{"id":2176,"date":"2026-11-03T14:03:43","date_gmt":"2026-11-03T14:03:43","guid":{"rendered":"http:\/\/ensovoort.co.za\/?p=2176"},"modified":"2026-11-03T14:03:43","modified_gmt":"2026-11-03T14:03:43","slug":"orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/","title":{"rendered":"Orania as privaatregtelike Afrikanergroeipunt: strategiese oorwegings"},"content":{"rendered":"<p>Titel: Orania as privaatregtelike Afrikanergroeipunt: strategiese oorwegings<br \/>\nDr. Jan Adriaan Schlebusch<br \/>\nNavorsingsgenoot &#8211; Departement van sistematiese en historiese teologie, Universiteit van Pretoria<\/p>\n<p><em>Ensovoort, jaargang 47 (2026), nommer 11: 1<\/em><\/p>\n<div id=\"ez-toc-container\" class=\"ez-toc-v2_0_45_1 counter-hierarchy ez-toc-counter ez-toc-grey ez-toc-container-direction\">\n<div class=\"ez-toc-title-container\">\n<p class=\"ez-toc-title\">Table of Contents | Inhoudsopgawe<\/p>\n<span class=\"ez-toc-title-toggle\"><a href=\"#\" class=\"ez-toc-pull-right ez-toc-btn ez-toc-btn-xs ez-toc-btn-default ez-toc-toggle\" area-label=\"ez-toc-toggle-icon-1\"><label for=\"item-6aea3dcd0e3a1\" aria-label=\"Table of Content\"><span style=\"display: flex;align-items: center;width: 35px;height: 30px;justify-content: center;direction:ltr;\"><svg style=\"fill: #999;color:#999\" xmlns=\"http:\/\/www.w3.org\/2000\/svg\" class=\"list-377408\" width=\"20px\" height=\"20px\" viewBox=\"0 0 24 24\" fill=\"none\"><path d=\"M6 6H4v2h2V6zm14 0H8v2h12V6zM4 11h2v2H4v-2zm16 0H8v2h12v-2zM4 16h2v2H4v-2zm16 0H8v2h12v-2z\" fill=\"currentColor\"><\/path><\/svg><svg style=\"fill: #999;color:#999\" class=\"arrow-unsorted-368013\" xmlns=\"http:\/\/www.w3.org\/2000\/svg\" width=\"10px\" height=\"10px\" viewBox=\"0 0 24 24\" version=\"1.2\" baseProfile=\"tiny\"><path d=\"M18.2 9.3l-6.2-6.3-6.2 6.3c-.2.2-.3.4-.3.7s.1.5.3.7c.2.2.4.3.7.3h11c.3 0 .5-.1.7-.3.2-.2.3-.5.3-.7s-.1-.5-.3-.7zM5.8 14.7l6.2 6.3 6.2-6.3c.2-.2.3-.5.3-.7s-.1-.5-.3-.7c-.2-.2-.4-.3-.7-.3h-11c-.3 0-.5.1-.7.3-.2.2-.3.5-.3.7s.1.5.3.7z\"\/><\/svg><\/span><\/label><input  type=\"checkbox\" id=\"item-6aea3dcd0e3a1\"><\/a><\/span><\/div>\n<nav><ul class='ez-toc-list ez-toc-list-level-1 ' ><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-1\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Opsomming\" title=\"Opsomming\">Opsomming<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-2\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Abstract\" title=\"Abstract\">Abstract<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-3\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Inleiding\" title=\"Inleiding\">Inleiding<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-4\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Navorsingsvraag\" title=\"Navorsingsvraag\">Navorsingsvraag<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-5\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Orania_se_groei_as_privaatregtelike_gemeenskap_binne_die_Suid-Afrikaanse_grondwetlike_raamwerk\" title=\"Orania se groei as privaatregtelike gemeenskap binne die Suid-Afrikaanse grondwetlike raamwerk\">Orania se groei as privaatregtelike gemeenskap binne die Suid-Afrikaanse grondwetlike raamwerk<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-6\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Uitdagings_ten_opsigte_van_uitbreiding\" title=\"Uitdagings ten opsigte van uitbreiding\">Uitdagings ten opsigte van uitbreiding<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-7\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Polities-demografiese_lotsbepaling\" title=\"Polities-demografiese lotsbepaling\">Polities-demografiese lotsbepaling<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-8\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Die_ekonomiese_uitdaging\" title=\"Die ekonomiese uitdaging\">Die ekonomiese uitdaging<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-9\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Aanbevelings\" title=\"Aanbevelings\">Aanbevelings<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-10\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Gevolgtrekking\" title=\"Gevolgtrekking\">Gevolgtrekking<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-11\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Erkenning\" title=\"Erkenning\">Erkenning<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-12\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/#Bibliografie\" title=\"Bibliografie\">Bibliografie<\/a><\/li><\/ul><\/nav><\/div>\n<h3 id=\"AbiTOC0\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Opsomming\"><\/span>Opsomming<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Die groei van Orania as \u2019n privaatregtelike Afrikanergemeenskap binne die konteks van die Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling gee aanleiding tot hierdie ondersoek na die wyse waarop die toekomstige demografiese groei en geografiese uitbreiding van Orania hierdie gemeenskap se status, en met name Orania se verhouding met omliggende munisipale strukture, kan be\u00efnvloed. Hierdie artikel plaas Orania se ontstaan binne \u2019n historiese lyn wat teruggaan na die idee van die Oranjeriviergebied as \u2019n \u201chartland\u201d wat deur Afrikaners met eie instellings en eie arbeid ontwikkel moes word. Orania se voortgesette republikeinse selfbeskikkingsideaal, wat vandag nog springlewendig is, bied noodwendig bepaalde uitdagings wat betref hierdie Afrikanergroeipunt se verhouding met die omliggende plaaslike munisipaliteite Thembelihle en Renosterberg. Kreatiewe denke en \u2019n politieke wil om die sosio-politieke en demografiese uitdagings en gepaardgaande struikelblokke te oorkom, gaan wesenlik wees om toekomstige uitbreiding op \u2019n vreedsame wyse te help fasiliteer. Strategiese oorwegings vir Orania spesifiek, maar ook vir omliggende gemeenskappe, word dan ook in hierdie verband belig.