeling bespreek die keuse van die hutsmerk.<\/p>\n<h4><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_keuse_van_die_hutsmerk_afrikaner\"><\/span>Die keuse van die hutsmerk #afrikaner<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h4>\n<p>Die woord <em>Afrikaner<\/em> dra verskillende betekenisse in verskillende tale. In Duits, Deens en Sweeds dui die woord byvoorbeeld op \u201ciemand vanaf Afrika\u201d (ongeag ras, taal of land van oorsprong) terwyl die woord in Frans, Afrikaans en Engels na \u02bcn wit Afrikaanssprekende verwys (Senekal, 2019b). Indien sosialemediaplasings met die hutsmerk <em>#afrikaner <\/em>versamel word, sal daar met ander woorde ook plasings wees wat na mense vanaf Afrika verwys en nie noodwendig na die Afrikaner soos voorheen omskryf nie. In Senekal (2019b) en Brokensha, Kotz\u00e9 en Senekal (2019) is hierdie probleem aangespreek deur slegs Engelse plasings te versamel en daardeur plasings met die relevante betekenis van die woord <em>Afrikaner<\/em> te bekom, maar in die huidige studie is daar eers ondersoek ingestel na watter tale die meeste voorkom. Die taal van plasings is in die huidige studie outomaties herken soos in Senekal (2019b) en die resultate kan in Tabel 1 gesien word.<\/p>\n<p><em>Tabel 1. Die tale waarin die meeste plasings gemaak is<\/em><\/p>\n<table width=\"595\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"252\"><strong>Taal<\/strong><\/td>\n<td width=\"148\"><strong>Telling<\/strong><\/td>\n<td width=\"195\"><strong>% van totaal<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Afrikaans<\/td>\n<td width=\"148\">3920<\/td>\n<td width=\"195\">34,34%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Engels<\/td>\n<td width=\"148\">3294<\/td>\n<td width=\"195\">28,85%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Duits<\/td>\n<td width=\"148\">1516<\/td>\n<td width=\"195\">13,28%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Turks<\/td>\n<td width=\"148\">1512<\/td>\n<td width=\"195\">13,24%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Deens<\/td>\n<td width=\"148\">376<\/td>\n<td width=\"195\">3,29%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Frans<\/td>\n<td width=\"148\">91<\/td>\n<td width=\"195\">0,80%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Pools<\/td>\n<td width=\"148\">82<\/td>\n<td width=\"195\">0,72%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Sweeds<\/td>\n<td width=\"148\">74<\/td>\n<td width=\"195\">0,65%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Geen taal<\/td>\n<td width=\"148\">54<\/td>\n<td width=\"195\">0,47%<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"252\">Noors<\/td>\n<td width=\"148\">54<\/td>\n<td width=\"195\">0,47%<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die meerderheid plasings is met ander woorde in Afrikaans en Engels, maar Frans figureer ook. Ter wille daarvan om slegs relevante plasings te ontleed, is slegs plasings in Afrikaans, Engels en Frans hieronder gebruik, wat beteken 7 305 of 63,99% van die hele datastel van 11 416 plasings is gebruik.<\/p>\n<p>\u2018n Ander oplossing vir die meerduidige betekenis van die woord <em>Afrikaner<\/em> is om die meervoudsvorm, <em>Afrikaners<\/em>, te gebruik, aangesien die meervoudsvorm ook meesal die verskillende betekenisse van die term vervat. In Engels is die meervoudsvorm byvoorbeeld <em>Afrikaners<\/em>, in Deens <em>afrikanere<\/em>, in Duits <em>Afrikaner<\/em>, en in Frans <em>Afrikaners<\/em>. Dit beteken dat oorwegend relevante plasings met die hutsmerk <em>#afrikaners<\/em> versamel sal word. Die hutsmerk <em>#afrikaners<\/em> het egter veel minder plasings (2 216 plasings) opgelewer en daar is om hierdie rede besluit om eerder plasings met <em>#afrikaner<\/em> in Afrikaans, Engels en Frans te gebruik.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om daarop te let dat daar nie in die huidige studie \u2018n onderskeid gemaak kan word tussen hoe Afrikaners hulself sien, en hoe Afrikaners deur ander gesien word nie. Alhoewel plasings in Afrikaans meesal deur Afrikaanssprekende persone gemaak sal word, is plasings in Engels nie noodwendig \u2018n aanduiding daarvan dat die persoon Engels is nie: Engels is die w\u00eareldtaal en Afrikaanssprekende persone mag moontlik kies om in Engels oor die Afrikaner te skryf. Identiteit word beide van binne en van buite opgel\u00ea; soos Nagel (1994:154) aanvoer is identiteitsvorming \u2018n: \u201cdialectical process involving internal and external opinions and processes, as well as the individual\u2019s self-identification and outsiders\u2019 ethnic designations \u2013 i.e., what <em>you<\/em> think your ethnicity is, versus what <em>they<\/em> think your ethnicity is\u201d (oorspronklike klem). Die huidige studie neem met ander woorde beide binne- as buiteperspektiewe in ag, en kan nie \u2018n onderskeid tussen die twee tref nie.<\/p>\n<p>Die volgende onderafdeling bespreek die versameling van data.