{"id":54,"date":"2014-12-21T14:27:26","date_gmt":"2014-12-21T13:27:26","guid":{"rendered":"http:\/\/ensovoort.com\/?p=54"},"modified":"2014-12-21T14:27:26","modified_gmt":"2014-12-21T13:27:26","slug":"die-anc-en-die-konsep-van-nasie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/12\/21\/die-anc-en-die-konsep-van-nasie\/","title":{"rendered":"Die ANC en die konsep van Nasie"},"content":{"rendered":"<p>Afred Bosch, <em>Centre d\u2019estudis africans<\/em>, Universiteit van Barcelona<br \/>\n<strong>\u201cThe people, the real people, do not support Inkatha.\u00a0 They are with the ANC.\u201d<\/strong><br \/>\n<strong>(Teni, Soweto-aktivis 1993)<\/strong><br \/>\nDie African National Congress (ANC) beskou en definieer sigself as die grootste nasionale bevrydingsbeweging in Suid Afrika. \u00a0Hierdie strewe word reeds in sy naam verwoord.\u00a0 Wat die leerstellinge betref, stel die belangrikste segsmense hulself voor as instrumenteel in die onherroeplike verandering oor rasse-, kulturele, lingu\u00efstiese, etniese, geslags-, ens. grense heen.\u00a0 S\u00f3 wil hulle die samelewing wat hulle graag sou wou verteenwoordig, sien.\u00a0 Enige bespreking rondom die ANC se politieke ori\u00ebntasie, veral in die binnekringe van die organisasie, blyk egter \u2018n futiele oefening te wees, byna lasterlik<br \/>\nDit is juis hierdie selfversekerdheid omtrent die nasionale of nasionalistiese siening wat redelike kommer wek:\u00a0 want wat het nasie in die verlede beteken en wat beteken dit vandag?\u00a0 Watter staatsvorm word daardeur ge\u00efmpliseer?\u00a0 Hoe is dit veronderstel om in te pas by die labirint van Suid-afrikaanse identiteite?\u00a0\u00a0 En verder nog:\u00a0 is die idee van nasie wat vandag, so ge\u00efdealiseer en begeer,\u00a0 deur die ANC voorgestaan word, gegrond op \u2018n werklikheid of is dit slegs \u2018n soeke gegrond op \u2018n abstraksie?\u00a0 Was dit van meet af aan reeds daar, gereed om enige oomblik ontdek te word, of is dit gebore uit spesifieke politieke oogmerke, vol illusies en waan?<br \/>\nDie stigterslede van die beweging het nie dieselfde kernbetekenis geheg aan die idee van \u2018n Suid-Afrikaanse nasie as wat hul opvolgers gedurende die tweede helfte van die eeu daaraan heg nie.\u00a0 Vir hulle beteken nasie vandag swart nasie; die res word ten beste as buurnasie beskou (G. Mbeki, 1992, p.26). Die nuwe ontluikende politieke mag is, in 1912, entoesiasties die South African National Native Congress (SANNC) genoem.\u00a0 Eers in 1923 word die naam verander na ANC.\u00a0 Sy eweneens entoesiastiese sameroepers het toe die beweging gesien as \u2018n groepering van uitgelese Afrikane, strydendes om die toelating van die swart gemeenskap tot burgerregte.\u00a0 Dit het dus eerder daaroor gegaan om waarborge t.o.v. beskerming van die staat te verkry, asook toelating daartoe, as om die skepping van \u2018n nie-rassige, kultureel-oop, ens., samelewing.\u00a0 Die aanvanklike eise van die SANNC moet gesien word in die lig van wat vandag eweseer geldig is:\u00a0 Suid Afrika behoort in alle eerlikheid aan Afrikane wat dit heelhartig en op \u2018n gelyke voet met ander groepe wil deel.\u00a0 Die SANNC se eertydse idee van \u2018n verbond tussen nasies en die huidige standpunt van die ANC, verskil egter hemelsbreed.\u00a0 Op dieselfde wyse as wat Dube, Seme of Plaatje in 1912 uit die staanspoor \u2018n interstam- (en nie anti-stam- nie) filosofie aangehang het, het die SANNC se idee van nasie nie voorgegee, of geweet hoe, om \u2018n suksesvolle teenvoeter te wees vir die ondier van rassisme nie.<br \/>\nVanwe\u00eb di\u00e9 feit was die politieke debat in Suid Afrika sedertdien nog ononderbroke en skaamteloos opgesaal met ras en nasie.\u00a0 Hier en daar poog outeurs om onderskeide te tref (Mar\u00e9, 1992, p.50), maar n\u00e1 soveel jare se segregasie, blyk dit \u2018n amper onmoontlike taak te wees (sien, die uiters deurmekaar, Grobler, 1993).\u00a0 Die ANC het di\u00e9 vraagstuk, teoreties gesproke, tot en met 1955 (<em>Charter of Liberty<\/em>), en in die praktyk tot 1985 (J. Frederikse, 1990, p. 242) vermy.\u00a0 Die nasionalisme van die ANC se pioniers, terwyl dit aanvanklik ooglopend nie-diskriminerend was,\u00a0 het onvermydelik ook eksklusiwiteit behels.\u00a0 Selfs met hul visier op \u2018n nie-rassige staat ingestel, loop die bekende ou spook van rassisme vandag nog by die debat oor \u2018n nuwe territoriale model<br \/>\nVanselfsprekend is s\u00f3 \u2018n debat onvermydelik en selfs natuurlik.\u00a0 Maar dit behoort \u2018n mens dan nie te verhoed om di\u00e9 twee konsepte uiteindelik van mekaar te skei nie (\u2018nasie\u2019 en \u2018ras\u2019) of om ten minste bedag daarop te wees wanneer hulle met mekaar verwar word en waarom dit gebeur.\u00a0 Dis nou maar eenmaal so dat die twee woorde afsonderlike betekenisse dra wat nie sondermeer vir mekaar kan instaan nie, nie eers in Suid Afrika nie. Ras het betrekking op fisieke verskille, terwyl nasie weer op kulturele verskille dui en dit bring mee dat die twee soms oorvleuel.\u00a0 Binne die perke van hierdie stuk wil ons indringend kyk na die ANC se aanvaarde nasionalistiese ideologie, in die besonder beskou waar verskillende konsepsies aangaande ras (\u2018Racialism\u2019\u00a0 o.a. as swart bewussynsterm wat daarop neerkom dat <em>n\u00e9gritude<\/em> meerderwaardig is)\u00a0 deel uitmaak van die heersende diskoers.<\/p>\n<div id=\"ez-toc-container\" class=\"ez-toc-v2_0_45_1 counter-hierarchy ez-toc-counter ez-toc-grey ez-toc-container-direction\">\n<div class=\"ez-toc-title-container\">\n<p class=\"ez-toc-title\">Table of Contents | Inhoudsopgawe<\/p>\n<span class=\"ez-toc-title-toggle\"><a href=\"#\" class=\"ez-toc-pull-right ez-toc-btn ez-toc-btn-xs ez-toc-btn-default ez-toc-toggle\" area-label=\"ez-toc-toggle-icon-1\"><label for=\"item-69dc1817bcc50\" aria-label=\"Table of Content\"><span style=\"display: flex;align-items: center;width: 35px;height: 30px;justify-content: center;direction:ltr;\"><svg style=\"fill: #999;color:#999\" xmlns=\"http:\/\/www.w3.org\/2000\/svg\" class=\"list-377408\" width=\"20px\" height=\"20px\" viewBox=\"0 0 24 24\" fill=\"none\"><path d=\"M6 6H4v2h2V6zm14 0H8v2h12V6zM4 11h2v2H4v-2zm16 0H8v2h12v-2zM4 16h2v2H4v-2zm16 0H8v2h12v-2z\" fill=\"currentColor\"><\/path><\/svg><svg style=\"fill: #999;color:#999\" class=\"arrow-unsorted-368013\" xmlns=\"http:\/\/www.w3.org\/2000\/svg\" width=\"10px\" height=\"10px\" viewBox=\"0 0 24 24\" version=\"1.2\" baseProfile=\"tiny\"><path d=\"M18.2 9.3l-6.2-6.3-6.2 6.3c-.2.2-.3.4-.3.7s.1.5.3.7c.2.2.4.3.7.3h11c.3 0 .5-.1.7-.3.2-.2.3-.5.3-.7s-.1-.5-.3-.7zM5.8 14.7l6.2 6.3 6.2-6.3c.2-.2.3-.5.3-.7s-.1-.5-.3-.7c-.2-.2-.4-.3-.7-.3h-11c-.3 0-.5.1-.7.3-.2.2-.3.5-.3.7s.1.5.3.7z\"\/><\/svg><\/span><\/label><input  type=\"checkbox\" id=\"item-69dc1817bcc50\"><\/a><\/span><\/div>\n<nav><ul class='ez-toc-list ez-toc-list-level-1 ' ><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-1\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/12\/21\/die-anc-en-die-konsep-van-nasie\/#Die_Groot_Alliansie_van_Stamme\" title=\"Die Groot Alliansie van Stamme\">Die Groot Alliansie van Stamme<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-2\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/12\/21\/die-anc-en-die-konsep-van-nasie\/#Nasie_van_Nasies\" title=\"Nasie van Nasies?\">Nasie van Nasies?<\/a><\/li><li class='ez-toc-page-1 ez-toc-heading-level-3'><a class=\"ez-toc-link ez-toc-heading-3\" href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/12\/21\/die-anc-en-die-konsep-van-nasie\/#Die_Morogoro-sindroom\" title=\"Die Morogoro-sindroom\">Die Morogoro-sindroom<\/a><\/li><\/ul><\/nav><\/div>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_Groot_Alliansie_van_Stamme\"><\/span>Die Groot Alliansie van Stamme<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Moshoeshoe I, koning van Lesotho, het op sy dag gedroom van \u2018n groot koalisie van Afrika-nasies wat die blanke koloniseerder van koers af sou kon bring, of ten minste sou kon stuit in sy uitbreiding in Suidelike Afrika.\u00a0 Hy kon nooit aan sy onderneming gestalte gee nie, maar ten spyte daarvan het hy tog die stigting van \u2018n klein protektoraat beleef wat \u2018n eeu later, ge\u00ebmansipeer, as die Koningryk van Lesotho bekend\u00a0 sou staan.<br \/>\nDie Groot Alliansie egter, sou eers \u2018n paar dekades later die lig sien, soos beliggaam deur die SANNC.\u00a0 Die inisieerders van di\u00e9 nuwe projek was nie gekroondes \u00f2f Afrika-aristokrate nie, maar wel advokate, dokters, onderwysers, kerklikes en verstedelikte intellektuele.\u00a0 Selfs as goed gedefinieerde groep, was hulle ontvanklik vir tradisionele hi\u00ebrargie en het hulle daarin geslaag om heelwat volgelinge onder dieselfde vaandel te vereenig.