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Kernwoorde: Afrikaner, demografie, federalisme, Orania, selfbeskikking, privaatregtelike gemeenskappe, munisipale verkiesings.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC1\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Abstract\"><\/span>Abstract<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>The growth of Orania as a private-law Afrikaner community within South Africa\u2019s constitutional framework raises important questions about how future demographic expansion and territorial growth may affect its status\u2014particularly its relationship with surrounding municipal structures. This article situates Orania\u2019s origins within a longer historical trajectory rooted in the idea of the Orange River region as a \u201cheartland\u201d to be developed by Afrikaners through their own institutions and labour. The community\u2019s enduring republican ideal of self-determination, which remains a central driving force, inevitably generates challenges in its engagement with the neighbouring Thembelihle and Renosterberg local municipalities. As Orania continues to expand, creative strategic thinking and sustained political will be essential to navigating the socio-political and demographic obstacles that accompany such growth. The article therefore explores key strategic considerations, not only for Orania itself, but also for the broader regional context, with a view to facilitating peaceful and orderly development within the existing constitutional order.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Keywords: Afrikaner, demographics, federalism, Orania, self-determination, private-law communities, municipal elections.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC2\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Inleiding\"><\/span>Inleiding<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Orania, die voormalige dorp van die Departement Waterwese, is in 1990 deur \u2019n sakeman met die naam Jacques Pretorius vir net meer as R1 miljoen aangekoop. Die dorp het teen daardie tyd reeds ongeveer \u2019n dekade lank feitlik leeggestaan. In die daaropvolgende jaar is dit aan Orania Bestuursdienste (OBD) oorgedra nadat dit teen R1,6 miljoen aangekoop is. Orania is daarna amptelik op 13 April 1991 as Afrikanerdorp heropen (Senekal 2021:533).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Die rede waarom juis Orania as Afrikanertuiste gekies is, is gewortel in die denke van die destydse eerste minister van Suid-Afrika, dr. Hendrik Verwoerd, wat later deur sy seun en naamgenoot asook sy skoonseun Carel Boshoff voortgesit is. Reeds in 1963, met sy toespraak by die opening van die Kaapse Middelland Ontwikkelingsvereniging se Kongres, noem Verwoerd dat die onderskeie swart volke elkeen hul eie \u201cerflike hartland\u201d het en dat dit \u201cvir hulle die hartlande is waar hulle in die eerste plek hulle tuistes moet vind.\u201d Dan gaan hy egter dadelik verder:<\/p>\n<p class=\"_normal\">Maar, blanke Suid-Afrika het ook sy hartland, en hier in sy hartland vloei die Oranjerivier &#8230; Die Bantoe was nooit verbonde aan daardie gedeelte, di\u00e9 hartland wat die Oranjerivier moet dien nie, en ons sal moet sorg dat die Oranjerivier se ontwikkeling nie gebruik word op so \u2019n manier dat di\u00e9 hartland deur die blanke prysgegee word nie. Ons sal byvoorbeeld wat die boerdery betref, in ons besproeiingskemas in daardie gebied nie, soos in die verlede by besproeiingskema- nedersettings gedoen is, gebruik mag maak van Bantoe arbeid nie. Ons sal daardie skemas se boerderymoontlikhede moet ontgin op eie krag. Die feit dat elektrisiteitsontwikkeling \u2019n deel vorm van daardie skema maak trouens \u2019n plaasvervanger van normale arbeid goedkoop beskikbaar waarvan ons in ons boerderybedrywighede nog nie geboeg gebruik kon maak nie. Ek wil dus beklemtoon dat die Oranjerivierskema nie gesien moet word as \u2019n magneet vir die intrek in blanke Suid-Afrika van swart handearbeid nie. Die boerderye en die industrie\u00eb en die dorpe wat daar ontstaan, sal moet groei as blanke boerderye, as blanke nywerhede, en as blanke stede en dorpe. Dit is netsowel dat dit vroeg ges\u00ea word, sodat as daar mense is wat daarin belangstel om \u2019n aandeel te kry in daardie ontwikkeling, hulle dit nie nastrewe onder verkeerde indrukke nie (Verwoerd 1963:225\u2014226).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Dit is dus duidelik dat HF Verwoerd self hierdie gebied rondom die Oranjerivierskema as \u2019n blanke tuisland soortgelyk aan die swart tuislande in Suid-Afrika beskou het. Sy seun HF Verwoerd en sy swaer Carel Boshoff, leidende figure binne die organisasie bekend as die Vereeniging van Oranjewerkers, het dan ook aanvanklik die aankoop van Orania as die voortsetting van hierdie ideaal bepleit (Senekal 2021:530).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Alhoewel Orania reeds in 1965, slegs twee jaar na bogenoemde toespraak van eerste minister HF Verwoerd, deur die Departement Waterwese tot stand gebring is, het dit teen 1990 leeggestaan. Die Afrikaner-Vryheidstigting (Avstig) wat in 1987 tot stand gekom het, het onder leiding van Carel Boshoff en sy vrou Anna die nodige fondse bymekaar gemaak om die grond te koop. Avstig se amptelike standpunt was dat Afrikaners, ten einde uiteindelik eksterne selfbeskikking te verkry, in \u2019n ylbevolkte gebied in die Noord-Kaap moet konsentreer op \u2019n plek waar hulle die beginsels van eie arbeid en eie instellings kon beoefen en dat die enigste lewensvatbare gebied langs die Oranjerivier is (De Klerk 2014:13).