<\/p>\n<h4><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Dataversameling\"><\/span>Dataversameling<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h4>\n<p>Data is met behulp van die Apple-toepassing, Instabro (<a href=\"https:\/\/instabro.app\">https:\/\/instabro.app<\/a>), versamel. Hierdie toepassing laat die navorser toe om metadata oor Instagram-plasings te versamel, byvoorbeeld die datum en tyd van plasings, die byskrifte wat saam met plasings gebruik is, die aantal houvans (\u201clikes\u201d) en kommentare wat plasings ontvang het, die soort plasings (foto\u2019s, video\u2019s en skyfies), en unieke kodes vir gebruikers (wat hulle name verberg maar dit moontlik maak om die getal gebruikers te tel). Hierdie data kan in \u2018n gestruktureerde formaat afgelaai word vir verdere ontleding. Alle plasings met die hutsmerk <em>#afrikaner<\/em> is in die huidige studie gebruik, van die eerste tot die mees onlangse, maar aangesien die data in Januarie 2022 versamel is, is 2022 se data verwyder ten einde \u2018n volledige opgawe tot einde 2021 te kan verskaf.<\/p>\n<p>Die verdere ontleding van die datastel is in Google Sheets (<a href=\"https:\/\/www.google.com\/sheets\/about\/\">https:\/\/www.google.com\/sheets\/about\/<\/a>) behartig, wat dit moontlik gemaak het om die taal van plasings te herken, die aantal woorde te tel, hutsmerke te onttrek, die getal hutsmerke per plasing te tel, ensovoorts. Basiese berekenings en die klassifikasie van hutsmerke is ook in Google Sheets voltrek.<\/p>\n<p>Die resultate is gevisualiseer met behulp van Flourish (<a href=\"https:\/\/flourish.studio\">https:\/\/flourish.studio<\/a>), wat meer gevorderde visualiserings bemiddel as wat met Google Sheets of Google Data Studio (<a href=\"https:\/\/datastudio.google.com\/u\/0\/\">https:\/\/datastudio.google.com\/u\/0\/<\/a>) moontlik is. Flourish se interaktiese visualiserings het dit ook moontlik gemaak om foute in die data te identifiseer, wat dan weer in Google Sheets gekorrigeer is, voor resultate weer in Flourish ingevoer is. Flourish is \u2018n gratis aanlynplatform en die visualisasie vir die huidige projek is beskikbaar by <a href=\"https:\/\/public.flourish.studio\/story\/1116850\/\">https:\/\/public.flourish.studio\/story\/1116850\/<\/a>.<\/p>\n<h4><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_klassifikasie_van_hutsmerke\"><\/span>Die klassifikasie van hutsmerke<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h4>\n<p>In navolging van Ichau, Frissen en d&#8217;Haenens (2019) en Senekal (2021) is hutsmerke geklassifiseer op grond van kategorie\u00eb wat uit die data na vore gekom het. Vir die huidige studie is daar op die volgende tien kategorie\u00eb besluit:<\/p>\n<ol>\n<li><em>Meta<\/em>, wat hutsmerke insluit wat \u2018n plasing beskryf, byvoorbeeld <em>#grappie<\/em>, <em>#memes<\/em> en <em>#stories<\/em>;<\/li>\n<li><em>Plek<\/em>, wat spesifiek na \u2018n land, streek of stad verwys, byvoorbeeld <em>#suidafrika<\/em>, <em>#southafrica<\/em> en <em>#vrystaat<\/em>;<\/li>\n<li><em>Erfenis en kultuur<\/em>, wat na kultuurgroepe, geskiedenis en ander begrippe verwys wat met \u2018n spesiefieke kultuur saamhang, byvoorbeeld <em>#afrikaners<\/em>, <em>#afrikaner<\/em> en <em>#afrikanersisplesierig<\/em>;<\/li>\n<li><em>Taal<\/em>, wat verwys na tale en verbindings met tale, byvoorbeeld <em>#afrikaans<\/em>, <em>#afrikaansememes<\/em> en <em>#taal<\/em>;<\/li>\n<li><em>Instagram en sosiale media<\/em>, wat insluit hutsmerke wat eie is aan Instagram en ander verwysings na sosialemediaplatforms, byvoorbeeld <em>#instagood<\/em>, <em>#repost<\/em> en <em>#instalike<\/em>;<\/li>\n<li><em>Natuur<\/em>, wat hutsmerke insluit wat saamhang met die natuur, byvoorbeeld <em>#mountains<\/em>, <em>#nature<\/em> en <em>#outdoors<\/em>;<\/li>\n<li><em>Politiek<\/em>, wat hutsmerke insluit wat politieke kwessies betrek, byvoorbeeld <em>#apartheid<\/em>, <em>#plaasmoorde<\/em> en <em>#racism<\/em>;<\/li>\n<li><em>Geloof<\/em>, wat hutsmerke bevat wat spesifiek met geloof saamhang, byvoorbeeld <em>#geloof<\/em>, <em>#god<\/em> en <em>#jesus<\/em>;<\/li>\n<li><em>Grond<\/em>, wat hutsmerke insluit wat na grond, plaaslewe en verwante begrippe verwys, byvoorbeeld <em>#plaas<\/em>, <em>#ploeg<\/em> en <em>#plaasmemes<\/em>;<\/li>\n<li>Sport, wat enigiets bevat wat met sport saamhang, byvoorbeeld <em>#rugby<\/em>, <em>#springboks<\/em> en <em>#springboksupporter<\/em>.