Ras en Afrikaneretnisiteit: ʼn Kwantitatiewe ondersoek na huidige opvattinge

Dr. Burgert Senekal, Universiteit van die Vrystaat.

Abstract

A lot has been written about whether the Afrikaner is white or of mixed origins. The current study uses big-data methods to investigate what the dominant idea currently is: is the Afrikaner considered to be white? For this all tweets over a period of five months were collected in which the word “afrikaner” occurs, relevant tweets are identified and accessed. By considering the 23 832 tweets published by 14 119 users, it is indicated that more than 99% of users that mentioned race, also mentioned that Afrikaners were white. In addition, it is indicated that more than 41% of users considered race a facet of the Afrikaner’s ethnicity, allowing us to conclude that race is seen as an important component of being an Afrikaner. Suggestions for further research are also made.

Keywords: Afrikaner, Twitter, race, ethnicity, apartheid

Opsomming

Daar is reeds baie geskryf oor of die Afrikaner wit is of ʼn gemengde herkoms het. Die huidige studie gebruik grootdatametodes om ondersoek in te stel na wat die heersende opvatting tans is: word die Afrikaner as wit geag? Hiervoor word alle twiets vanaf Twitter oor ʼn tydperk van vyf maande versamel waarin die woord “afrikaner” voorkom, relevante twiets word geïdentifiseer en word onttrek. Met inagneming van 23 832 twiets wat deur 14 119 gebruikers geplaas is, word aangetoon dat meer as 99% van gebruikers wat ras noem, ook noem dat hulle die Afrikaner as wit ag. Boonop word aangedui dat meer as 41% van die gebruikers ras as ʼn faset van die Afrikaner se etnisiteit noem, wat aandui dat ras gesien word as ʼn belangrike komponent van Afrikanerwees. Voorstelle vir verdere navorsing word ook gemaak.

Kernwoorde: Afrikaner, Twitter, ras, etnisiteit, apartheid

Ensovoort, jaargang 40 (2019), nommer 8: 1

Ras en Afrikaneretnisiteit: ʼn Kwantitatiewe ondersoek na huidige opvattinge

Inhoud

1. Inleiding

2. ʼn Agtergrond van ras, etnisiteit en die Afrikaner

3. Metodes

4. Resultate

5. Gevolgtrekking

 6. Verwysings

7. Addendum 1: Ras duidelik gespesifiseer

8. Addendum 2: Ras nie gespesifiseer nie

1. Inleiding

Die Afrikaner het dwarsdeur 2018 intensiewe ondersoek ondergaan. Die eerste groot gebeurtenis het vroeg in Januarie by Hoërskool Overvaal plaasgevind toe dié skool van rassisme beskuldig is na hulle nie leerlinge wou plaas wat nie Afrikaans magtig is nie (Mitchley, 2018). Grootskaalse betogings deur die Economic Freedom Fighters (EFF) en die African National Congress (ANC) het gevolg, maar uiteindelik het die hof bevind dat die skool nie aan rassisme skuldig was nie (Masinga, 2018).
ʼn Ander groot gebeurtenis het op 28 Februarie plaasgevind toe die Parlement onderneem het om Artikel 25 van die Suid-Afrikaanse grondwet te heroorweeg om die onteiening van eiendom sonder vergoeding te bemiddel. Die diskoers sentreer rondom wit/swart identiteite, dié wat het teenoor dié wat nie het nie, die bevoorregtes teenoor die minderbevoorregtes, die gronddiewe teenoor die onteiendes en die nalatenskap van apartheid – die Afrikaner se oorheersing van die Suid-Afrikaanse politiek van 1948 tot 1994 ((Roelf, 2018) (Mkokeli, 2018) (Osborne, 2018) (Chung, 2018) (Eloff, 2017)). Julius Malema het byvoorbeeld opgemerk: “We must ensure that we restore the dignity of our people without compensating the criminals who stole our land” (Chung, 2018). Op 4 Desember het die Parlement ten gunste van die besluit gestem om die moontlikheid te oorweeg om die grondwet te wysig. Uiteindelik het “onteiening sonder vergoeding” Suid-Afrika se woord van die jaar geword ((Grobler, 2018) (Sekhotho, 2018)).
Saam met die grondkwessie het Afrikaners ook opskrifte gemaak deur talle voorvalle van rassisme en beweerde rassisme. Een van die episodes was die vonnisoplegging van Vicky Momberg vir crimen injuria op 28 Maart nadat sy rassistiese taal gebruik het ((Pijoos, 2018) (Fihlani, 2018) (Ritchie, 2018)). Ná ‘n paar ander voorvalle het die jaar met bewerings van rassisme by Clifton strand geëindig, waarna ‘n skaap opgeoffer is om die strand van rassisme te reinig ((Nombembe, 2018) (Chambers, 2019)).
ʼn Verdere kwessie wat die Afrikaner in die kollig gebring het, was plaasaanvalle. In Mei 2018 het die Afrikaner burgerregte-groep, AfriForum, die VSA besoek om ondersteuning vir die Afrikaner se lot te verkry ((Kriel, 2018) (Du Toit, 2018) (Rademeyer, 2018)). Joernaliste soos Lauren Southern en Katie Hopkins het dokumentêre films gemaak oor plaasaanvalle en die Afrikaner se posisie in Suid-Afrika. Uiteindelik het hierdie media-blootstelling gelei tot ‘n diplomatieke voorval tussen eers die ANC-regering en Australië nadat Peter Dutton, Australië se Minister van Binnelandse Sake, verklaar het dat wit boere in Australië verwelkom moet word ((Gous, 2018) (Killalea, 2018)), en toe tussen die ANC en die VSA (Steinhauser, 2018) nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, getwiet het: “I have asked Secretary of State @SecPompeo to closely study the South Africa land and farm seizures and expropriations and the large scale killing of farmers”.
Maar wie is die Afrikaner? Daar is reeds ʼn groot hoeveelheid oor hierdie vraagstuk geskryf, maar die huidige studie gebruik grootdatametodes om ondersoek in te stel na watse persepsies daar tans rondom hierdie vraagstuk bestaan. Hiervoor word gebruik gemaak van Twitter, ʼn sosiale media platform wat dit moontlik maak om ʼn groot hoeveelheid mense se opinies te ontleed en só ʼn beter idee te verkry oor watse algemene persepsies daar by mense bestaan. Die vraag wat gevra word, is: word die Afrikaner oor die algemeen as wit geag? Met ander woorde: Is ras ʼn integrale komponent van Afrikanerwees?