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Die republikeinse ideaal van eksterne selfbeskikking wat Orania sedert sy stigting gedryf het, leef dan ook vandag onverpoosd voort. Dr Wikus Buys, navorsingshoof van dieBegrond Instituut op Orania, bepleit dan ook in sy onlangse boekErfstad (2024:231, 387) dat<\/p>\n<p class=\"_normal\">[d]ie siening dat \u2019n volksgemeenskap meer as bloot \u2019n minderheidsgroep is, &#8230; weer sy regmatige plek [behoort] te kry in die huidige debat oor federalisme. Hiervoor bied die verbonds- en gemeenskapsbeskouing van die Afrikaner se tradisionele ruimtelike kultuur baie benutbare meganismes. Die kontras tussen volksoewereiniteit\u2014soos verstaan binne die Gereformeerde tradisie en nasiestaat soewereiniteit\u2014soos verstaan binne die nasiebou projekte, behoort goed onderskei te word &#8230; Die verbondsteologie kan konfronterend optree teen ideologie\u00eb wat die Afrikaner geen ruimte en plek wil gun nie. Hopelik kan dit \u2019n baksteen bydra tot die oprigting van \u2019n nuwe Afrikaner republikeinse stad en staat.<\/p>\n<p class=\"_normal\">In Buys se werk word die federale gedagtes van die Solidariteitbeweging dus direk verbind met die oprigting van \u2019n nuwe Afrikanerrepubliek. Die gedagte van selfbeskikking as logiese uitvloeisel van die federale model word bepleit, wat verreikende gevolge kan h\u00ea vir die voortgaande gesprek oor federalisme in die hedendaagse Suid-Afrikaanse konteks\u2014\u2019n gesprek wat uiters relevant is tot die stand van die huidige grondwetlike bedeling in Suid-Afrika wat die regskenner professor Koos Malan (2018:407) meen bestem is vir verandering en aanpassing langs federale lyne, en dan met name in die lig van die opkoms van wat hy beskryf as \u201cenklawes van gesag &#8230;, wat bestaan uit gemeenskappe wat na hulle eie belange omsien en groeiende grade van selfbestuur beoefen, wat al hoe sterker op die voorgrond sal tree namate die owerheidsorgane, waarvoor die bepalings van die Grondwet voorsiening maak, swakker word en (verder) gemarginaliseer word.\u201d<\/p>\n<p class=\"_normal\">Verder word hierdie republikeinse ideaal in Orania se nuwe munisipale grondwet wat in Augustus 2026 aanvaar is, uitdruklik in artikel 10.1.3 beskryf as iets wat \u201cook staatkundige onafhanklikheid kan insluit,\u201d wat onder meer as motivering dien vir Orania se plaaslike owerhede om ook \u201cbykomende publiekregtelike funksies, magte, regte, verantwoordelikhede en van tyd tot tyd met ander owerheidsinstellings in die Republiek van Suid-Afrika te beding\u201d (Orania Grondwet 2026).<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC3\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Navorsingsvraag\"><\/span>Navorsingsvraag<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Onlangse verwikkelinge op die internasionale toneel maak \u2019n privaatregtelike enklawe soos Orania se status as Afrikaner-kultuurdorp uiters relevant in terme van die internasionale volkereg asook die gesprek aangaande die regte van etniese minderhede in Suid-Afrika. Met die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel van 7 Februarie 2025 met betrekking tot die \u201cEgregious Actions of the Republic of South Africa,\u201d word die regering se hantering van spesifiek die Afrikaner as etniese minderheidsgroep sterk onder die loep geneem (Trump 2025). Deurlopende druk word tans vanuit die VSA op die Suid-Afrikaanse regering geplaas met betrekking tot hoe Afrikaners as etniese minderheidsgroep gerespekteer en hanteer word. Die onlangse aankondiging dat Amerikaanse owerhede beplan om die aantal Afrikanervlugtelinge wat hierdie land opneem tot 4 500 per maand te verhoog (Hesson en Peyton 2026), sal, indien dit deurgevoer word, geweldige implikasies vir die Afrikaner se voortbestaan in Suid-Afrika h\u00ea.<\/p>\n<p class=\"_normal\">In die lig van hierdie verwikkelinge behoort Orania as alternatiewe kultuurdorp \u2019n belangrike deel van die groter gesprek te wees aangaande volks- of gemeenskapsregte en die grondwetlike demokrasie\u2014nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op \u2019n internasionale vlak. Die rasionaal agter Orania se bestaan en die redes waarom Afrikaners hulle daar vestig of nie vestig nie, kan help om duidelikheid te verkry oor die stand van die kulturele regte van Afrikaners en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika. Dit kan ook lig werp op hoe die grondwetlike beskerming wat groepe geniet in die praktyk beslag vind.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Ten spyte van die erkenning wat Orania geniet as Afrikanergroeipunt en die simboliese rol wat dit speel in die Afrikaanse politieke landskap, woon slegs ietwat meer as 0,1% van Suid-Afrika se Afrikanerbevolking tans daar. Orania is egter \u2019n groeiende gemeenskap. Die vraag is hoe groter getalle Afrikaners wat hulle hier vestig hierdie privaatregtelike gemeenskap se status en veral sy verhouding met die omliggende munisipale strukture en naburige gemeenskappe sal be\u00efnvloed. Gepaardgaande met die vraag oor moontlike toekomstige territoriale uitbreiding in die lig van demografiese groei, behandel hierdie artikel ook die vraag na die ekonomiese strategie\u00eb wat verdere groei kan bemiddel.