\u00a0 Pixley I ka Seme, \u2018n Zoeloe-advokaat, se uitspraak benadruk hul oproep om saam te staan:<br \/>\n\u201cDie duiwel van rassisme, die afskuwelike twis tussen Xhosas en Fingoes, die heersende onmin tussen\u00a0 Zoeloes en Tsongas, tussen Sothos en ander inheemse volke, moet begrawe en vergeet word\u2026\u00a0 Ons is een volk.\u00a0 Die onderlinge verdelings en jaloesie\u00eb is die oorsaak van al ons hartseer en ons agterstand\u201d (R. Rive, 1991, p.10).<br \/>\n\u2018n Gevoel van doelloosheid en onmag teenoor die wit aggressor het die opkomende swart middelklas reeds sedert die einde van die negentiende eeu daartoe genoop om interstam-organisasies te skep.\u00a0 Dit was die doelwit van provinsiale kongresse, die Vereeniging van Kaapse Kiesers of\u00a0 <em>Imbumba Yama Afrika<\/em> omdat die gewapende stryd, logies gesproke, misluk het vanwe\u00eb die versplintering en talle onderlinge konflikte wat swartes verdeel het.<br \/>\nNa afloop van die opstande het die gebrek aan geloofwaardige leiers gelei tot die opkoms vanuit die sendingstasies van \u2018n opgevoede Christelike elite, wat nie alleen onderl\u00ea was in universalisme en materi\u00eble vooruitgang nie, maar ook beskik het oor \u2018n model vir \u2018n interetniese maatskappy.\u00a0 Gevolglik kon hulle staatmaak op die samewerking van Afrikane ten spyte van die wrewel waarna Seme verwys (UNESCO, 1987, p.245).\u00a0 Amptelike geskiedskrywers was bewus hiervan en hierdie interetniese alliansie is as di\u00e9 groot sukses van die SANNC uitgebeeld.\u00a0 Albert Luthuli, wat in sy outobiografie (A. Luthuli, 1989, p. 1-82) die leiers vir hul beskroomdheid en onderdanigheid kritiseer, loof egter hul sin vir eenheid en die selfopoffering wat daatoe lei dat stedelike en stambelange saamsmelt.\u00a0 Komende van Luthuli, president van die beweging en self prinslike afstammeling, dra hierdie lofbetuiging besondere betekenis.<br \/>\nDie amptelike ANC-geskiedskrywers voer egter die mitifisering van die ontstaan van die organisasie tot algehele buitensporigheid.\u00a0 Francis Meli, byvoorbeeld, stel di\u00e9 geskiedkundige oomblik voor as kulminasie van \u2018n nuwe betrokkenheid \u2013 nie stamgebonde nie \u2013 wat fundamenteel anti-koloniaal en daarom anti-sendeling sou wees.\u00a0 Hy voeg by:<br \/>\n<em>\u201cDaar word ges\u00ea dat hierdie konferensie (van 1912) nie alleen die geboorte was van die ANC nie\u00a0<\/em><br \/>\n<em>maar ook van \u2018n nasie \u2013 die ANC het as\u2019t ware as vroedvrou by die proses van renaissance en nasionale\u00a0 regenerasie ingestaan\u2026\u00a0 Dit was \u2018n nasionale reddingsdaad, \u2018n voortsetting \u2013 binne \u2018n nuwe historiese raamwerk \u2013 van die stryd van ons volk teen kolonialisme, wat reeds lank v\u00f3\u00f3r kolonialisme self begin het\u201d (F. Meli, 1988, p.40).<\/em><br \/>\nSolomon T. Plaatje, een van die eerste algemene sekretarisse van die SANNC, daarenteen, werp \u2018n ander, minder essensialistiese blik daarop en plaas die klem op die vermo\u00eb van die organisasie om oorleg tussen uiteenlopende belange te bewerkstellig.\u00a0 In sy belangrikste werk, <em>Native Life in South Africa<\/em>, lewer hy \u2018n pleidooi teen die <em>Land Act<\/em> van 1913 (wat slegs 7,3% van die oppervlak van die land beskikbaar stel aan swart mense sover dit besit en boerdery aangaan.), en onderstreep die eenheidsgevoel wat die wet onder swartes teweeggebring het.\u00a0 Uit \u2018n aanhaling in die Engelse pers meen Plaatje dat<em>:\u00a0 \u201cSuid-afrikaners (wittes) was nog altyd bang vir gesamentlike aksie deur inheemse volke, maar met di\u00e9 wet het hulle die maklikste manier gekies om alle swart mense te irriteer\u201d<\/em> (S. Plaatje, 1916, p. 179).<br \/>\nMet die ontstaan van Suid Afrika in 1910 was die idee van \u2018n blanke nasie-staat wat swart mense uitsluit en hul burgerskap weier, die resultaat van \u2018n samesmelting van Boere-nasionalisme en Britse imperialisme.\u00a0 Deur Afrikane is dit as heiligskennis beskou.\u00a0 Die <em>Land Act<\/em> en ander wetgewende maatre\u00ebls sou ook, stadig maar seker, die uiteindelike rigting wat dit ingeslaan het, bevestig.<br \/>\nDie eerste <em>Congress<\/em> is, met ander woorde, hoofsaaklik gevorm uit reaksie teen \u2018n verwronge en arrogante eurosentriese nasie-projek,.\u00a0 Logies gesproke was die stigting van \u2018n afrosentriese klub, of as \u2018n mens wil, \u2018n rasgebonde een, die enigste verweer.\u00a0 Ten spyte daarvan sou daar tog \u2018n verskil wees:\u00a0 terwyl \u2018n bleek Suid Afrika die bo-toon voer met segregasie, het die gekleurde en ondergeskikte Suid Afrika na vore getree ten gunste van uiteindelike integrasie.\u00a0 Net soos die Unie van Botha en Smuts dit nie kon vermag om verskille tussen die wit stamme op te hef nie, so ook kon die alliansie tussen Seme en Plaatje nie daarin slaag om die verskille tussen hul eie groepe ter wille van \u2018n swart nasie op te los nie.\u00a0 Om die waarheid te s\u00ea, hulle het nie eers voorgegee om te probeer nie.<br \/>\nDie nuanse is belangrik omdat dit die deurslagewende verskille tussen die eertydse Congress en die huidige een verklaar: sy nasionalistiese denke slaan \u2018n ander rigting in tydens die vyftigerjare om dan later, tydens sy ballingskap, voltrek te word.\u00a0 In s\u00f3 \u2018n mate dat die SANNC, ten spyte van sy naam, meer nasionalisties as nasionaal raak.\u00a0 In teenstelling daarmee bly sosiale gedrag, veral onder \u2018n meerendeels landelike bevolking, steeds beantwoord aan die kulturele, lingu\u00efstiese, mitologiese en territoriale modelle van \u2018n Moshoeshoe, Shaka of\u00a0 Makana.<br \/>\nBinne die SANNC self lyk dit ook nie heeltemal soos anglofone unitarisme nie, selfs al probeer die <em>bourgeois<\/em> alchemiste, ge-<em>coller<\/em> en ge-<em>tie<\/em>, vanaf 1912, die filosofiese klip van \u2018n multi-etniese Afrikanisme smee.\u00a0 Sedert sy begin reeds bestaan die <em>Congress<\/em> uit twee kamers, \u2018n senaat saamgestel uit stamhoofde en \u2018n laer kamer.\u00a0 Selfs al het die laer kamer se afgevaardigdes besluite geneem en die organisasie bestuur, bly die feit dat dit \u2018n aristokratiese parlement was \u2018n duidelike en noodsaaklike konsessie aan die grotes van Azani\u00eb se tradisionalisme.<br \/>\nDie ANC wil vandag \u2013 met die uitsondering van \u2018n paar aanloklike inisiatiewe ter elfder ure \u2013\u00a0 nie erken dat s\u00f3 \u2018n konsessie ooit bestaan het nie.\u00a0 Omdat stamhoofde in die verlede met Pretoria geflikflooi en die sluier oor etniese spesifisiteit gelig het, plaas dit die ANC se unit\u00eare patriotisme onder verdenking en beliggaam hulle \u2018n verouderde nasionalisme wat oor die algemeen met agterdog beje\u00ebn word.\u00a0 Oor die afgelope tagtig jaar het die samelewing vannselfsprekend ook onomkeerbare veranderinge ondergaan:\u00a0 die ewolusie van die ANC is \u2018n getroue weerspie\u00ebling van industrialisering, verstedeliking en, kan \u2018n mens maar met \u2018n mate van voorbehoud s\u00ea, die modernisering van Suid Afrika.\u00a0 Maar daarby het iets anders ook verander en bes moontlik na aanleiding van \u2018n strukturele transformasie.<br \/>\nIn teenstelling met wat Francis Meli en ander hedendaagse essensialiste wil beweer, het die primitiewe SANNC sigself nie uitgegee vir \u2018n nasionale reddingsdaad nie, n\u00f3g minder probeer om lewe te blaas in die idee van \u2018n universele lotsbestemming van atavistiese eenheid, wat verlore gegaan het met die aanvang van kolonialisme.\u00a0 Die groot alliansie het \u2018n baie wyer basis gehad as wat vandag bekend staan as die Republiek van Suid Afrika met \u2018n mate van verwarring t.o.v. die essensi\u00eble kriterium wat elke nasionale doktrine en territoriale identifikasie vereis.\u00a0 Die eerste grondwet van die SANNC het die insluiting van afgevaardigdes uit die eertydse Rhodesi\u00eb asook die drie protektorate (die huidige Botswana, Lesotho en Swaziland) in die vooruitsig gestel.\u00a0 Onder die stigterslede van die SANNC was daar \u2018n Sotho (uit wat vandag bekend staan as Lesotho), Maama Seiso en \u2018n Tswana (uit Botswana), Joshua Molema; en onder die erepresidente van die eerste kamer was die koning van Lesotho, Letsie II (UNESCO, 1987, p. 724).<br \/>\nSeme, die groot politieke inkwisiteur wat boos na die afskuwelike twis tussen Xhosas en Fingoes, Zoeloes en Tsongas verwys het, was baie gesteld op sy eie afkoms en sy bande met sekere adelslui.\u00a0 Gedurende sy studieverblyf\u00a0 in New York was hy eerder as Zoeloe-nasionalis bekend as wat hy \u2018n voortstander van \u2018n unit\u00eare Suid Afrika was (R. Rive, 1991, p. 87).