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Kategorie\u00eb 1, 7 en 10 kan teen die agtergrond van K.O.B.U.S.! se genoemde liriek gelees word, naamlik dat die Afrikaner bekend is vir \u201capartheid, rugby en gekskeer,\u201d maar hierdie kategorie\u00eb is ook geskep omdat \u2018n groot hoeveelheid hutsmerke voorgekom het wat juis met hierdie kategorie\u00eb saamhang. Kategorie\u00eb 2, 3, 4 en 8 hou verband met hoe Thom en ander die Afrikaner konsepsualiseer, maar dit was weereens die groot hoeveelheid hutsmerke wat daartoe gelei het dat hierdie kategorie\u00eb geskep is. Kategorie 9 het ook uit die data na vore gekom: die Afrikaner se verbintenis tot die grond en landbou is welbekend en word byvoorbeeld in die Afrikaanse plaasroman, musiek van verskeie Afrikaanse kunstenaars (byvoorbeeld Bok van Blerk of Thys die Bosveldklong) en in Afrikaanse films (byvoorbeeld <em>Vrou soek boer<\/em> of <em>Treurgrond<\/em>) aangetref. Een uitdaging met hierdie kategorie is egter dat Instagram-gebruikers nie altyd \u2018n onderskeid maak tussen <em>boer<\/em> en <em>Boer<\/em> nie, en daarom moes besluit word of die hutsmerk <em>#boer<\/em> (en samestestellings met <em>boer<\/em>) onder <em>erfenis en kultuur<\/em> geklassifiseer word (soos <em>#afrikaners<\/em>), of onder <em>grond<\/em> (soos <em>#farmer<\/em>). Uiteindelik is daar besluit om <em>#boer<\/em> onder <em>grond<\/em> te klassifiseer omdat beide <em>boer <\/em>en <em>Boer<\/em> \u2018n verbintenis tot die grond impliseer.<\/p>\n<p>Die volgende afdeling bespreek die resultate.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Resultate\"><\/span>Resultate<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<h4><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Opsomming-2\"><\/span>Opsomming<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h4>\n<p>Tabel 2 verskaf \u2018n opsomming van die datastel, met plasings wat in Afrikaans, Engels en Frans gemaak is.<\/p>\n<p><em>Tabel 2 \u2018n Opsomming van die datastel<\/em><\/p>\n<table width=\"517\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"405\"><strong>Veranderlike<\/strong><\/td>\n<td width=\"112\"><strong>Waarde<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Datum van eerste plasing<\/td>\n<td width=\"112\">2012-05-30<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Datum van laaste plasing<\/td>\n<td width=\"112\">2021-12-31<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Dae<\/td>\n<td width=\"112\">3 502<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Jare<\/td>\n<td width=\"112\">9<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal plasings<\/td>\n<td width=\"112\">7 305<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal gebruikers<\/td>\n<td width=\"112\">1 652<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Gemiddelde plasings per dag<\/td>\n<td width=\"112\">2,09<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Gemiddelde plasings per gebruiker<\/td>\n<td width=\"112\">4,42<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal hutsmerke gebruik<\/td>\n<td width=\"112\">122 593<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal unieke hutsmerke gebruik<\/td>\n<td width=\"112\">14 230<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Gemiddelde getal hutsmerke gebruik per plasing<\/td>\n<td width=\"112\">16,78<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Totale getal houvans<\/td>\n<td width=\"112\">842 974<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Gemiddelde houvans per plasing<\/td>\n<td width=\"112\">115,40<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal plasings sonder houvans<\/td>\n<td width=\"112\">54<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Totale kommentare<\/td>\n<td width=\"112\">23 960<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Gemiddelde kommentare per plasing<\/td>\n<td width=\"112\">3,28<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Plasings sonder kommentare<\/td>\n<td width=\"112\">3 123<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Totale getal woorde<\/td>\n<td width=\"112\">369 406<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Gemiddelde getal woorde per plasing<\/td>\n<td width=\"112\">50,57<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal foto&#8217;s<\/td>\n<td width=\"112\">5 559<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal video&#8217;s<\/td>\n<td width=\"112\">654<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"405\">Getal skyfies<\/td>\n<td width=\"112\">1 092<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Daar was 7 305 plasings in Afrikaans, Engels en Frans met hierdie hutsmerker tussen 2012 en 2021 teen &#8216;n gemiddeld van 2,09 plasings per dag. Hierdie getal is relatief klein vir \u2018n sosialemediadatastel, maar die getal plasings het wel skerp toegeneem oor hierdie tydperk. Figuur 1 dui die getal plasings oor tyd aan. Hier kan duidelik gesien word dat die hutsmerk <em>#afrikaner<\/em> oor tyd gewilder geword het. Die skerp styging in die gebruik van <em>#afrikaner<\/em> hou moontlik verband met die skerp styging in die gewildheid van Instagram in onlangse jare, ook in Suid-Afrika (neem in ag dat die meeste plasings in Afrikaans gemaak is).<\/p>\n<figure id=\"attachment_1634\" aria-describedby=\"caption-attachment-1634\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1634 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1-1024x740.