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Ten einde hierdie navorsingsvraag te beantwoord, is die ondersoek wat hierdie artikel opgelewer het metodologies uitgevoer as \u2019n verkennende kwalitatiewe gevallestudie van Orania as privaatregtelike Afrikanergroeipunt. Semigestruktureerde onderhoude met sleutelrolspelers in die gemeenskap het die prim\u00eare empiriese materiaal opgelewer. Dit is aangevul met sekond\u00eare bronne, onder meer gepubliseerde navorsing, sensusgegewens en beleidsdokumente. Deur dokument\u00eare ontleding en die interpretasie van die versamelde materiaal is gevolglik nagegaan watter implikasies toekomstige bevolkingsgroei en die uitbreiding van Orania se grondgebied kan inhou.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC4\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Orania_se_groei_as_privaatregtelike_gemeenskap_binne_die_Suid-Afrikaanse_grondwetlike_raamwerk\"><\/span>Orania se groei as privaatregtelike gemeenskap binne die Suid-Afrikaanse grondwetlike raamwerk<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Vandag bestaan Orania uit vier verskillende grondentiteite, naamlik 1) Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk, die eerste en oudste grondentiteit wat oorspronklik in 1991 aangekoop is, 2) Vluytjieskraal 272, \u2019n eienaarsvereniging met voltitelhoewes, 3) Vluytjieskraal Noord Boerdery en Ontwikkeling (Edms.) Bpk., \u2019n maatskappy wat deur trusts besit word, en 4) Kambrolandskap Ko\u00f6peratief Bpk, \u2019n ko\u00f6perasie. Van hierdie vier word slegs Orania Aandeleblok deur die Orania Dorpsraad bestuur. Al die onderskeie grondentiteite word verenig deur die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) wat Orania op konfederale grondslag bestuur (Snyman, onderhoud, 27 Junie 2025).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Elkeen van hierdie grondentiteite kan uitbrei deur grond en eiendom van buite of vanaf ander grondentiteite aan te koop. Nuwe grondentiteite kan ook geskep en ingelyf word by Orania, indien sodanige grondentiteite hulle vrywillig onderwerp aan die re\u00ebls en regulasies van die OVR (De Klerk, onderhoud, 10 Julie 2025). Orania as geheel het egter nieper se grondregte nie, maar die grondregte is gesetel in die onderskeie grondentiteite. Vir elk van die bestaande privaatregtelike grondentiteite om uit te brei is dan ook nie noodwendig as sodanig problematies nie, maar die kernvraag is steeds hoe om die uitgebreide gebied onder die wettige jurisdiksie van die OVR te kry, aangesien die grondentiteite gedeeltelik binne Orania as oorlegsone in die Thembelihle-munisipaliteit en ook gedeeltelik in die aangrensende Renosterberg-munisipaliteit val (Snyman, onderhoud, 27 Junie 2025).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Uitbreiding het veral met Orania se bevolkingsontploffing oor die afgelope dekade sowel uiters relevant as noodsaaklik begin word. Teen die einde van 2014 het Orania \u2019n inwonertal van 1 084 gehad, terwyl die bevolking teen die einde van 2024 gegroei het tot 3 025 (Orania Dorpsraad 2025), \u2019n groei van byna 180% oor \u2019n tydperk van slegs 10 jaar. Dit is in die lig van hierdie groei dat Frans De Klerk, direksielid van die Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk en die uitvoerende hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, een van die filiale van die Solidariteitbeweging wat Orania as een van die belangrikste Afrikanergroeipunte ge\u00efdentifiseer het, beklemtoon dat de facto-ontwikkelingde jure-erkenning behoort vooraf te gaan. Dit hou hy dan ook voor as die strategie vir die ontwikkeling van die ideaal van die Orania-kanton wat min of meer \u2019n radius van 30 kilometer rondom Orania sal strek. Die skepping van de facto-werklikhede op \u2019n groter grondgebied sou dan dien as basis vir die onderhandeling van de jure-gesag met die betrokke munisipale owerhede van Thembelihle en Renosterberg. Nietemin, ten spyte van positiewe verhoudinge met plaaslike owerhede bly die uitdaging van hierdie strategie dat jy steeds afhanklik bly van die betrokke munisipale owerhede se besluite. Die grootste politieke weerstand teen diede jure-uitbreiding van Orania kom van die kant van politieke partye (De Klerk, onderhoud, 10 Julie 2025).<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC5\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Uitdagings_ten_opsigte_van_uitbreiding\"><\/span>Uitdagings ten opsigte van uitbreiding<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Wanneer ons praat oor uitdagings ten opsigte van Orania se uitbreiding, moet ons in die eerste plek Orania se uniekheid in terme van die groeipunt se uitgesprokebegeerte om uit te brei in gedagte hou. Soos Carel Boshoff jr (2023:27) skryf:<\/p>\n<p class=\"_normal\">Orania kan egter nie verseker dat die Afrikaner volk in die toekoms sal floreer as dit net \u2019n simboliese sentrum bly nie. Orania moet ook \u2019n fisiese sentrum word en dit sal hy net regkry as daar wesenlike groei plaasvind. \u2019n Veeltal handelinge, groot en klein, moet daarop afgestem wees. Elke belegging en bydrae, elke nuwe besigheid, elke gebou wat verrys, elke gesin wat vestig, dra daartoe by, en elke Afrikaner moet hom- en haarself afvra wat hulle kan doen om dit te bevorder. Slegs as ons saam doen wat ons elkeen apart nie kan regkry nie, sal ons volk gedy en ons elkeen die voordeel daarvan geniet. Dan ontdek ons wat vryheid beteken, nie vryheid van iets onaanneemlik nie, maar vryheid van iets groots. Hierdie is \u2019n roeping wat tot ons elkeen spreek, want ons is nie vir onderhorigheid gebore nie<\/p>\n<p class=\"_normal\">Orania groei dus nie alleen omdat daar sosio-ekonomiese faktore is wat die groei dryf nie. Orania groei omdat dit die uitdruklike stigtingsdoel van die nedersetting self is. Die grootste struikelblok ten opsigte van uitbreiding is voorlopig in elk geval nog nie territoriaal nie, maar eerder ekonomies. Die eerste prioriteit behoort dus te wees die uitbreiding van die ekonomie tot \u2019n ekonomie van skaal met die doel om meer werksgeleenthede te skep. Indien Orania se ekonomie nie daarin slaag om toenemend meer werksgeleenthede te skep nie, bly die vraag na die uitbreiding van grond ten diepste bloot teoreties. Nietemin is die uitbreiding van grondgebied \u2014 en met name ook die uitbreiding van landbougrond \u2014 op sigself intrinsiek hieraan verbonde. Boonop dui die bevolkingstendensie van die afgelope dekade in elk geval op deurlopende groei (Orania Dorpsraad 2025).