\u00a0 Hy het as advokaat die Swazi-monargie verteenwoordig, wat weer op hul beurt die amptelike orgaan van die <em>Congress<\/em>, <em>Abantu-Botho<\/em> (UNESCO, 1987, p. 726) gefinansier het.\u00a0 Die jong Seme het ook \u2018n sagte plek vir die Zoeloe-adel gehad en het koning Dinizulu se dogter s\u00f3 goed leer ken \u2013 in die Bybelse sin van die woord \u2013 dat sy met hom moes trou.\u00a0 In die jare dertig raak hy uit en uit \u2018n tradisionalis en probeer om die Eerste Kamer, wat na minder as twintig jaar reeds verdwyn het, te reabiliteer.<br \/>\nPlaatje, \u2018n Tswana, wat swart belange in die Transvaal en Oranje Vrystaat verdedig het, kon \u2018n hele paar inheemse tale praat en het daarby ook \u2018n belang by kiesers in die Kaap gehad (sy vrou was \u2018n Fingoe).\u00a0 Sy biograaf meen dat di\u00e9 talent daartoe bygedra het dat hy tot sekretaris-generaal verkies is.\u00a0 Nie net was hy \u2018n groot kenner van die stamstelsel nie, maar ook \u2018n kampvegter vir \u00a0die Tswana-taal en hy het sterk daarop aangedring dat \u2018n aristokratiese gesag geskep word met agt hoofde as ere-ampsdraers van die SANNC.\u00a0 Laasgenoemde\u00a0 versoek is hom gegun, hoewel \u2018n inheemse naam vir die beweging afgewys is (B. Willan, p. 153-155).<br \/>\nDie voorafgaande feite weerspreek hoegenaamd nie die fundamentele premisse van die <em>Congress<\/em> se stigterslede nie:\u00a0 die skepping van \u2018n nuwe, intervolk-, Afrikanasie aan die suidpunt van die swart kontinent.\u00a0 Twee onderskeidende kenmerke moet egter in aanmerking geneem word.<br \/>\n-Eerstens is die werklikheid van multi-etnisiteit nie oor die hoof gesien nie.\u00a0 In s\u00f3 \u2018n mate dat, ten spyte daarvan dat die kern van leiers uit \u2018n klein professionele kosmopolitiese klas gekom het, die basis berus het op ou stamstrukture.\u00a0 Dit was tradisioneel en landelik en deur vele nog beskou as die ware volke van Afrika.<br \/>\n-Tweedens was die houding van die <em>Congress<\/em> se patriargie van s\u00f3 \u2018n aard dat \u2018n mens nie sou kon s\u00ea die groot alliansie is voorgehou as die ontwaking van \u2018n slapende volk, wat dadelik in staat was om alle stamverskille te kon oorbrug nie, maar as die skepping van \u2018n nuwe moontlikheid.\u00a0 Hul visie, soos weerspi\u00ebel in die nuwe program, was eerder een van samewerking as van essensialisme:\u00a0 dit\u00a0 het \u2018n historiese breuk t.o.v. die verbrokkelende anti-koloniale stryd bewerkstellig.\u00a0 Overgezet synde, was die aard van die aanbevole politieke en territoriale entiteit nie duidelik nie en sou dit ewolueer na gelang van veranderende omstandighede in die stand van dag-tot-dag politieke bestuur.\u00a0 Die idee van die insluiting van Rhodesi\u00eb en die protektorate sou laat vaar word; konsolidasie van die Unie \u2013 en later die Republiek van Suid Afrika &#8211; se grense sou dit laat sneuwel.\u00a0 Die erkenning van etniese groeperings \u2013 \u00f2f dan verdraagsaamheid daarteenoor \u2013 sou verflou as gevolg van Pretoria se slagspreuk:\u00a0 \u201cverdeel en heers\u201d.\u00a0 Veral n\u00e1 die Nasionale Party en D.F. Malan se oorwinning.<br \/>\nMoshoeshoe se droom is bewaarheid, ten minste die pasifistiese en konstitusionele deel daarvan.\u00a0 \u2018n Nuwe Afrikapatriotisme, pluraal en interetnies, het ontstaan wat ewe interprovinsialisties was as die blanke Unie, d.w.s. gegrond op vier administratiewe gebiede \u2013 twee voormalige Britse kolonies en twee voormalige Boererepublieke \u2013 wat grotendeels outonoom was n\u00e1 die stigtingsooreenkoms in 1910.\u00a0 Nog baie water moes egter in die see vloei om by die huidige ANC se idee van \u2018n gesentraliseerde nasie-staat waar gelykheid, nie-rassigheid, nie-seksisme en nie-stamgebondenheid heers, uit te kom.\u00a0 Die Jakobynse beskouing van \u2018n onafhanklike en soewereine land, bestaande uit burgers en nie groepe nie, sou eers \u2018n paar dekades lank moes wag.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Nasie_van_Nasies\"><\/span>Nasie van Nasies?<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Tot en met die einde van die Tweede W\u00eareldoorlog het die leiers van die ANC \u2018n onduidelike en versoenende toon gevoer t.o.v. die kwessie van nasionalisme; om die waarheid te s\u00ea t.o.v. allerlei kwessies.\u00a0 Denkrigtings uit hul geledere het oorheersend die verlede en hede van Afrikane aangespreek sonder om te veel stil te staan by die uiteenlopendheid van volke wat die kulturele rykdom van die swart gemeenskap gevorm het.\u00a0 John Henderson Soga, kleurling-akademikus en seun van Tiyo Soga \u2013 op sy beurt weer die land se eerste swart pastoor wat daarbenewens ook nog die vermetelheid gehad het om met \u2018n Skotse dame te trou \u2013 het dit s\u00f3 voorgestel in sy groot kroniek oor die Nguni (J.H. Soga, 1930).<br \/>\nIntussen het die sterk opkoms van nasionalistiese Afrikanerkiesers (D. Harrison, 1981 en W.A. de Klerk, 1975) die ander groepe met dieselfde moontlike aspirasies in \u2018n hoek gedwing wat die skepping van \u2018n staat betref.\u00a0 Ten eerste het die volgelinge van Barry Herzog, en later di\u00e9 van Dr. Malan, van die Afrikaniste gedwing, waarvan etlikes ook blank was, om die antropologiese aannames wat hulle gemaak het, te hersien.\u00a0 Die vraag\u00a0 oor eenheid in die interetniese front van die <em>Congress<\/em> is egter nooit geopper nie en die paar nuwe organisasies het slegs binne die grense van kultureel homogene sones gefunksioneer (<em>ICU Yase Natal<\/em>, die <em>Bantu Union<\/em> en <em>Convention<\/em> in die Oos-Kaap, of die <em>Bunga<\/em> wat deur die regering in die Transkei geloods is).\u00a0 Die provinsiale strukture binne die organisasie het onafhanklik gefunksioneer; in s\u00f3 \u2018n mate dat daar sprake van afstigting was.\u00a0 Die mees konserwatiewe persoonlikhede in die ANC (Selope, Theme, Champion en selfs Seme) het \u2018n ekstremistiese Afrikanisme voorgestaan wat veelrassigheid en sosialisme vir die progressiewe vleuel minder aanloklik laat lyk het.<br \/>\nDie gesalfde helde van die <em>Congress<\/em> wat tydens die dertigerjare na vore getree het, het self ook nie aan teenstrydighede ontkom nie. Die erudiete rektor van die Universiteit van Fort Hare en neef van Plaatje, Prof. Z.K. Matthews, was ook van Tswana-afkoms maar beslis \u2018n ondersteuner van unitarisme.\u00a0 Hy kla in sy outobiografie:<br \/>\n<em>\u201cOns leer om in twee w\u00earelde te leef\u2026\u00a0 Die een wat ons in werklikheid vir ewig wil afsweer (die stam), en die ander wat ons geen geleentheid bied om op enige ander manier te ontwikkel nie.\u00a0 Ons sal nog later besef dat dit die proses van vervreemding van ons stamverbande was.\u201d<\/em>(Z.K. Matthews, 1983, p. 217)<br \/>\nHierdie fenomeen waarna Matthews verwys geskied nie altyd onwetend nie.\u00a0 Terwyl die gevolg van integrasie in \u2018n multi- of a-etniese stedelike omgewing vanselfsprekend vervreemdend sou wees, was Matthews se stam egter besig om toenemend onder die invloed van bantoestanisering soos deur Pretoria afgedwing, te kom.\u00a0 Die Zoeloe-hoofman, Albert Luthuli, beskryf hierdie konflik wat hy ook in eie wese ervaar, nog voordat hy hoofman en daarna president van die ANC sou word:<br \/>\n<em>\u201cAfrikane is vasgevang in \u2018n ware dilemma \u2013 ons voel onsself daartoe genoop om ons lojaliteit aan ons stamhoofde te beaam terwyl ons sonder enige twyfel weet dat hulle besig is om in marionette van die Nasionaliste <\/em>(Afrikaners<em>) te verander\u201d (A. Luthuli, 1989, p. 67).<\/em><br \/>\nLuthuli wy etlike fassinerende bladsye aan sy rol as hoof van die sendingstasie Umvoti en vertel hoedat \u2018n klimaat van wedersydse hartlikheid en warmte tussen stedelike en plattelanse Afrikane geheers het in die dertigerjare.\u00a0 Om die waarheid te s\u00ea, s\u00fd persoonlike trajek bewys in hoe \u2018n mate die etniese projek van die Afrikaners aan die begin van die vyftigerjare met hul eie logika sou bots.\u00a0 Dit sou aanleiding gee daartoe dat hy uiteindelik moes afstand doen van die Zoeloe-hi\u00ebrargie en hom moes skaar by die toenemend anti-etniese ANC.\u00a0 Luthuli, anders as sy SANNC voorgangers, slaag dus nie daarin om albei passies saam te snoer nie.\u00a0 Hy maak \u2018n keuse.\u00a0 Ander weer, het kant gekies t\u00e9\u00e9n een groot nasie en v\u00edr die tuislande wat Verwoerd aangebied het.\u00a0 Dit, volgens Luthuli, was die \u201cgroot lokval\u201d (A. Luthuli, 1989, p. 178 &#8211; 184).<br \/>\nMaar ons wil dinge nie vooruitloop nie.\u00a0 Die <em>Congress<\/em> van die dertiger- en veertigerjare het destyds nie gevoel hulle moet enigsins \u2018n keuse uitoefen nie.