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"542\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1-1024x740.png 1024w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1-300x217.png 300w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1-768x555.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1-1536x1110.png 1536w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1-1568x1133.png 1568w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig1.png 1592w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1634\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 1. Die getal plasings oor tyd<\/figcaption><\/figure>\n<p>Plasings het gemiddeld 115,4 houvans elk ontvang, met slegs 0,74% van plasings wat geen houvans ontvang het nie.\u00a0 Die Instagram-gemeenskap is derhalwe baie aktief betrokke by hierdie plasings en dui gereeld aan dat hulle van \u2018n plasing hou.<\/p>\n<p>Die 1 652 betrokke gebruikers het altesaam 122 593 hutsmerke gebruik, waarvan 14 230 unieke hutsmerke is, teen &#8216;n gemiddeld van 16,78 hutsmerke per plasing. Figuur 2 dui die gewildste hutsmerke aan. Hierdie hutsmerke dui reeds aan dat K.O.B.U.S.! se stelling dat die Afrikaner bekend is vir gekskeer, wel op Instagram gevind word. Naas die hutsmerk <em>#afrikaner<\/em> figureer hutsmerke soos <em>#grappie<\/em>, <em>#grappe<\/em>, <em>#humor<\/em> en <em>#memes<\/em> sterk. Hutsmerke is gekleur volgens hul kategorie\u00eb (sien verderaan).<\/p>\n<figure id=\"attachment_1636\" aria-describedby=\"caption-attachment-1636\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1636 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2-1024x740.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"542\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2-1024x740.png 1024w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2-300x217.png 300w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2-768x555.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2-1536x1110.png 1536w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2-1568x1133.png 1568w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig2.png 1592w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1636\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 2. Die gewildste hutsmerke<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tabel 3 dui die twintig gewildste hutsmerke aan, tesame met hulle klassifikasies en voorkomste in hierdie datastel. Hierdie klassifikasies word verderaan in groter besonderhede bespreek.<\/p>\n<p><em>Tabel 3. Die twintig gewildste hutsmerke<\/em><\/p>\n<table width=\"595\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"123\"><strong>Klassifikasie<\/strong><\/td>\n<td width=\"399\"><strong>Hutsmerk<\/strong><\/td>\n<td width=\"73\"><strong>Telling<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">erfenis en kultuur<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#afrikaner<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">5 736<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">taal<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#afrikaans<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">2 317<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">plek<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#southafrica<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">2 123<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">plek<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#suidafrika<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">1 515<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#boer<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">1 145<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">meta<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#photography<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">680<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#boerdery<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">622<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#plaas<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">565<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">meta<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#love<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">558<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">plek<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#afrika<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">550<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">meta<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#photographer<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">547<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#farmlife<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">522<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#farmer<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">515<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#plaaskind<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">498<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#boerseun<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">495<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#boere<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">472<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\"><\/td>\n<td