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Sedert Burgert Senekal (2019:4) se publikasie van sy ontleding van die instellingsnetwerk op Orania het \u2019n aantal ontwikkelinge plaasgevind wat die demografie van die dorp radikaal help verander het. Veral die oprigting van Bo-Karoo Opleiding in 2019 het \u2019n groot impak op die dorp se demografie gehad, met die instelling wat in 2026 spog met 248 ingeskrewe studente (BKO 2025), wat tans \u2019n geskatte 8% van Orania se bevolking verteenwoordig. Dit is egter nog nie die grootste opvoedkundige instelling in die dorp nie, aangesien CVO-Orania, wat toenemend gevestig word as streekskool, met ongeveer 350 leerlinge op kampus en meer as 100 afstandsleerlinge spog. \u2019n Verdere belangrike ontwikkeling is die oprigting van die Begrond Instituut, \u2019n navorsingsinstelling wat soos Bo-Karoo Opleiding deel vorm van die groter Solidariteitbeweging en tog openlik vir die oprigting van \u2019n onafhanklike republiek van Orania pleit (Bain 2024:iv).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Wat die uitbreiding van die jurisdiksie van die OVR, die wettige liggaam wat Orania op konfederale basis verenig, betref, is daar \u2019n beduidende politieke struikelblok wat oorkom sal moet word, met name die moontlike teenkanting van die munisipaliteite Thembelihle en Renosterberg. Dit blyk ook \u2019n kwessie te wees waaroor daar nog nie uitsluitsel of duidelike riglyne is nie.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Die rede vir die potensi\u00eble teenkanting is natuurlik gegrond in die partypolitieke samestelling van die twee munisipaliteite wat hier ter sprake is. In die 2021-verkiesing het die ANC 5 van die 11 setels in die plaaslike verkiesing behaal en die EFF \u2019n verdere 3. Die DA, VF+ en die Siyathemba Community Movement het elkeen 1 setel behaal (IEC 2021: NC076 &#8211; THEMBELIHLE). In Renosterberg het die ANC 5 setels behaal, die DA 3 en die EFF 1 (IEC 2021: NC075 &#8211; RENOSTERBERG). Die ANC en EFF saam het dus \u2019n volstrekte meerderheid in beide munisipaliteite, met beide hierdie partye wat bekend is daarvoor dat hulle nie Orania goedgesind is nie.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Orania se privaatregtelike gronduitbreiding moet onderskei word van die publiekregtelike uitbreiding van die OVR se jurisdiksie. Artikel 155(3)(b) van die Suid-Afrikaanse Grondwet vereis dat munisipale grense deur \u2019n onafhanklike gesag volgens statut\u00eare kriteria en prosedures bepaal word, terwyl artikel 155(6) die vestiging van munisipaliteite aan provinsiale regerings opdra. DieLocal Government: Municipal Demarcation Act 27 of 1998 gee hierdie afbakeningsfunksie aan die Munisipale Afbakeningsraad (Cameron 2000:2), wat al verskeie kere munisipale grense hertrek en munisipaliteite sodoende uitgebrei het. Onlangse voorbeelde sluit die Raad se bevestigde herafbakeningsbesluite van 2024 in, waaronder die insluiting van Soutpan en omliggende gebiede by Mangaung, en van Heilbron, Phiritona en omliggende plase by Metsimaholo, onderskeidelik vanuit Masilonyana en Ngwathe. Hierdie voorbeelde illustreer dat gebiedsuitbreiding publiekregtelike besluitneming verg. In Orania se geval moet di\u00e9 raamwerk saamgelees word met die OVR se besondere, deur die hofskikking van 2000 behoue regsposisie en die onderhandelingsproses oor sy toekomstige status: die aankoop van grond skep dus nie op sigself openbare jurisdiksie daaroor nie.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC6\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Polities-demografiese_lotsbepaling\"><\/span>Polities-demografiese lotsbepaling<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">In die lig van die uitdagings en politieke opposisie teen die politieke en territoriale uitbreiding van Orania, is dit opvallend dat n\u00f3g die Orania Ontwikkelingsmaatskappy n\u00f3g die Orania Dorpsraad die moontlikheid om toenemende geografiese politieke beheer by wyse van munisipale verkiesings te verkry, oorweeg nie. Dit is veral verrassend gegewe die feit dat Frans De Klerk self (2014:20) een van die vyf redes vir die noodsaak van Orania se groei aandui as die toenemende konsolidering van politieke mag.<\/p>\n<p class=\"_normal\">In die lig hiervan is dit veral interessant dat die demografiese ontwikkeling van die munisipaliteite Thembelihle en Renosterberg gunstig blyk te wees vir hierdie doeleindes. As die uitslae van die 2011- en 2022-sensusse met mekaar vergelyk word, dan blyk dit dat die persentasie Afrikaners in beide munisipaliteite, grotendeels te danke aan die groei van Orania, met rasse skrede toegeneem het.<\/p>\n<p class=\"_normal\">In die plaaslike munisipaliteit Thembelihle het die persentasie blankes tussen 2011 en 2022 vanaf 13% na 20% toegeneem, terwyl die persentasie Afrikaanssprekendes konstant gebly het (citypopulation.de, geen datum).