\u00a0 Soos Francis Meli ook onderstreep, het die organisasie konfrontasie met etniese groepe vermy.\u00a0 Hulle het eerder gepolariseer wat eenheid t.o.v. die verlies van grondgebied, vryheid en die behoud van Afrikakultuur betref (F. Meli, 1988, p. 81).\u00a0 Indien \u2018n mens toegee dat \u2018kultuur\u2019 in werklikheid eintlik \u2018kulture\u2019 beteken, was di\u00e9 standpunt inderdaad \u2018n weloorwo\u00eb een:\u00a0 dis eers aan die begin van die vyftigerjare en juis kort n\u00e1 die oprigting van tuislande, dat kulturele doelwitte ten koste van die begeerte om eenheid laat vaar is.\u00a0 Ander vriende, buite die ANC, was in elk geval onophoudelik besig om verskille uit te wys.<br \/>\nNie baie martelaars sal ten aanskoue van di\u00e9 oseaan van passie, \u2018n derde weg voorstel nie. Een wat opposisie teen apartheid met die redelike erkenning van die pluraliteit van mense in Suid Afrika, in samehang aandui nie.\u00a0 Weliswaar moet hulle nie vergete bly nie.\u00a0 Lionel Forman was een onder hulle.\u00a0 As jong kommunistiese intellektueel, het hy tydens die vyftigerjare met sy skerp prosa probeer om die <em>Congress<\/em>-alliansie te be\u00efnvloed.\u00a0 Dit was d\u00e1\u00e1r waar die geagte marxiste, met die voordeel van \u2018n demokratiese <em>Congress<\/em> en ander liggame, kon militeer.\u00a0 Forman was een van die mees vrye geeste wat ooit in \u2018n Stalinistiese opset aangetref sou word en sy teoretiese geskrifte was soos \u2018n vars briesie.<br \/>\nReeds in 1928 het die Komintern aan sy Suid-Afrikaanse filiaal opdrag gegee om die slagspreuk,\u00a0 \u201c<em>\u2019n Inheemse en Onafhanklike Republiek op die pad na \u2018n Werkers- en Boererepubliek<\/em>\u201d aan te neem.\u00a0 Tussen die tameletjie van die oproep self en die vrees van militante om die dreigement van vernietigende stalinistiese suiwering\u00a0 &#8211; wat die oproep vergesel het &#8211; te trotseer, was daar maar min wat agteroor gaan sit het om die implikasies van die bewoording uit te pluis.\u00a0 In 1932 weer, herhaal die Komintern hul aanslag:<br \/>\n<em>\u201cOnmiddelikke en volle nasionale onafhanklikheid vir alle volke in Suid Afrika.\u00a0 Die reg van Zoeloes, Sothos, ens., om hul eie Republieke te vorm.\u00a0 Die reg van Afrikanasies om vry \u2018n Federasie van onafhanklike, inheemse Republieke te vorm en \u2018n regering van werkers en boere te stig.\u00a0 Beskerming vir die regte van minderhede, die werkende massas Indi\u00ebrs, Kleurlinge en Blankes\u201d<\/em> (E. Roux, 1948, p. 256 ; Van Diepen, 1988, p. 143).<br \/>\nDi\u00e9 aanwysings raak in die moeras van die Suid-Afrikaanse kommunistiese organisasie van die jare dertig verlore.<br \/>\nIn 1954, in die tydskrif <em>Advance<\/em>, neem Forman, op eie houtjie, die risiko om die aanwysings weer te gaan opdiep en die debat aan die <em>Congress<\/em>-alliansie voor te l\u00ea.\u00a0 Om mee te begin, vra hy dat die term \u201cras\u201d vervang moet word met \u201cnasionale groepe\u201d of \u201cvolke\u201d omdat di\u00e9 benamings, selfs al dui dit op verskille, na sy mening die werklikheid van Suid Afrika beter weergee (L. Forman, 1992, p. 172).\u00a0 En hy benadruk wat hy beskou as kultureel bevrydende eise, teenoor onderdrukkende rassestereotipes:<br \/>\n<em>\u201cOns Zoeloedigters moet vryheidsliedere in hul moedertaal sing \u2013 mense moet uitbars van die lag as hulle Sotho-satires oor die regering aanhoor\u2026\u00a0 Suid Afrika is nie een nasie nie.\u00a0 Dis \u2018n multi-nasionale staat bestaande uit \u2018n sekere aantal volkere\u201d<\/em> (L. Forman, 1992, p. 173-176).<br \/>\nMet sy griffel geslyp, laat Forman hom nie intimideer deur die buitensporige kritiek van Yusuf Dadoo van die <em>Indian Congress<\/em> nie \u2013 ook geaffilieer by die Alliansie \u2013 of deur lede van die ANC soos Z. K. Matthews se seun, Joseph, nie.\u00a0 Joe betreur dit dat die debat ontydig kom in die lig van die opposisie se fundamentele eenheid. Di\u00e9 sou later in elk geval die onsegbare doen en oorloop na Inkhata, om sy eer te verruil vir \u2018n pot lensiesop!\u00a0 Forman ignoreer die teenstand en voer die debat verder.\u00a0 Hy wend hom tot kameraad Stalin vir kundige ondersteuning, met aanhalings oor sy idee van nasionaliteit en \u201cnasionale groep\u201d; dus \u2018n entiteit met eie lingu\u00efstiese en historiese eienskappe wat aspireer na \u2018n sekere territoriale en ekonomiese samehang.\u00a0 Uit die volvoering van hierdie samehang word uiteindelik dan \u2018n volwaardige nasie gebore.\u00a0 Forman verwys na die identifikasie van volke in Suid Afrika en die skepping van \u2018n oop, sosialistiese en gelukkige samelewing, maar benadruk in di\u00e9 belangrike teks, die volgende:<br \/>\n<em>\u201cOm legitieme grondgebied aan mense te waarborg\u00a0 sal \u2018n paar oppervlakkige denkers, wat te veel gekondisioneer is om enige idee wat na verdeling lyk, met apartheid te assosieer, verbaas.\u00a0 Maar dis duidelik dat waarborge oor nasionale outonomie in \u2018n popul\u00eare demokrasie geheel en al niks met apartheid te doen het nie<\/em>\u201d(<em>id<\/em>., p. 188).<br \/>\nForman druk deur en organiseer \u2018n simposium in die Kaap oor die nasionale kwessie, waar hy optree saam met Masabalala Yengwa van die ANC, Archibald Jordan, \u2018n Afrika-lingu\u00efs, en Jack Simmons van die sentrale komittee van die Kommunistiese Party (SACP). Jack Simons, in sy blindheid, oorreageer oor di\u00e9 aangeleentheid, en laat geen polemiek daaroor ontwikkel nie.\u00a0 Om die waarheid te s\u00ea, hy sensureer die gesprek:<br \/>\n<em>\u201cDit sal \u2018n fout wees om onsekerheid te skep of af te wyk\u2026 en om die klem op stam-, rasse- of kulturele verskille te plaas.\u00a0 Daarom moet die klem, vir di\u00e9 wat deelneem aan die nasionale bevrydingsbeweging, so veel as moontlik op gemeenskaplike waardes en belange geplaas word\u201d <\/em>(<em>id<\/em>., p. 188).<br \/>\n\u2018n Paar jaar later ontstaan daar verskille tussen, onder andere, Stalin en Potekhin, die direkteur van die Etnografiese Instituut in Moskou.\u00a0 Toe Potekhin uitkom met die towerwoorde,\u00a0 \u201c\u2026<em>kennis van probleme verhoed foute<\/em>\u201d (id., p. 191) is Forman aangevuur om nie af te sien van die verbintenis tot sy idee nie. \u00a0Dit was trouens al wat di\u00e9 dapper denker nodig gehad het om kop eerste by die skrum in te duik.\u00a0 Hy argumenteer dat die distorsies op die nasionale kaart van Suid Afrika veroorsaak is deur kapitalisme en imperialisme wat weer aanleiding gegee het tot migrasies en hibride vorme van nasionaliteit in mynvestings en stede.\u00a0 Hy voorspel die volgende:<br \/>\n<em>\u201cEen Afrikanasie sou miskien v\u00f3\u00f3r een Suid-Afrikaanse nasie in Suid Afrika kon opstaan.\u00a0 Eweneens lyk dit moontlik dat die Zoeloe-, Sotho- en ander volke onafhanklik sal ontwikkel\u00a0 voordat hulle verdwyn in een Afrika nasie\u2026\u00a0 Met die <\/em>Congress<em> het die eerste werklike gevoel van \u2018n nasionale Afrika-eenheid ontstaan.\u00a0 Maar die afsonderlike stamme was lank reeds al as nasies beskou.\u00a0 Die woord \u2018nasie\u2019 word vryelik gebruik om elke afsonderlike Afrikastam aan te dui op dieselfde manier as wat dit na Afrikane in hul geheel verwys.\u00a0 Die gebruik van die woord \u201cnasie\u2019 is, in der waarheid, in beide gevalle verkeerd<\/em> (<em>id<\/em>., p. 192 \u2013194)<br \/>\nHiervandaan verder begin ons \u2018vriend\u2019 die pad byster raak.\u00a0 Hy gooi alle omsigtigheid van die verlede oorboord en begin pre-Afrikavolkere uitwys:\u00a0 Zoeloe, Sotho, Xhosa, Swazi, Tswana, ens., asook ander pre-pre-Afrikavolkere wat nie rekening hou met kameraad Stalin se aanwysings oor geografiese samehang nie.\u00a0 Afrikaners, Kleurlinge, Engelse, Indi\u00ebrs (wat, na gelang van die lingu\u00efstieke maatstawwe wat gebruik word, miskien in twee groepe verdeel kan word).\u00a0 Met \u2018n vrygewige gebaar, ken hy aan almal, sosialisties en vry, die reg tot selfbeskikking toe.\u00a0 Potekhin gooi olie op die vuur wanneer hy wed dat Engelse en Afrikaners as ras, en die Nguni-groepe lingu\u00efsties (Zoeloe, Xhosa en Swazi), sal saamsmelt.<br \/>\nSodoende raak die debat in algemene teorie verlore, sonder die simpatie van selfs die partykamerade.\u00a0 Forman, wat miskien sy stellinginname m.b.t. \u2018n toekomstige Suid-Afrikaanse unie van sosialistiese republieke verder sou kon verfyn, sterf voortydig in 1959 en laat die <em>Congress-<\/em>alliansie \u2018n bietjie wees wat teoretici oor die nasionale vraagstuk aanbetref.<br \/>\nIntussen is daar in die geledere van die ANC, sover dit die alledaagse praktyk aangaan, \u2018n interessante ontwikkeling waarneembaar.