width=\"399\"><em>#war<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">466<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">grond<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#agriculture<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">419<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">taal<\/td>\n<td width=\"399\"><em>#trotsafrikaans<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">414<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"123\">taal<\/td>\n<td width=\"399\">#<em>afrikaansememes<\/em><\/td>\n<td width=\"73\">381<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Figuur 3 dui die kategorie\u00eb aan wat die meeste in hierdie datastel voorkom, en hulle groottes verwys na die getal hutsmerke wat onder elke kategorie ingedeel is. Hutsmerke wat minder as drie keer in hierdie datastel voorgekom het, is uit die grafiek verwyder ten einde hutsmerkergebruik duideliker voor te stel. Let daarop dat humor \u2018n groot rol speel in die kategorie <em>meta<\/em>, met hutsmerke soos <em>#grappie, #memes, #humor <\/em>en<em> #grappe<\/em> wat gereeld voorkom. Hierdie is ook die kategorie wat die meeste in hierdie datastel voorkom. Die hutsmerke in die kategorie <em>plek<\/em> verbaas nie met vele hutsmerke wat op Suid-Afrika dui, maar wanneer hutsmerke nie bloot na Suid-Afrika verwys nie, is die plekke wat die meeste met die Afrikaner verbind word, Pretoria, Kaapstad, die Vrystaat en Orania. Die derde grootste kategorie is <em>erfenis en kultuur<\/em>, en hier is hutsmerke soos <em>#afrikaner<\/em> te sien. Die kategorie <em>grond<\/em> is in die vierde plek, wat daarop dui dat die Afrikaner sterk met \u2018n landelike omgewing en boerdery verbind word. Die kategorie <em>taal<\/em> bevat hutsmerke wat meesal met Afrikaans saamhang. Sommige van hierdie kategorie\u00eb word hieronder in meer detail bespreek.<\/p>\n<figure id=\"attachment_1638\" aria-describedby=\"caption-attachment-1638\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1638 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig3-958x1024.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"802\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig3-958x1024.png 958w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig3-281x300.png 281w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig3-768x821.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig3-1437x1536.png 1437w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig3.png 1489w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1638\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 3. Hutsmerke en hul kategorie\u00eb<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die kategorie <em>meta<\/em> is in Figuur 4 hieronder vergroot. Hier kan gesien word dat hutsmerke wat met fotografie saamhang, gereeld saam met <em>#afrikaner<\/em> gebruik word, tesame met hutsmerke wat met liefde en gedigte verband hou en die vele hutsmerke wat met humor verband hou (<em>#grappie, #memes, #snaaks, #grappies, #snaaksemense, <\/em>en<em> #snaaksie<\/em>). Hutsmerke wat met fotografie verband hou kan ook verbind word met hutsmerke wat met natuur verband hou, omdat vele plasings foto\u2019s van natuurtonele insluit. Die kategorie <em>meta<\/em> staan met ander woorde nie los van die kategorie <em>natuur<\/em> nie, en ook nie los van die kategorie\u00eb <em>plek<\/em> en <em>grond<\/em> nie omdat die natuur uiteraard verbind is tot \u2018n spesifieke plek en \u2018n liefde vir die natuur ook verband hou met \u2018n liefde vir \u2018n landelike omgewing. Op dieselfde wyse staan die kategorie <em>meta<\/em> ook nie los van <em>taal<\/em> nie omdat \u2018n liefde vir gedigte ook \u2018n liefde vir die taal impliseer.<\/p>\n<figure id=\"attachment_1639\" aria-describedby=\"caption-attachment-1639\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1639 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-1024x1024.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"750\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-1024x1024.png 1024w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-300x300.png 300w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-150x150.png 150w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-768x768.