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Hierdie demografiese veranderinge bied ongetwyfeld aan politieke partye wat Orania goedgesind is die gele\u00ebntheid om toenemend mag op plaaslike munisipale vlak te konsolideer. In die 2021-verkiesing het die Vryheidsfront Plus byvoorbeeld alreeds 9,4% van die stemme in Thembelihle ingepalm, meer as vier keer die nasionale gemiddeld van 2,3% (IEC 2021: NC076 &#8211; THEMBELIHLE). Indien die partypolitieke samestelling van die regerings van die plaaslike munisipaliteite waarbinne Orania se grondentiteite gele\u00eb is, verander, kan dit \u2019n reusetree vorentoe wees in terme daarvan om baie van die politieke opposisie teen Orania se groei te oorkom.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Die ekonomiese uitdagings vir groei bly egter steeds die mees onmiddellike en ongetwyfeld die grootste uitdaging.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC7\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_ekonomiese_uitdaging\"><\/span>Die ekonomiese uitdaging<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Soos De Klerk (2014:39) teregtelik uitwys, is dit vir Orania noodsaaklik om instellings tot stand te bring om sy politieke ideale te bereik. Hierdie instellings moet as voertuie dien om ondersteuning en hulpbronne te mobiliseer om die nodige ekonomiese infrastruktuur te skep waarop hierdie ideale gebou kan word.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Om mense na Orania te lok, is meer werksgeleenthede nodig, en om werksgeleenthede te skep is \u2019n ekonomie van skaal noodsaaklik. Die vestiging van \u2019n ekonomie van skaal in Orania word egter bemoeilik deur die feit dat Orania se ekonomie nie ge\u00efntegreer is met die res van die land s\u2019n nie. Dit maak dit feitlik onmoontlik vir groot bedrywe wat aan SEB-regulasies moet voldoen om hier te vestig. Onvoldoende uitbreiding van nywerhede lei tot beperkte werksgeleenthede. In hierdie opsig kan Orania ook baat by strukturele ekonomiese hervormings. Die gemeenskap het reeds \u2019n eie geldeenheid, die Ora, wat as koepon funksioneer en 1:1 met die Suid-Afrikaanse rand verhandel. Vir \u2019n gemeenskap wat deurlopend streef na groei wat onafhanklik van die Suid-Afrikaanse finansi\u00eble raamwerk geskied, is die vraag aangaande monet\u00eare beginsels van besonderse belang. OSK Ko\u00f6peratiewe Bank Beperk, tans die grootste ko\u00f6peratiewe bank in Suid-Afrika, is aan die nasionale en internasionale betaalstelsel gekoppel via Standard Bank (Joubert et al. 2022:823). Alhoewel OSK Ko\u00f6peratiewe Bank Beperk teen 2019 byna R150 miljoen in huislenings uitgereik het, word rente noodwendig gehef wat die risiko van die lenings, die skaarsheid en die koste van beperkte kapitaal korrek weerspie\u00ebl (Joubert et al. 2022:824, 826). Dit bring \u2019n groot aantal beperkings mee.<\/p>\n<p class=\"_normal\">In hierdie verband het blokkettingtegnologie oor die afgelope dekade \u2019n nuwe moontlikheid geskep: \u2019n monet\u00eare stelsel wat hoegenaamd nie op vertroue in derde partye soos banke hoef te berus nie. Bitcoin is die bekendste voorbeeld hiervan. Die konsensus- en sekuriteitsmeganisme van Bitcoin word begrond in verifieerbare energie-uitgawe: \u201cProof of work accomplishes this\u2026 we can verify that a certain amount of energy went into creating Bitcoin\u201d (Melder 2021:55). Anders as fiatgeld, is Bitcoin absoluut skaars, met \u2019n vaste hoeveelheid van 21 miljoen munte. Geen toename in vraag kan die aanbod verhoog nie (Melder 2021:57). Dit is veral in Orania as privaatregtelike gemeenskap waar grondentiteite as \u2019n privaatregtelike aandeleblokskema, maatskappy of ko\u00f6perasie bedryf word en waar konvensionele verbandlenings moeilik bekombaar is en \u2019n praktiese bedreiging vir Orania se eiendomsbeleid kan inhou, wat hierdie blokkettingtegnologie van waarde kan wees. Daar is reeds 35 besighede in Orania wat Bitcoin as betalingsmiddel aanvaar (Ogids, geen datum), maar \u2019n wesenlike ontwikkeling in hierdie opsig sou wees \u2019n Bitcoin-reserwefonds vir Orania, aangesien dit verskeie konkrete voordele vir Orania se ontwikkeling as privaatregtelike kultuurgemeenskap sou kon inhou. Die bewese deflasion\u00eare aard van Bitcoin oor die lang termyn het byvoorbeeld die potensiaal om uiteindelik meer bekostigbare huislenings beskikbaar te stel en sodoende bevolkingsgroei te stimuleer. In hierdie opsig kan Orania die voorbeeld navolg van lande soos die Verenigde State van Amerika, El Salvador en Bhutan as lande wat almal reeds oor strategiese nasionale Bitcoin-reserwefondse beskik (Collins 2025:28).<\/p>\n<p class=\"_normal\">Die vernaamste voordeel hiervan vir Orania sou wees dat dit Ora-lenings vir huis- of besigheidsontwikkeling sou kon toestaan, maar die onderliggende kapitaal bly geanker in \u2019n skaars reserwebate met \u2019n waarde wat volkome onafhanklik van die Suid-Afrikaanse ekonomie is. Tans moet OSK alle reserwefondse noodgedwonge by \u2019n geregistreerde Suid-Afrikaanse bank plaas (Joubert et al. 2022:823). Daar bestaan dus nog nie \u2019n interne kredietmark wat onafhanklik funksioneer van die Suid-Afrikaanse bankwese nie, maar \u2019n Bitcoin-reserwe sou \u2019n alternatiewe sekuriteitsmeganisme buite die tradisionele bankstelsel kon skep waar die kapitaal werklik binne die gemeenskaplike ekosisteem bly eerder as om deur eksterne finansi\u00eble instellings beheer te word. Die oprigting van so \u2019n Bitcoin-reserwefonds as gemeenskapstrategie eerder as \u2019n inisiatief vanuit die tradisionele bankwese sal natuurlik tyd, vernuf en hulpbronne vereis, maar dit is \u2019n werklike konkrete stap wat geneem kan word om bevolkings- en ekonomiese groei in Orania te stimuleer.