\u00a0 Sonder enige ophef, aanvaar die Congress van Dr. Xuma (1940 \u2013 1949) deklarasies wat die lomp, nasionalistiese skerpheid van hul voorgangers ietwat temper.\u00a0 In \u2018n dokument waarin die Atlantiese Verdrag (1943) behandel word, getiteld <em>African Demands<\/em>, word die afsonderlike bestaan, soos voorsien deur die ou SANNC-struktuur, vir die drie protektorate ge\u00ebis.\u00a0 So ook, word soewereiniteit vir Suidwes-Afrika (Namibi\u00eb) in \u2018n ander dokument ge\u00ebis.\u00a0 Die reg tot selfbeskikking van volke word dus, wat Suid Afrika betref, bekragtig, maar nie genoegsaam ge\u00ebkstrapoleer om vas te stel of dit een volk sonder etniese en rasse verskille behels, en of die volkere wat hul soewereiniteit moes uitoefen, as afsonderlik gesien is nie (Karis\/Carter II, 1987, p. 213).\u00a0 Xuma onderneem ook \u2018n ambisieuse renovasie van die organisasie en plaas die provinsies direk onder sy bestuur, terwyl besluite aanstons deur die gesentraliseerde, permanente komittee geneem sou word.\u00a0 Met die totstandkoming van die <em>ANC Youth League<\/em> (ANCYL), draai die debat rondom die punt wat Forman, dalk onskuldig, wou vermy: rasseverskille.\u00a0 Dis onnodig om hier die toetrede van jong Afrikaniste tot die ANC se <em>Congress<\/em> \u00f2f die leerstellinge wat voorgel\u00ea is deur Lembede, Mda, Sisulu, ens., te ondersoek. \u2018n Mens kan nietemin opmerk dat di\u00e9 hegte groep wat rondom Afrikanisme vorm aangeneem het <em>(\u201cAfrikanisme moet bevorder word\u2026\u00a0 Afrikane moet opstaan vir hul nasionale bevryding\u201d, id<\/em>., p. 300),\u00a0 het die oomblik toe sy program van aksie deur die ANC-bestuur aanvaar is, krake begin toon.\u00a0 Die program was ten minste ewe eksplisiet as die dokumente van die ANC se jeugliga, waarin hulle s\u00ea:\u00a0 \u201c<em>By nasionale bevryding bedoel ons bevryding van wit oorheersing en uiteindelik politieke onafhanklikheid<\/em>\u201d (<em>id<\/em>., p. 337).\u00a0 Di\u00e9 houding ten spyt, is daar verskeie persoonlikhede wat hulself op daardie oomblik tot veelrassige standpunte wend.\u00a0 Aanvanklik was die behoudende of \u201cnasionalistiese\u201d vleuel (Mda, Ngubane, Tambo) oorskadu deur die eksklusiewe groep, of \u201cAfrikaniste\u201d(Lembede, Sisulu, Mandela en later Sobukwe).\u00a0 Met die dood van Lembede in 1947 en die gesamentlike mobilisering van die <em>Indian Congress<\/em> en radikale wittes, asook die ontwikkeling van apartheid vanaf 1948, skaar die jong leeus van die <em>League<\/em> hulle by die minderheidsgroep.\u00a0 Toe Xuma in 1949 onsetel word om plek te maak vir Walter Sisulu as sekretaris-generaal van die <em>Congress<\/em>, was rasse-nasionalisme alreeds beskou as byna \u2018n jeugsonde, deur \u2018n marginale groepie vuurvreters onderhou (P. Walsh, 1987, p. 49-361).\u00a0 Dit was hierdie einste groepie, ondersteun en aangemoedig deur vurige retoriek, wat in 1959 sou wegbreek om die <em>Pan Africanist Congress<\/em> (PAC) onder leiding van Robert Sobukwe te stig.<br \/>\nAl wat nog makeer het was \u2018n verklaring van die leerstelling wat di\u00e9 nuwe veelrassige nasionalisme sou onderskryf.\u00a0 Na \u2018n paar jaar se samesprekinge was \u2018n uitgebreide dokument aanvaar:\u00a0 o.a. was daarin voorsiening gemaak vir die strewe na Swart, Wit en Grys volke.\u00a0 Dit sou bekend staan as die Vryheidshandves (<em>Freedom Charter<\/em>).\u00a0 In die voorwoord daarvan word dit as volg gestel<em>:\u00a0 \u201cSuid Afrika behoort aan almal wat dit bewoon, Swart en Wit\u201d(Karis\/Charter III, 1987<\/em>, p. 205).\u00a0 Verwarring oor die besit van die nasionale erfdeel was hoegenaamd nie moontlik nie: alle rassegroepe moes deel daarin.\u00a0 Met die aanvaarding van die beginsel van veelrassige samewerking, is die <em>Congress<\/em>-alliansie bekeer tot \u201cHandvesalliansie\u201d.\u00a0\u00a0 Om Suid Afrika in die voorwoord s\u00f3 as \u201cvolk\u201d te definieer, was duidelik \u2018n historiese mylpaal.<br \/>\n\u2018n Hoofstuk uit die Handves, het selfs gelyk asof dit moontlik Forman se teorie sou kon ondersteun; ten minste sover dit die pluralistiese ideologie van die eerste SANNC betref.\u00a0 S\u00f3 was daar van eenheid van die vaderland n\u00earens in \u2018n enkele paragraaf melding gemaak nie; daar was n\u00earens eens sprake van \u2018n model vir \u2018n toekomstige nie-etniese of sentralistiese staat nie.\u00a0 Met die sin:\u00a0 \u201c<em>Alle nasionale groepe sal dieselfde regte h\u00ea<\/em>\u201d word aangekondig dat:<br \/>\n\u201c<em>Alle nasionale en rassegroepe sal gelyke status h\u00ea in die Staatsdiens, voor die Reg en in die skole.\u00a0 Alle nasionale groepe sal beskerm word deur die Wet in hul behoud van nasionale trots en teen rassediskriminasie; almal sal \u2018n gelyke reg h\u00ea om hul eie taal te gebruik, hul eie popul\u00eare kultuur te ontwikkel asook hul eie gebruike<\/em>\u201d (Karis\/Charter III, 1987, p. 205).<br \/>\nB\u00f3 en behalwe die gebruiklike verwarring tussen ras en nasionale groep, sou \u2018n na\u00efewe waarnemer kon sweer dat die <em>Congress<\/em>-alliansie \u2018n \u201cnasie van nasies\u201d-projek probeer aanwakker.\u00a0 Nie heeltemal nie.\u00a0 Die Vryheidshandves het waarskynlik in di\u00e9 paragraaf die swanesang van \u2018n idee wat sy loop in ANC en medewerkerkringe geneem het, weergegee.\u00a0 Een wat deur die bantoestanisering van Verwoerd, radikaal en binne \u2018n baie kort tydjie, uitgewis sou word.\u00a0 Die redakteurs van die Handves was \u2018n ou generasie manne wat, soos Z.K. Matthews of Luthuli, hulself tussen twee w\u00earelde bevind het: \u2018n stedelike, kultureel-hibriede een en \u2018n plattelanse een gekenmerk deur etnisiteit en wat hulle, met nostalgie, aan hul gelukkige kinderdae herinner het.\u00a0 Wat die wit marxiste, wat aan die redigeringsproses deelgeneem het, betref, het hulle sopas ontdek hoeveel verdeling en ophitsing in die uitdrukking \u201c<em>nasionale groepe<\/em>\u201d opgesluit l\u00ea.\u00a0 Gou het hulle besef\u00a0 dat dit \u2018n <em>faux pas<\/em> was.<\/p>\n<h3><span class=\"ez-toc-section\" id=\"Die_Morogoro-sindroom\"><\/span>Die Morogoro-sindroom<span class=\"ez-toc-section-end\"><\/span><\/h3>\n<p>Toe Hendrik Verwoerd in 1950 aangestel word as minister van Naturellesake, het hy dadelik begin om sy tesis van afsonderlike ontwikkeling of apartheid, toe te pas. Vir hom was Suid-Afrika \u2018n wit land en daarom moes ander rassegroepe \u00f2f terugkeer na hul onderskeie bantoetuistes (tuislande) \u00f2f beskou word as tydlike immigrante in wit gebiede. Wetgewing wat in di\u00e9 verband geneem is, het wette oor mobiliteit (1950 en latere wysigings in 1952), die Groepsgebiedewet (1950 en latere wysigings) en die Wet op Bantoe-owerhede (1951) behels. Die uiteindelike formulering daarvan het gekom met die afkondiging van die Wet op Bevordering van Bantoeselfbestuur (1959 en latere wysigings).<br \/>\nIn hierdie verband moes die verslag, wat die regering aangevra het van die Tomlinsonkommissie, die objektiewe feite vir die vatbaarheid van territoriale segregasie inventariseer. Die gevolgtrekkings van die verslag wat in 1954 voorgel\u00ea is, ondersteun wat tot dusver niks minder as \u2018n sinist\u00eare teoretiese oefening van Verwoerd en sy volgelinge was nie. Di\u00e9 werkstuk beveel die skepping van tien nuwe bantoestate wat die bestaande reservate as grondslag moes gebruik, aan. Dit moes gevolg word deur \u2018n massiewe oordrag van investering en eienaarskap vir die territoriale konsolidasie daarvan. Die resultaat van s\u00f3 \u2018n ambisieuse operasie sou die swart bevolking dan in staat stel om opgeneem te word daarin deur ekonomiese ontwikkelende maatre\u00ebls wat sou lei tot onafhanklikheid en emansipasie van die tuislande (Sachs, 1961), p.57).<br \/>\nDie regering was vinnig om net sekere voorstelle van die verslag te implementeer, terwyl die duurder voorstelle vir eers op die agtergrond geskuif is. As daar ooit enige twyfel daaroor bestaan het, was die perverse aard van apartheid as instrument vir wit oorheersing nou duidelik onderstreep, in teenstelling met werklike apartheid of retoriek wat gelyke afsonderlike ontwikkeling voorgestaan het (R. Malan, 1990, p. 31).<br \/>\nNasionalistiese Afrikane was traag om hierop te reageer en om helder en besliste teenspraak te lewer. ANC-aktiviste het reeds van die begin af die beginsel en die absurditeit van afgele\u00eb tuislande gekritiseer \u2013 Plaatje het, van meet af aan, hom daarteen verset in sy onafgebroke pleidooie t\u00e9\u00e9n wette oor eiendomsreg (S. Plaatje, 1916, p. 257-260). Teenstand teen die filosofie wat grondgebied afbaken, was niks nuuts nie. Maar daar was nogtans redelike twyfel, tot en met die wetsverklaring van 1959, of die waansin van Verwoerd wel eendag gestalte sou kry.