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-1536x1536.png 1536w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4-1568x1568.png 1568w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig4.png 1592w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1639\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 4. Die hutsmerke onder die kategorie meta<\/figcaption><\/figure>\n<p>Figuur 5 hieronder dui die kategorie <em>grond<\/em> aan. Hier kan gesien word dat die meerderheid hutsmerke met plase te make het, alhoewel die probleem van <em>boere<\/em> en <em>Boere<\/em> \u2018n verkeerde klassifikasie in die geval van die Anglo-Boereoorlog (<em>#boerwar<\/em>) veroorsaak het. Nietemin is die Afrikaner se verbintenis met \u2018n landelike opset duidelik te sien daarin dat <em>grond<\/em> een van die kategorie\u00eb is wat die meeste voorkom.<\/p>\n<figure id=\"attachment_1640\" aria-describedby=\"caption-attachment-1640\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1640 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-1024x1024.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"750\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-1024x1024.png 1024w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-300x300.png 300w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-150x150.png 150w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-768x768.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-1536x1536.png 1536w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5-1568x1568.png 1568w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig5.png 1592w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1640\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 5. Die kategorie grond<\/figcaption><\/figure>\n<p>Kleiner kategorie\u00eb soos <em>politiek<\/em>, <em>Instagram en sosiale media<\/em>, <em>natuur<\/em>, <em>geloof<\/em> en <em>sport<\/em> is s\u00f3 klein dat dit nie op die grafiek in Figuur 3 hierbo sigbaar is nie. D\u00edt is reeds betekenisvol, want die klein aantal hutsmerke wat in hierdie kategorie\u00eb voorkom, wys daarop dat Afrikaners op Instagram meesal met humor (<em>meta<\/em>), Suid-Afrika (<em>plek<\/em>), Afrikanererfenis (<em>erfenis en kultuur<\/em>), \u2018n landelike omgewing (<em>grond<\/em>) en Afrikaans (<em>taal<\/em>) verbind word, nie met apartheid (<em>politiek<\/em>) of rugby (<em>sport<\/em>) nie. Ten einde die kategorie <em>politiek<\/em> beter te verken, kan hierdie afdeling vergroot word, soos in Figuur 6 hieronder. Hier kan gesien word dat die Afrikaner sterk met apartheid en rassisme verbind word, maar ook met regses en die VSA se voormalige President Donald Trump, alhoewel die meeste ander politieke hutsmerke verband hou met plaasaanvalle. Die verbintenis met apartheid is met ander woorde duidelik, maar nie oorheersend nie, aangesien die politieke kategorie eerstens \u2018n klein kategorie is en tweedens opgemaak word uit vele hutsmerke wat met plaasaanvalle saamhang.<\/p>\n<figure id=\"attachment_1641\" aria-describedby=\"caption-attachment-1641\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1641 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-1024x1024.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"750\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-1024x1024.png 1024w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-300x300.png 300w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-150x150.png 150w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-768x768.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-1536x1536.png 1536w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6-1568x1568.png 1568w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig6.png 1592w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1641\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 6. Die kategorie politiek<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ander kleiner kategorie\u00eb kan ook sodanig vergroot word. Sport is in hierdie opsig interessant, en Figuur 7 hieronder dui die hutsmerke aan wat in hierdie kategorie ingedeel is. Slegs twee sportsoorte is in die datastel met die Afrikaner verbind: rugby en krieket. Tennis, atletiek, sokker en ander sportsoorte het glad nie in die datastel voorgekom nie. Die Afrikaner is met ander woorde nie op Instagram sterk verbind met sport nie, maar wanneer verwysings na sport wel voorkom, is dit oorwegend na rugby.<\/p>\n<figure id=\"attachment_1642\" aria-describedby=\"caption-attachment-1642\" style=\"width: 750px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"wp-image-1642 size-large\" src=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-1024x1024.png\" alt=\"\" width=\"750\" height=\"750\" srcset=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-1024x1024.png 1024w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-300x300.png 300w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-150x150.png 150w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-768x768.png 768w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-1536x1536.png 1536w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7-1568x1568.png 1568w, http:\/\/ensovoort.