<\/p>\n<p class=\"_normal\">\u2019n Verdere baie belangrike stap vir die gemeenskap sou die uitbouing wees van die bestaande opvoedkundige instellings in die dorp, met name veral die CVO-skool sowel as Bo-Karoo Opleiding, wat albei privaat Christelike instellings is met die potensiaal om \u2019n jong bevolking van studente en jong gesinne op soek na \u2019n goeie opvoeding vir hul kinders na die dorp te lok. Dit is byvoorbeeld welbekend dat skoolkeuse \u2019n baie belangrike bepalende faktor is in die binnelandse migrasiepatrone in Suid-Afrika\u2014\u2019n demografiese patroon wat veral versnel is met die versnellende opkoms van die fenomeen van \u201ctuiswerk\u201d of \u201cafstandswerk\u201d in die nadraai van die COVID-19-grendelstaat (Lesia et al. 2024:133\u2013134). Dit is dan ook veral die feit dat die etos van hierdie instellings perfek belyn is met die etos van Orania as geheel wat hierdie \u2019n deurslaggewende stap vir die toekoms van Orania sal maak.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC8\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Aanbevelings\"><\/span>Aanbevelings<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Orania is tans steeds \u2019n klein gemeenskap, maar dit is \u2019n snelgroeiende een. Alhoewel Orania in \u2019n sekere sin polities oorontwikkeld is vir sy grootte, is die dilemma dat Orania steeds ekonomies onderontwikkeld is in terme van die doelwitte wat hierdie privaatregtelike Afrikanergroeipunt wil bereik. Die uitdagings wat betref territoriale uitbreiding, gepaardgaande met die ho\u00eb eiendomspryse en gebrek aan toegang tot konvensionele verbandlenings, is in hierdie artikel uitgewys as deurslaggewende remfaktore as dit kom by Orania se groei. Nogtans is uitgewys dat hierdie gemeenskap, ten einde hierdie remfaktore te oorkom, bepaalde finansi\u00eble en gemeenskapsbates van Orania strategies aan sou kon wend as versnellers vir toekomstige groei. Gegewe Orania se bewese openheid vir eksperimentering met nuwe idees asook die huidige tendense in die Suid-Afrikaanse politieke landskap wat betref migrasiepatrone en demografiese verskuiwings, kan verskerpte toekomstige bevolkingsgroei ook nie uitgesluit word nie. Sodanige groei sal noodwendig \u2019n wesenlike sosio-politieke impak h\u00ea op die Bo-Karoostreek as geheel.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC9\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Gevolgtrekking\"><\/span>Gevolgtrekking<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">Wat die kernnavorsingsvraag van hierdie artikel betref, kan die volgende slotopmerking gemaak word. Die vraag is hoe toekomstige territoriale uitbreiding, demografiese groei en die gepaardgaande ekonomiese strategie\u00eb hierdie privaatregtelike gemeenskap se status en veral sy verhouding met die omliggende munisipale strukture en naburige gemeenskappe sal be\u00efnvloed.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Volhoubare, funksionele werklikhede het uiteindelik noodwendig bepaalde politieke en regsgevolge. Orania het oor die afgelope dekade beduidende demografiese groei beleef, sy institusionele netwerk uitgebou en sy ekonomiese infrastruktuur geleidelik versterk. Indien hierdie tendense voortduur en \u2019n wyer geografiese gebied de facto onder Orania se ekonomiese, sosiale en institusionele invloed ontwikkel, kan dit \u2019n nuwe magsbalans binne die bestaande munisipale raamwerk skep. In die Suid-Afrikaanse politieke landskap is demografie ook die bewese hefboom virde jure-erkenning: Indien Orania aanhou groei en die huidige plaaslike demografiese tendense voortduur, sal dit noodwendig polities beslag moet vind in munisipale verteenwoordiging, wat op sy beurt Orania se verhouding met die Thembelihle en Renosterberg munisipaliteite wesenlik kan herskik om sodoende die vrugbare grond te skep vir onderhandeling van uitgebreidede jure-gesag. Hierdie politieke aspek behoort met meer erns as strategiese oorweging deur die onderskeie privaatregtelike regeringsliggame in Orania oorweeg te word. Bowendien sal die bevolking van die omliggende dorpe en gemeenskappe in die betrokke munisipaliteite ook toenemend met hierdie veranderende streeksdemografie rekening moet hou. Dit moet veral deur al die betrokke partye in gedagte gehou word dat dit op makrovlak juis die demografiese ontwikkeling van die Republiek van Suid-Afrika gedurende die twintigste eeu was wat uiteindelik een van die deurslaggewende faktore was wat sou lei tot die revolusion\u00eare politieke omwenteling van 1994. Op mikrovlak kan \u2019n soortgelyke paradigma hom oor die volgende paar dekades uitspeel in die Bo-Karoo. In hierdie streek kan dit alles, in beginsel, op \u2019n mees ordelike en vreedsame wyse geskied wat dan ook belyn is met die goue re\u00ebl van Matteus 7:12 en Lukas 6:31.<\/p>\n<p class=\"_normal\">Ten einde so \u2019n vreedsame polities-geografiese uitbreiding van Orania as privaatregtelike etniese gemeenskap met \u2019n republikeinse selfbeskikkingstrewe te bewerkstellig en die huidige struikelblokke te oorkom, sal \u2019n herskikking van die plaaslike munisipale politieke landskap by wyse van deelname aan munisipale verkiesings in beide die Thembelihle en Renosterberg munisipaliteite onmisbaar wees.<\/p>\n<h3 id=\"AbiTOC10\"><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Erkenning\"><\/span>Erkenning<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Hierdie studie is moontlik gemaak met befondsing van die PUK-Kanselierstrust (PKT).<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Bibliografie\"><\/span><img decoding=\"async\" title=\"\" src=\"\/tmp\/XV84X3_files\/rId1611058154.jpg\" alt=\"\" align=\"\" \/>Bibliografie<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p class=\"_normal\">BAIN, RONALD. 2024.Voorwoord. In: Buys, Wikus. 