<br \/>\nMet die besef dat die proses van bantoestanisering onomkeerbaar geraak het, het di\u00e9 wat t\u00e9\u00e9n Pretoria se \u2018lokval\u2019 gekant was, hul stemme laat hoor. Een van die stemme, terwyl \u2018n mens van die ANC praat, wat darem uitgesonder moet word, is di\u00e9 van Nelson Mandela:<br \/>\n<em>&#8220;Die tuislande probeer nie gestalte gee aan die aspirasies van die Afrikavolk nie: dit is instrumente van onderwerping. Onder die voorwendsel van outonomie, word dit [die hele land] verdeel in stameenhede wat vooruitgang en ontwikkeling tot nasionale status in die volle sin van die woord, vertraag&#8221;<\/em> (Lib\u00e9ration, 1959, p. 67 in : S. Johns et R. H. Davis, 1991).<br \/>\nAanvanlik was Mandela veral bekommerd oor die moontlikheid dat die tuislande Afrikane se kapitaal kon toe-eien en ook oor die tendens na eksklusiwiteit en etnisiteit wat alomteenwoordig was \u2013 in die Suidafrikaanse samelewing sowel as binne die <em>Congress<\/em> self, selfs al was dit aan die afneem. Herinneringe aan sy jeug in Transkei was nog vars in sy geheue en hy het sonder twyfel ook dieselfde kontradiksies as Z.K. Matthews en Luthuli ervaar. Sy bande met die Xhosa-aristokrasie en sy spontane trou aan die verlede moes uiteraard aan hom \u2018n kritiese register verleen. \u2018n Paar jaar later, in die gevangenis, erken hy dat di\u00e9 konflik by hom bestaan in \u2018n brief aan sy biograaf, Fatima Meer. Hy beaam dat daar in sy eie gemoed twee Transkeie bestaan: die een wat onskuldig en oop is en hom herinner aan sy kinderdae en sy voorgangers, en die ander:<br \/>\n&#8220;\u2026<em>die politieke entiteit wat in die middel van die vyftigerjare die lig sien en wat die laagste soort polemiek laat opvlam het, sodat dit vriende, families en bewonderaars in teenstanders verander het, selfs in geswore vyande<\/em>. Van sy neef, die president van Transkei, Kaiser Matanzima, s\u00ea hy: &#8220;<em>Ons voel nog steeds baie n\u00e1 aanmekaar, maar iets in my het gebreek toe hy na die Afrikanernasionaliste oorgeloop het<\/em>&#8221; (F. Meer, 1990, p. XV).<br \/>\nDie burgeroorlog in Transkei wat grotendeels deur bantoestanisering veroorsaak is, het Mandela \u2013 en sy vrou Winnie \u2013 persoonlik geraak, want hul naastes was daarby betrokke (F. Meer, 1990, p. 152). Hierdie kontradiksie word uiteindelik opgelos, soos in byna elke geval binne die ANC, deur die satanisering van selfbeskikking soos Verwoerd dit voorstaan. Govan Mbeki beleef dit op eenderse wyse.<br \/>\nDie houding van laasgenoemde is van besondere belang. Van jongs af lid van die ANC en later van die SAKP, word hy later sekretaris van die Swart Kiesersvereeniging van die Transkei, en was hy ook vir vier jaar lank lid van die <em>Bunga<\/em> of stamraad. N\u00e1 sy skuldigbevinding by die Rivonia-verhoor, sou hy tydens sy gevangeneskap \u2018n boek, <em>The Peasants\u2019 Revolt,<\/em> skryf wat uiteindelik di\u00e9 verwysing sou word onder die Xhosa-leierskap van die ANC. In sy oeuvre, gee Mbeki weer wat \u2018n mens as die amptelike standpunt van die beweging oor die Transkei, sy burgerlike konflik en bantoestanisering in die algemeen, kan beskou:<br \/>\n&#8220;<em>Die Transkei is Dr. Verwoerd se antwoord op internasionale kritiek teen apartheid\u2026 Die Transkei is die venster op Suid Afrika\u2026 As apartheid nie d\u00e1\u00e1r werk nie, sal dit n\u00earens werk nie. Dit is\u2026 \u2018n wal om die vloed van Afrika-nasionalisme te keer in Suid Afrika. Die hele politiek van tuislande berus daarop dat wit oorheersing nie kan slaag om Afrika-nasionalisme te stuit indien hierdie nasionalisme nie deur sekere kanale beheer word nie. Die struktuur van apartheid, wat versigtig weggesteek word, bly swak en wankelrig. Ekonomiese werklikhede ontsier egter die drome van tuislande en, in plaas daarvan dat dit \u2018n nasionale oplossing bied vir die probleme van vandag en more, is die tuislandprojek \u2018n terugkeer na die Suidafrikaanse verlede<\/em>&#8221; (G. Mbeki, 1964, p. 15 \u2013 22).<br \/>\nMbeki belig die uiters belangrike verskil tussen die Transkei v\u00f3\u00f3r en n\u00e1 apartheid. Eersgenoemde was nou wel die resultaat van volwaardige segregasie en die belofte van privaatbesit in \u2018n reservaat vir Afrikane wat hul reg daartoe in wit gebiede verbeur het, maar hulle het nie alle regte van Suidafrikaanse burgerskap as tuislandinwoners verbeur nie. Die soewereine model wat vir die hele Unie gegeld het, is ook nie aangetas nie. Die <em>Bunga<\/em>-verkiesings was nie as alternatiewe verkiesings vir di\u00e9 in Suid Afrika voorgehou nie \u2013 vir die enkele paar kiesers in die Transkei wat stemreg gehad het. N\u00e1 die wet van 1959 en sy latere wysigings, was die neiging van Pretoria egter om die regte en voorregte van wit Suid Afrika van die tuisland en sy burgers te weerhou.<br \/>\n\u2018n Ander kritiek soos deur Mbeki verwoord, weliswaar meer bykomstig as konseptueel, beklemtoon nogtans die feit dat die uitgebreide aanwysings van die Tomlinsonverslag nie deurgevoer is nie. Die fiasko van die tuislande word rugbaar toe die demografies reeds-versadigde grondgebiede voorgehou word as teenvoeters vir die migrasie-tendens sonder dat daar intussen enige landbou-ontwikkeling plaasvind \u00f2f die skepping van\u2018n plaaslike middelklas aangemoedig word. Volgens Mbeki, was die vlak van investering aan die begin van die sestigerjare minder as die helfte van wat die Tomlinsonverslag aanbeveel het as absolute minimum nodig om aangewese doelwitte te bereik (G. Mbeki, 1964, p. 94).<br \/>\nIn 1970, met die Wet op Bantoeburgerregte, word die opheffing van dubbele burgerskap uiteindelik aangekondig en met onafhanklikheidswording van tuislande sou dit outomaties van krag word. Die Eerste Minister, Verwoerd, het sy huiwering uitgespreek oor die verbrokkeling van sy nuwe Republiek (in 1961 uitgeroep, n\u00e1 uittrede uit die Commonwealth). Sommige ANC-aktiviste, gevangenes of uitgewekenes, het die raaiselagtige sluipmoord op die Eerste Minister in 1966, beskou as die resultaat van binnegevegte. Vir hulle was dit die werk van sekere groeperinge in die regerende party self wat Verwoerd se teenkanting wou oorkom en wat bantoestanisering nougeset wou toepas (M. Dingake, 1987, p. 197).<br \/>\nDie eerste onafhanklikheidswording, di\u00e9 van die Transkei, sou nie v\u00f3\u00f3r 1976 geoktrooieer word nie. Dit was egter lank reeds duidelik dat nie God \u00f2f Dr.Verwoerd \u2018n konsessie met \u2018n perk van aanvanklik-net-\u2018n-bietjie outonomie sou kon instel nie. Die bal, van die hoogste krans van apartheid af, was aan die rol en was besig om momentum op te tel. In ANC-geledere, veral in die buitelandse missie, was die antwoord daarop weereens die gewone afkeur aan die \u2018piesangrepublieke\u2019 in \u2018n poging om dit te diskrediteer, binne sowel as buite Suid-Afrika. Die veldtog was \u2018n sukses, want die internasionale gemeenskap wou geeneen van die \u2018onafhanklike state\u2019 erken nie.<br \/>\nBinne die <em>Congress<\/em> was kategoriese verwerping die mees algemene reaksie:<br \/>\n&#8220;<em>Tuislande is \u2018n verbygaande verskynsel, \u2018n nagmerrie op die pad na vryheid waaraan ons mense nog sal terugdink. Een ding is egter seker: Afrikane sal nooit Bantoe-owerhede aanvaar as alternatief vir vryheid en demokrasie in Suid-Afrika nie<\/em>.&#8221;<br \/>\nS\u00f3 praat Masabalala Yengwa, wat skaars vyftien jaar terug nog met Lionel Forman wou gesels oor die belangrikheid van nasies in Suid-Afrika (A. La Guma, 1972, p. 19).<br \/>\nTesame met al di\u00e9 verdoemende uitlatings, was die mees gesiene intellektuele in die Handvesalliansie aan die werk om \u2018n gesofistikeerde en komplekse korpus van teorie\u00eb te probeer ontwikkel sodat die historiese moment waarin die \u2018nasie\u2019 sig bevind het, beskryf kon word en hulle raad kon bedink wat al sy kwale sou genees. Die towerstaf verskyn in die hand van Joe Slovo en ander invloedryke kommuniste met die dokument getiteld <em>Strategie en Taktiek<\/em>, by die Morogoro-konferensie (1969).