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/famousvirapartheidfig7.png 1592w\" sizes=\"(max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-1642\" class=\"wp-caption-text\">Figuur 7. Die kategorie sport<\/figcaption><\/figure>\n<p>Uit die kategorie\u00eb in Figuur 3 en \u2018n verkenning van die hutsmerke wat die meeste onder elke kategorie voorkom, kan \u2018n aantal afleidings gemaak word. Die Afrikaner word inderdaad verbind met \u201capartheid, rugby en gekskeer\u201d soos K.O.B.U.S.! se waarneming was, maar die verbintenis met politiek en met rugby is gering op Instagram. Wat eerder oorheers, is humor: grappe en memes kom gereeld voor en verteenwoordig die grootste kategorie hutsmerke wat saam met <em>#afrikaners<\/em> gebruik word. Naas humor word die Afrikaner op Instagram die sterkste verbind met sy erfenis, land van oorsprong en taal, en \u2018n landelike omgewing, met geloof wat nog minder as politiek aangetref word. Neem \u2018n mens in ag dat sommige hutsmerke in die kategorie <em>meta<\/em>, byvoorbeeld di\u00e9 wat na gedigte verwys, ook met <em>taal<\/em> saamhang, en ander, soos di\u00e9 wat na fotografie verwys, ook saam met die kategorie\u00eb <em>plek<\/em> en <em>natuur<\/em> gelees kan word, dan is die Afrikaner se verbintenis tot Suid-Afrika en \u2018n landelike omgewing duidelik.<\/p>\n<p>Gelees teen die agtergrond van die eienskappe van die Afrikaner wat hierbo uitgelig is, is die belangrikste begrippe wat met die Afrikaner op Instagram verbind word met ander woorde nie geloof en \u2018n konserwatiewe ingesteldheid nie, maar eerder taal, erfenis, \u2018n verbintenis tot die grond, die land van oorsprong en humor.<\/p>\n<p>Neem in ag dat Instagram-gebruikers enige hutsmerker kan kies, ongeag waar hulle woon of hulle eie agtergrond. Dit beteken dat sommige Instagram-gebruikers as Afrikaners sal identifiseer, maar ander sal van buite oor die Afrikaner skryf. Bostaande opsomming van hutsmerkers dui met ander woorde op perspektiewe van binne en van buite, sonder die moontlikheid om te onderskei tussen watter gebruikers as Afrikaners identifiseer en watter nie.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Slot\"><\/span>Slot<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Daar is in die huidige artikel ondersoek ingestel na watter begrippe tans met die Afrikaner op Instagram verbind word. Met behulp van \u2018n volledige datastel van Instagram-plasings oor die afgelope nege jaar is aangetoon dat die Afrikaner sterk met humor, sy land van oorsprong (Suid-Afrika), sy erfenis, sy taal, en \u2018n landelike omgewing verbind word. Daar is ook geargumenteer dat liefde vir die natuur en fotografie, wat sterk in hierdie datastel figureer, ook in verband gebring kan word met die landelike omgewing, terwyl die groot voorkoms van hutsmerke wat na die digkuns verwys, ook uitgelig is. Geloof, wat voorheen sterk met die Afrikaner verbind is en in die literatuur oor die Afrikaner uitgelig word, word tot \u2018n mindere mate met die Afrikaner op Instagram verbind, alhoewel daar steeds \u2018n groot aantal plasings gemaak word met hutsmerke wat op die Protestantse Christelike geloof dui. Wat politiek aanbetref, is aangetoon dat verwysings na apartheid en rassisme wel voorkom, maar tot \u2018n mindere mate, en hutsmerke wat na politieke kwessies verwys, is gereeld hutsmerke wat plaasaanvalle betrek.<\/p>\n<p>Alhoewel dit interessant is om ondersoek in te stel na wat die meeste met die Afrikaner verbind word, sal dit eweneens sinvol wees om ondersoek in te stel na hoe divers hierdie bevolking is. Combrink (2019:225) merk tereg op dat die Afrikaner nie te eng omskryf moet word nie, en die uiteenlopendheid van Afrikaners wat in die huidige studie genoem is &#8211; van K.O.B.U.S.! tot Eug\u00e8ne Terre\u2019Blanche &#8211; noop \u2018n mens om versigtig te wees met veralgemenings. \u2018n Toekomstige studie kan ondersoek instel na hoe sosiale media data ook aangewend kan word om die diversiteit onder die Afrikaner te bestudeer.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Bibliografie\"><\/span>Bibliografie<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Ang, C. 2021. <em>Ranked: The World\u2019s Most Popular Social Networks, and Who Owns Them<\/em>. <a href=\"https:\/\/www.visualcapitalist.com\/ranked-social-networks-worldwide-by-users\/\">https:\/\/www.visualcapitalist.com\/ranked-social-networks-worldwide-by-users\/<\/a> (geraadpleeg op 27 Januarie 2022).<\/p>\n<p>Brokensha, S., Kotz\u00e9, E. en Senekal, B. A. 2019. <em>Reinventing the Social Scientist and Humanist in the Era of Big Data &#8211; A Perspective from South African Scholars<\/em>. Bloemfontein: African Sun Media. doi: 10.18820\/9781928424376.<\/p>\n<p>Combrink, C. 2019. \u2019n Afrikanertydskapsule, <em>Stilet<\/em>, 31(1): 221\u2013225.<\/p>\n<p>Du Toit, A. 2008. \u2018Afrikaander circa 1600\u2019: Reflections and Suggestions Regarding the Origins and Fate of Afrikaner Nationalism, <em>South African Historical Journal<\/em>, 60(4): 562\u2013578. doi: 10.1080\/02582470802622586.