2024. Erfstad: Ruimte en plek vir die vierde Afrikaner. Kameelberg: Orania.<\/p>\n<p class=\"_normal\">BOSHOFF, CAREL. 2023.Samehang en padwysers onderweg\u2014Tuiskoms 2. Orania: Vryheidstigting.<\/p>\n<p class=\"_normal\">BUYS, WIKUS. 2024.Erfstad: Ruimte en plek vir die vierde Afrikaner. Kameelberg: Orania.<\/p>\n<p class=\"_normal\">CAMERON, ROBERT. 2000.An Overview of the Local Government Municipal Demarcation Act 27 of 1998. Electoral Institute of South Africa: Pretoria.<\/p>\n<p class=\"_normal\">citypopulation.de. Geen datum.Thembelihle (NC076), Northern Cape, South Africa. Beskikbaar by:<a href=\"https:\/\/www.citypopulation.de\/en\/southafrica\/admin\/northern_cape\/NC076__thembelihle\/\">https:\/\/www.citypopulation.de\/en\/southafrica\/admin\/northern_cape\/NC076__thembelihle\/<\/a> [Toegang op 28 Februarie 2026].<\/p>\n<p class=\"_normal\">COLLINS, TIERNANA. 2025.The future of Bitcoin: Market maturity, strategic reserves, and the paradox of institutional accumulation. MSc Economics &amp; Financial Technology dissertation. University of Galway: Galway.<\/p>\n<p class=\"_normal\">DE KLERK, FRANS.2014.Orania. Van dorp tot stad\u2013\u2019n nuwe strategie. Orania Beweging: Orania.<\/p>\n<p class=\"_normal\">DE KLERK, FRANS. 2025.Onderhoud gevoer met outeur. 10 Julie 2025.<\/p>\n<p class=\"_normal\">HESSON, TED en PEYTON, NELLIE. 2026.US aims to bring in 4,500 white South Africans per month as refugees, document says, Reuters, 26 Februarie. URL: https:\/\/www.reuters.com\/world\/us-aims-bring-4500-white-south-africans-per-month-refugees-document-says-2026-02-26\/.<\/p>\n<p class=\"_normal\">IEC. 2021. Municipal Election Results. URL:<a href=\"https:\/\/results.elections.org.za\/dashboards\/lge\/\">https:\/\/results.elections.org.za\/dashboards\/lge\/<\/a> [toegang op 9 Januarie 2025].<\/p>\n<p class=\"_normal\">JOUBERT, FANIE, LA\u00c4S, ANDR\u00c9, LA\u00c4S, ANNA MARIA, ROSSOUW, JANNIE en VERMEULEN, COBUS. 2022. \u2019n Perspektief op Orania se OSK Ko\u00f6peratiewe Bank Beperk.Tydskrif vir Geesteswetenskappe 62(4):812\u2013829.<\/p>\n<p class=\"_normal\">LESIA, MOSALA PHILLIP, AIGBAVBOA, CLINTON O. en THWALA, WELLINGTON D. 2024.Factors influencing residential location choice in South Africa: exploratory factor analysis (EFA) and confirmatory factor analysis (CFA). Journal of Housing and the Built Environment 39: 133\u2013160.<\/p>\n<p class=\"_normal\">MALAN, KOOS. 2018.Die verswe\u00eb verandering van die Suid-Afrikaanse Konstitusie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 58(2): 387\u2013410.<\/p>\n<p class=\"_normal\">MELDER, PATRICK. 2021.The Christian Case for Bitcoin: Bitcoin redeems money. CrafttoDigital.<\/p>\n<p class=\"_normal\">OGIDS. Geen datum. Ogids! Orania Sake- en Dienstegids. https:\/\/ogids.co.za\/ [toegang op 10 Oktober 2026].<\/p>\n<p class=\"_normal\">ORANIA DORPSRAAD. 2025.Kennisgewing 027\/2025: Inwonertal van Orania sensus 2024 word bekend gemaak (25 Februarie 2025).<\/p>\n<p class=\"_normal\">ORANIA GRONDWET. 2026. https:\/\/ovr.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Orania-Grondwet.Finaal.Goedgekeur.Aug26-Geteken.pdf [toegang op 10 Oktober 2026].<\/p>\n<p class=\"_normal\">SENEKAL, BURGERT. 2019. \u2019n Netwerkontleding van die instellingsnetwerk op Orania.Litnet Akademies 16(3): 1\u201324.<\/p>\n<p class=\"_normal\">SENEKAL, BURGERT. 2021. Die eerste 40 jaar van Orania.Tydskrif vir Geesteswetenskappe61(2): 526\u2013550.<\/p>\n<p class=\"_normal\">SNYMAN, GAWIE. 2025.Onderhoud gevoer met outeur. 27 Junie 2025.<\/p>\n<p class=\"_normal\">TRUMP, DONALD. 2025. Addressing Egregious Actions of the Republic of South Africa: Executive Order. February 7, 2025. URL: https:\/\/www.whitehouse.gov\/presidential-actions\/2025\/02\/addressing-egregious-actions-of-the-republic-of-south-africa\/ [toegang op 10 Oktober 2026].<\/p>\n<p class=\"_normal\">VERWOERD, HENDRIK FRENSCH. 1963. Toespraak by die opening van die Kaapse Middelland Ontwikkelingsvereniging se Kongres, Port Elizabeth in W. Verwoerd (red.). 2018.<\/p>\n<p class=\"_normal\">VERWOERD, WILHELM. 2018.Verwoerd aan die Woord: Die laaste vier jaar. Protea Boekhuis: Pretoria.<\/p>\n<p class=\"_normal\">VOGEL, PAUL. 2026.Vryspraak [Radio-onderhoud]. 29 Januarie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Titel: Orania as privaatregtelike Afrikanergroeipunt: strategiese oorwegings Dr. Jan Adriaan Schlebusch Navorsingsgenoot &#8211; Departement van sistematiese en historiese teologie, Universiteit van Pretoria Ensovoort, jaargang 47 (2026), nommer 11: 1 Opsomming Die groei van Orania as \u2019n privaatregtelike Afrikanergemeenskap binne die konteks van die Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling gee aanleiding tot hierdie ondersoek na die wyse waarop &hellip; <a href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2026\/11\/03\/orania-as-privaatregtelike-afrikanergroeipunt-strategiese-oorwegings\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Orania as privaatregtelike Afrikanergroeipunt: strategiese oorwegings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[2,529,10],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2176"}],"collection":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2176"}],"version-history":[{"count":6,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2176\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2196,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2176\/revisions\/2196"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2176"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2176"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2176"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}