<br \/>\nMet verwysing na die Vryheidshandves, maak di\u00e9 nuwe dokument vir die eerste maal die deur oop vir militantisme binne die ANC \u2013 vir die oomblik uitgeweke \u2013 wat alle rassegroepe sou betrek. Aanvanklik het dit eers op die agtergrond gebly. Die eens nasionale, veelrassige doktrine sou egter laat vaar word om, in 1983, vervang te word deur \u2018n nie-rassige begrip wat uitgebrei sou word na die bestuur en ondergrondse militante in die ANC se binnelandse vleuel. <em>Strategie en Taktiek<\/em> het die Suidafrikaanse situasie as \u2018n &#8220;spesiale soort kolonialisme&#8221; beskryf omdat veronderstel is dat imperialiste en gekoloniseerdes besig was om dieselfde grondgebied te betwis. Die ANC sou daarom die stryd t\u00e9\u00e9n kolonialisme namens die onderdrukte klasse moes voer \u2013 wat hoofsaaklik swart was, met die uitsondering van enkele \u2018albino\u2019 rebelle \u2013 om \u00e9\u00e9n nasie te bou, saamgesnoer in \u2018n samelewing sonder klasseverskille en waar rasse-, etniese-, geslags-, ens. diskriminasie nie teenwoordig was nie.<br \/>\nSlovo het homself onderskei as \u2018n meedo\u00ebnlose stryder op vele gebiede en veral wat die uitbreiding en verspreiding van die Morogoro-tesis betref. Hy benadruk daar \u2018n spesifieke soort kolonialisme in Suid Afrika bestaan waar klein afhanklike entiteite regeer word deur plaaslike oligargie\u00eb \u2013 die tuislande \u2013 op dieselfde wyse as wat daar vanuit koloniale metropole voortgegaan word om hul eertydse besittings te plunder (B. Davidson, J. Slovo en A.R. Wilkinson, 1976, p. 144).<br \/>\nSlovo se tydbom gaan in 1988 af met die verskyning van \u2018n versameling o.l.v. Maria Van Diepen, getiteld <em>Die Nasionale Vraagstuk in Suid Afrika<\/em>. Daarin ondersoek en verbreed \u2018n groep intellektuele n\u00e1 aan die ANC die stellings in <em>Strategie en Taktiek<\/em> in al sy nuanses. Slovo self, bring ook sy deel in die vorm van \u2018n artikel waarin \u2018n sleutelvraag beantwoord word: &#8220;<em>Is ons reeds \u2018n nasie of vir die oomblik nog net \u2018n nasie-in-wording?<\/em>&#8221; Daarin weerl\u00ea hy die stalinistiese stelling oor nasionaliteite en die teorie\u00eb van Forman. Volgens hom laat Forman die debat byna struikel deurdat hy dit te naby aan etniese separatisme waag en beklemtoon Slovo dat etniese en streeksvraagstukke oor regte gereeld die anti-koloniale stryd om ware nasionale selfbeskikking ondermyn i.p.v. ondersteun. Hy kondig aan:<br \/>\n&#8220;<em>Suid Afrika is nie \u2018n veelrassige land nie: dis \u2018n nasie-in-wording\u2026 Ons weet baie goed wat \u2018veelvolkery\u2019 beteken. Dis \u2018n uitgeslape manier om nasionale heerskappy te behou\u2026 Ons kan geen uitgebreide of berekende voorstelle aanvaar wat \u2018n \u2018veelvolkige\u2019 raamwerk in stand hou en wat \u2018n verbrokkelde nasionale identiteit en daarmee saam wit rassisme, beskerm nie<\/em>&#8221; M. Van Diepen, 1988, p. 148).<br \/>\nIn dieselfde trant verontagsaam die outeur die toegewyde aanbevelings van kameraad Starushenko, lid van die Sowjet Akademie vir Wetenskap, wanneer dit oor minderheidsregte in die toekomstige Suid Afrika gaan:<br \/>\n&#8220;<em>In die Sowjet Unie, is die erkenning van veelvolkery die basis vir bevryding en nasionale selfbeskikking\u2026 In ons geval is veelvolkery die by uitstek die rassistiese manier om nasionale dominansie te verseker<\/em>&#8221; (<em>id<\/em>., p. 150)<br \/>\nDie versameling in sy geheel verleen \u2018n interessante nuanse aan die sentralistiese gedagte wat Slovo verdedig. M. Van Diepen dring byvoorbeeld daarop aan dat wit nasionalisme \u2018n bedekte vorm van dominansie is, terwyl ware, bevrydende en nie-rassige nasionalisme in \u2018n swart nasie vervat is \u2013 wat ook staatmaak op sekere minderhede (<em>id<\/em>., p. 10). William Pomeroy gaan aanvanklik van dieselfde standpunt uit, maar verloor sy draad deurdat hy \u2018n model soortgelyk aan di\u00e9 van die Sowjet Unie wil voorstel om die etniese doolhof, uit kolonialisme oorge\u00ebrf, die hoof te bied. In sy gevolgtrekking egter, vind hy sy spoor terug en wys daarop dat \u2018n enkele internasionalistiese en oop mag \u2013 soos byvoorbeeld die ANC \u2013 oor die kapasiteit van integrasie beskik om di\u00e9 taak baas te raak (<em>id<\/em>., p. 14 \u2013 29).<br \/>\nMzala, \u2018n suiwer Zoeloe en die ANC se skerpste assegaai teen Buthelezi, meen dat kapitalisme in Suid Afrika \u2018n samehang meebring vanwe\u00eb \u2018n gemeenskaplike mark wat verskille tussen Afrikane laat vervaag. In di\u00e9 verband is die mees effektiewe verweer teen die volkse, wit onderdrukking \u2018n nasionalistiese solidariteit van die onderdruktes. Die werkersklas, kwansuis bevry van enige etniese bande, vorm sodoende die avant-garde van \u2018n rewolusie wat sal lei na \u2018n nuwe sosialistiese volk en wat \u2013 volgens hom \u2013 volke wat alreeds nie eintlik meer afsonderlik is nie, sal saambind. Dit raak nog meer ongemaklik wanneer die skrywer, sonder skroom, sy tesis belig met voorbeelde van samesmelting uit ander ervarings in die geskiedenis: <em>&#8220;Die Italiaanse volk is tog gevorm deur die Romeine, Teutone, Etruskers, Grieke, Arabiere, ens.<\/em>&#8221; (id., p. 39 \u2013 55)<br \/>\nHarold Wolpe vergelyk nasionale bevryding met vordering na sosialisme (<em>id<\/em>., 64), en Francis Meli benadruk weer dat daar sonder die nasionale bevryding van swart mense, nie sosialisme in Suid Afrika moontlik is nie (<em>id<\/em>., p. 72). Kader Asmal gebruik Resolusie 566 van die VN i.v.m. die herstel van die reg tot algehele selfbeskikking om aan te toon dat hier, volgens hom, \u2018n flagrante geval van wederregtelike betreding van nasionale soewereiniteit is. Selfs al behels die opeis van burgerregte \u2018n spesiale kategorie \u2013 soos in die geval van die Vereenigde State \u2013 stel die spesifieke soort kolonialisme waaraan Suidafrikaners blootgestel word, hulle in staat om restitusie van rykdom, grond, kultuur, eer\u2026. kortom, volle nasionale soewereiniteit, te eis (<em>id<\/em>., p. 135).<br \/>\nLaastens voel Pallo Jordan dat \u2018n nasie sigself nie in klaargemaakte begrippe, afkomstig uit sekere universiteitkringe, herken nie, maar dat dit \u2018n produk van wil en ondersteuning van \u2018n gesamentlike projek is waarin nie ras \u00f2f kleur \u2018n rol speel nie. Die enigste ware rassiste is dan di\u00e9 wat hulself uitsluit uit iets wat amper lyk na Asmal se Jakobynse idee van soewereiniteit. Net vir ingeval daar nog hoegenaamd enige twyfel bestaan oor wie soewereiniteit mag opeis, word daar na die nasionale groepe wat in die Vryheidshandves genoem word, verwys: &#8220;\u2026 <em>kulturele diversiteit van die Suidafrikaanse bevolking word erken, maar sonder dat di\u00e9 idee kategoriese immobiliteit beteken<\/em>.&#8221; Hy sluit af met die volgende oorweging: &#8220;<em>Afrika verwerp met rede die idee van afstigting<\/em>&#8221; (<em>id<\/em>., p. 118).<br \/>\nOns veronderstel dat wanneer Jordan van Afrika praat, hy na die OAE en sy konstitusionele beleid t.o.v. respek vir grense wat uit die koloniale tydperk oorge\u00ebrf is, verwys. ANC-intellektuele het, in elk geval sedert 1912, of selfs sedert die viering van die Handvesalliansie in 1955, \u2018n ver pad gekom. Gedurende die sewentiger- en veral tagtigerjare, het die Morogoro-sindroom egter die universiteitstoneel oorheers, ver verby die bakens van handves-militantisme.<br \/>\nDit wil voorkom asof daar in die Suid-Afrikaanse opposisie tendense was wat in sekere gevalle skynbaar nie sentralisties genoeg was nie, veral n\u00e1 die ANC, post-Morogoro en sy postulate. Robert Sobukwe se biograaf, Pogrund, dring daarop aan dat sy man nog altyd die opkoms van \u2018n sterk nasionale bewussyn waarin swartes saamgesnoer word, aangemoedig het ter ondersteuning van \u2018n strydvaardige afrikanisme. Dis seker moontlik dat die nasie-gedagte van die PAC van die begin af meer monochroom as di\u00e9 van die ANC was, veral omdat hulle op rassegronde daartoe geneig was om, in die praktyk, Indi\u00ebr, Kleurling, en in die besonder wit minderhede uit te sluit (P. Pogrund, 1990, p.66).<br \/>\nDie bruin intellektueel en simpatiekgesinde van \u2018n klein groepie Trotskiste in die Eenheidsbeweging, die onvermoeibare Neville Alexander, neem die ANC onder skoot daaroor. Hy stel drie oplossings vir die nasionale vraagstuk voor:<\/p>\n<ul>\n<li>Die verdeling van grondgebied tussen wit en swart in minstens twee state, soos met apartheid:<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;<em>Die sogenaamde nasies wat voorgee dat hulle Xhosas, Zoeloes, Tswanas, Kleurlinge, Indi\u00ebrs, ens. verteenwoordig, bestaan nie en geen teorie sal hulle ook verwerklik nie\u2026 Die enigste manier vir di\u00e9 wat voorgee om nasies te wees, om enige soort legitimiteit, soos in Pakistan\/Israel, op te eis, is om soos in di\u00e9 state as teen-rewolusion\u00eare sentra \u00f2f as verdeling teenoor gekoloniseerdes van die w\u00eareld te staan<\/em>&#8221; (N. Sizwe, 1979, p. 180).