<\/p>\n<p>Du Toit, A. T. 2013. <em>Wie is ons, Afrikaners of Boere?<\/em> <a href=\"https:\/\/www.dievryburger.co.za\/2013\/05\/wie-is-ons-afrikaners-of-boere\/\">https:\/\/www.dievryburger.co.za\/2013\/05\/wie-is-ons-afrikaners-of-boere\/<\/a> (geraadpleeg op 14 Oktober 2021).<\/p>\n<p>Finlayson, K. 2019. \u2018ik ben een afrikaander\u2019: Redrawing Afrikaner ethnic boundaries in New Zealand, <em>Sites: a Journal of Social Anthropology and Cultural Studies<\/em>, 16(2). doi: 10.11157\/sites-id436.<\/p>\n<p>Goldstuck, A. 2020. Under the skin of Social Media in South Africa, in Ornico (ed.) <em>The South African social media landscape. Social media myths high walls and controlled data<\/em>. Johannesburg: Ornico: 52\u201353.<\/p>\n<p>Hendrich, G. 2013. \u2018Wees jouself\u2019: Afrikaner kultuurorganisasies in Rhodesie\u0308 (1934-1980), <em>New Contree<\/em>, 66: 151\u2013174.<\/p>\n<p>Hollfelder, N., Erasmus, J.C., Hammaren, R., Vicente, M., Jakobsson, M., Greeff, J.M., en\u00a0 Schlebusch, C.M<em>.<\/em> 2020. Patterns of African and Asian admixture in the Afrikaner population of South Africa., <em>BMC Biology<\/em>, 18(1): 16. doi: 10.1186\/s12915-020-0746-1.<\/p>\n<p>Ichau, E., Frissen, T. en d\u2019Haenens, L. 2019. From #selfie to #edgy. Hashtag networks and images associated with the hashtag #jews on Instagram, <em>Telematics and Informatics<\/em>, 44: 101275. doi: 10.1016\/j.tele.2019.101275.<\/p>\n<p>K.O.B.U.S.! 2004. <em>100% Skuldgevoelvry<\/em>. ENT Entertainment.<\/p>\n<p>Kotz\u00e9, E. en Senekal, B. A. 2020. Not just a language with white faces: Analysing #taalmonument on Instagram using deep learning, <em>South African Journal of Transdisciplinary Research<\/em>, 16(1): a871.<\/p>\n<p>Nagel, J. 1994. Constructing ethnicity: Creating and recreating ethnic identity and culture, <em>Social problems<\/em>, 41(1): 152\u2013176. doi: 10.2307\/3096847.<\/p>\n<p>Onafhanklike Ondersoek Raad. 1996. <em>Rightwing directory<\/em>. Johannesburg: Universiteit van die Witwatersrand.<\/p>\n<p>Ornico\/World Wide Worx 2021. <em>SA Social Media landscape report 2021<\/em>. Johannesburg: Ornico\/World Wide Worx.<\/p>\n<p>Pienaar, T. 2007. <em>Die aanloop tot en stigting van Orania as groeipunt vir \u2018n Afrikaner-volkstaat<\/em>. MA-verhandeling. Universiteit van Stellenbosch.<\/p>\n<p>Pretorius, C. en Froneman, J. D. 2018. Vrye Weekblad\u00a0se gebruik van\u00a0Boer\u00a0as prys- en skeldnaam in \u2019n kulturele tussenruimte, <em>Tydskrif vir Geesteswetenskappe<\/em>, 58(4\u20131): 752\u2013769. doi: 10.17159\/2224-7912\/2018\/v58n4-1a9.<\/p>\n<p>Senekal, B. A. 2019a. \u2019n Sisteemteoretiese ontleding van gebruikersinteraksies rondom Deon Meyer se Twitter-profiel: \u2019n resepsiestudie in die digitale era, <em>LitNet Akademies Geesteswetenskappe<\/em>, 16(3): 75\u2013102.<\/p>\n<p>Senekal, B. A. 2019b. Ras en Afrikaneretnisiteit: \u0149 Kwantitatiewe ondersoek na huidige opvattinge, <em>Ensovoort<\/em>, 40(8).<\/p>\n<p>Senekal, B. A. 2020. The blue-eyed devil rapists: An exploration of the discourse on Twitter around land thieves in a South African context, <em>Ensovoort<\/em>, 41(7).<\/p>\n<p>Senekal, B. A. 2021. Ou wyn in nuwe sakke: Die onlangse herlewing van die Germaanse kultuur op Instagram, <em>LitNet Akademies Geesteswetenskappe<\/em>, 18(2): 132\u2013160.<\/p>\n<p>Vestergaard, M. 2001. Who\u2019s Got the Map? The Negotiation of Afrikaner Identities in Post-Apartheid South Africa, <em>Daedalus<\/em>, 130(1): 19\u201344.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Titel: &#8216;Famous vir apartheid, rugby en gekskeer&#8217;: Die beeld van die Afrikaner op Instagram Dr. Burgert Senekal, Universiteit van die Vrystaat. Ensovoort, volume 43 (2022), nommer 10: 2 Opsomming Die begrip Afrikaner het oor die afgelope drie eeue verskillende betekenisse aangeneem soos die bevolking wat deur hierdie term beskryf word ook by veranderende omstandighede aangepas &hellip; <a href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2022\/10\/14\/famous-vir-apartheid-rugby-en-gekskeer-die-beeld-van-die-afrikaner-op-instagram\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Famous vir apartheid, rugby en gekskeer&#8217;: Die beeld van die Afrikaner op Instagram&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[2,529,10],"tags":[23,524,206,523,373],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1628"}],"collection":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1628"}],"version-history":[{"count":13,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1628\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1664,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1628\/revisions\/1664"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1628"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1628"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1628"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}