<\/p>\n<ul>\n<li>Die skepping van \u2018n veelrassige of multi-etniese staat soos deur die ANC en Handvesalliansie uiteengesit aan die einde van die sestigerjare. Volgens Alexander kan s\u00f3 \u2018n model net bestaan indien die swart bourgeoisie sterk genoeg is om met ander nasionale bourgeoisie\u00eb saam te werk om die rasse- en klasseonderdrukking in die sisteem te bowe te kom. Hoe dit nou ookal sy, vestig die skrywer nogtans ons aandag op die bestaande verskille tussen &#8220;nasionalistiese bevryding&#8221; en wat hy as ware nasionale bevryding sien.<\/li>\n<li>Dit bring ons by die derde model: die skepping van \u2018n opregte, vereenigde en sosialistiese nasie, \u2018n soewereine Azani\u00eb, waar:<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;<em>die werkersklas eersdaags die bestuurdersklas sal word en waaruit die Suidafrikaanse nasie gevorm sal word\u2026 Selfs die volk verwerp die geldigheid van die Nasionale Party e.a. se idees van veelrassigheid en multi-etnisiteit omdat dit verdelend is. Hulle [die volk] s\u00ea uitdruklik dat dit wat \u2018etniese groepe\u2019 genoem word in der waarheid kleur kastes is \u00f2f lingu\u00efstiese, godsdienstige of adminitratiewe groepe, en niks meer nie<\/em>&#8221; (id., p. 180).<br \/>\nOm die polemiek mee af te sluit, beloon Alexander die Eenheidsbewegings van die PAC en AZAPO met \u2018n gloeiende lofrede omdat hulle die derde model ondersteun en daarmee \u2018balkanisering\u2019 van die land vermy. Hy teken egter sterk beswaar teen die Sowjet teoretici, in die SAKP en <em>Congress<\/em>, aan (Potekhin veral). Eerstens omdat hulle eintlik die idee van stam ondersteun en verder omdat hulle n\u00e1 afloop van Morogoro \u2013 met sy spesifieke soort kolonialisme \u2013 \u2018n dualistiese model wat aan segregasie herinner, voorstaan.<br \/>\nVir Joe Slovo wat op Alexander se verwoede aanval reageer, is:<br \/>\n&#8220;<em>Kolonialisme van \u2018n spesifieke soort is [nie] \u2018n postulaat vir die bestaan van twee afsonderlike nasies \u2013 wit en swart \u2013 [nie]. Die heersersklas in sy geheel is nie uitsluitlik blank nie [hoewel dit natuurlik is \u2018n indo-europese soort een is]\u2026 Anti-wit chauvinisme sal ook nie in \u2018n beter lig gestel word as dit \u2018n idee is wat op \u2018n mite berus nie. Die rewolusion\u00eare klasse sal vinniger vordering maak in die stryd vir \u2018n enkele nasionale toestand as hulle besef dat ons nog nie \u2018n nasie is nie, maar moet veg sodat dit \u2018n werklikheid kan word<\/em>&#8221; (M. Van Diepen, 1988, p. 150).<br \/>\nDit is in di\u00e9 terme dat die debat die tagtigerjare binne bars en \u2018n kompetisie ontketen waarvan die oogmerk is om te sien met hoeveel oorgawe enige denker of groepering die eenheidsgedagte kan laat se\u00ebvier. Onder die invloed van die psigologiese en kuturele afrikanisme van &#8220;Swart Bewussyn&#8221;, was die mode om \u2018n energieke patriotisme op swart trots te fundeer wat dan monolities en uitdagend Pretoria se &#8220;balkanisering&#8221; die hoof moes bied. (Ten spyte daarvan dat sy stigter, Steve Biko, vermoor is, het sy intellektuele en politieke nalatenskap deels bly voortleef onder AZAPO se vaandel.)<br \/>\nBoodskappers stel hulle ten doel om die gedagte op absoluut enige moontlike manier oor te dra, soos in die geval van Can Themba, \u2018n <em>Drum<\/em>-generasie skrywer en joernalis:<br \/>\n&#8220;<em>As gevolg van die ANC se pogings, asook industri\u00eble en demografiese veranderinge in die land, en die tendens in wit politiek om te veel op kleur aan te dring, voel Afrikane\u2026 asof hulle \u2018n nasie vorm \u2013 ten spyte van wat die gidse van die Inligtingskantoor van die Regering s\u00ea<\/em>&#8221; (C. Themba, 1972, p. 115).<br \/>\nMichael Attwell, politoloog, beaam dit: &#8220;<em>\u2019n Gevoel van nasionale identiteit het hier en daar posgevat, maar nogtans posgevat<\/em>&#8221; (M. Atwell, 1986, p. 171). Desmond Tutu, kerklike en politieke aktivis voeg daarby dat:<br \/>\n&#8220;<em>In Soweto [het] ons nog altyd in harmonie saam[ge]leef. Ek is Xhosa en my bure is Zoeloes, Swazis, Pedis, Tswanas. As ons baklei is dit omdat ons jaloers is op iemand anders se nuwe klere. Ons het nog nooit in Soweto oor stamverskille slaags geraak nie<\/em>&#8221; (C.E. Cobb, 1993, p. 69).<br \/>\nDis miskien waar, maar dit begin verdag lyk om s\u00f3 daarop aan te dring. En dis ook nie b\u00f3 verdenking dat die etniese vraagstuk \u2013 of dan stamvraagstuk \u2013 gedurende die sestigerjare geheel en al \u2018n taboe-onderwerp raak nie. Die siniese afleiding wat \u2018n mens daaruit kan maak is dat die meeste groeperinge in die opposisie en ook in die Handvesalliansie se retoriek na een ding lyk en die naakte waarheid \u2018n hele ander storie is. Selfs nie eers die amptelike weergawe is heeltmal verwaterdig nie en \u2018n mens word deeglik bewus van die mate waartoe etniese konflik \u2018n aansienlike rol in die gang van die <em>Congress<\/em> gespeel het, asook in sy verhoudings met ander organisasies.<br \/>\nIn di\u00e9 verband is byna alle getuienis by wyse van mondelinge verklarings gedoen en kan daarom nie gekontroleer word nie. Boonop is sulke verklarings dikwels onbetroubaar en lok dit talle voorbehoude uit. \u2018n ANC-spesialis het, sonder om in enige d\u00e9tail daarop in te gaan, egter aan ons bevestig dat daar sonder twyfel vyf kommissies van ondersoek aangaande etniese konflik binne die beweging was tydens sy ballingskap. Hy maak ons ook daarop attent dat die Nguni-element sedert die sestigerjare in die bestuur oorheers (Xhosa om presies te wees; dit sluit Mandela, Sisulu, Tambo, Mbeki en Nzo in), terwyl die PAC meerendeels \u2018n Sotho-element, of die Noorde, verteenwoordig (Sobukwe, Leballo, Madzunya). In sy analise doen hy aan die hand dat dit vanwe\u00eb die feit dat stamme in die Noorde, veral in Transvaal, histories gesproke uitgelewer aan die Boere was, terwyl die Nguni-groepe in die Suide weer meer geredelik die Britse liberale tradisie aan die Kaap aanvaar het en dus daarom \u2018n oper houding t.o.v. rasseprobleme gehad het.<br \/>\nTom Lodge, wat eweneens op mondelinge getuienis staatmaak, onderskryf grootliks die bogenoemde hipotese en voeg by dat soos met die voorvalle tussen Sotho-mynwerkers en gematigdes in Transvaa.l, die PAC etniese mobilisering tot sy voordeel gebruik. Volgens hom, l\u00e9\u00e9f ondersteuners op grondvlak hul identiteit uit, terwyl die bestuur van die <em>Congress<\/em> enige etniese etiket afwys. Hierdie verskynsel kom spesifiek tydens die onrus tussen die Transkei en Sekhukhuneland aan die einde van die vyftigerjare na vore.<br \/>\nDie botsing tussen identiteite, soos ons later gesien het, neem \u2018n ernstige wending in Natal met die belangestryd tussen Inkatha en groepe wat die ANC goedgesind is. Die aantygings teen Buthlezi dat hy Zoeloe-trots gemanipuleer het, is welbekend. Minder van \u2018n ophef is egter gemaak oor Zoeloe-hoofde se skeltaal teen die Xhosa-hegemonie en hul Pondo neefs binne die <em>Congress<\/em>, wat dit natuurlik nie van mindere belang maak nie (G. Mare, 1992).<br \/>\nStephen Ellis beklemtoon in <em>Comrades against apartheid<\/em> die etniese wrywing in die <em>Congress<\/em>-alliansie. Hy is van die min outeurs wat wel sonder meer daarna verwys, al is dit vlugtig. S\u00f3 spoor hy die gevalle van onmin tussen die Tswanas en Xhosas in die ANC n\u00e1, wat aanleiding gegee het daartoe dat eersgenoemde \u2018n minderheid teenoor die ander groep in die belangrikste liggame van besluitneming gevorm het (S Ellis en T. Sechaba, 1992, p. 177 \u2013 178). Hy bring kritiek teen Tambo omdat di\u00e9 Xhosas voortrek (id., p. 41-42) asook teen die konfrontasies in die SAKP, waar die sekretaris-generaal, Moses Mabhida, van Zoeloe-oorsprong, met moeite \u2018n onmoontlike etniese balans probeer handhaaf.<br \/>\n<em>Uit die Frans vertaal deur Karin Bredenkamp<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afred Bosch, Centre d\u2019estudis africans, Universiteit van Barcelona \u201cThe people, the real people, do not support Inkatha.\u00a0 They are with the ANC.\u201d (Teni, Soweto-aktivis 1993) Die African National Congress (ANC) beskou en definieer sigself as die grootste nasionale bevrydingsbeweging in Suid Afrika. \u00a0Hierdie strewe word reeds in sy naam verwoord.\u00a0 Wat die leerstellinge betref, stel &hellip; <a href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/12\/21\/die-anc-en-die-konsep-van-nasie\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die ANC en die konsep van Nasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[2],"tags":[195,221,373,374],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54"}],"collection":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54"}],"version-history":[{"count":0,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}