2. ʼn Agtergrond van ras, etnisiteit en die Afrikaner

Collins (2004, p. 13) herinner dat die terme ras en etnisiteit swak gedefinieer is: “Both terms carry complex connotations that reflect culture, history, socioeconomics and political status, as well as a variably important connection to ancestral geographic origins.” Boonop word die terme gereeld afwisselend gebruik, soos byvoorbeeld in Guerrero, et al. (2018), Ailawadhi, et al. (2018), Morisaki, et al. (2017), Jorgenson, et al. (2017) en Ginther, et al. (2011), of verskillend gedefinieer ((Bartlett, 2001, p. 39) (Markus, 2008, p. 653)).
In beide ras- as etnisiteitsbeskrywings is daar ʼn self-etikettering en ʼn etikettering van buite teenwoordig (Buys, 2013): die individu identifiseer homself as behorend tot ʼn spesifieke groep en word oor die algemeen ook as sulks beskou. Bartlett (2001, p. 40) skryf: “Ethnic identity results from a process of labelling (identification). This may be self-labelling, but labelling by others is also involved, since ethnic identity may be contested.” Hy herinner aan Jode wat hulself tydens die Tweede Wêreldoorlog as Duitsers geag het, maar dat die etikettering van buite deurslaggewend was.
Markus (2008, p. 655) is van mening dat ras en etnisiteit geskep word en nie intrinsieke eienskappe van die individu is nie: “Defining race and ethnicity highlights two critical features of both phenomena – other people create them, and they are not biologically based ‘things’ that people ‘have’.” Elders stel Markus haar siening dat ras nie intrinsiek is nie, nog duideliker: “research studies repeatedly show that race and ethnicity are not biologically based” (Markus, 2008, p. 657). Dit is belangrik om Markus (2008) se siening dat ras-gebaseerde identiteit van buite opgelê word in gedagte te hou: Met die implementering van die Bevolkingsregistrasiewet van 1950 in Suid-Afrika is daar byvoorbeeld ʼn onderskeid tussen rasse getref op grond van hoe hulle “oor die algemeen” gesien word ((Zuberi, et al., 2015, pp. 12-13) (Unie van Suid-Afrika, 1950)), met ander woorde hoe hulle van buite beskou word. Die Wet lui byvoorbeeld: “The Governor-General may by proclamation in the Gazette prescribe and define the ethnic or other groups into which coloured persons and natives shall be classified in terms of sub-section (1)” (Unie van Suid-Afrika, 1950).
Indien ras en etnisiteit van buite opgelê word, beteken dit noodwendig dat daar geen intrinsieke kenmerke is wat ʼn persoon tot groep A of B kan klassifiseer nie? Genetiese variasie kan wel gebruik word om ʼn persoon se geografiese herkoms na te spoor ((Rosenberg, et al., 2002) (Greeff, 2007)), wat beteken dat daar tog ʼn biologiese verbintenis tussen ras en etnisiteit is (wat Markus se definisie van etnisiteit hieronder erken), alhoewel dit soms vertroebel is deur die vermenging van bevolkings (Collins, 2004, p. 13). Bartlett (2001, p. 41) skryf:

… there is genetic and biological variation between human groups. Much of this is invisible, but some is highly visible: color of skin, shape of eye, type of hair. These biological differences do not themselves constitute race or ethnicity but are part of the raw materials from which race or ethnicity can be constructed—along with language, religion, political allegiance, economic position, and so on. The significance attached to visible genetic markers varies from society to society—the difference between the meaning of skin color in Brazil and in the Old South being a locus classicus in discussion of such issues.

Kortom: daar bestaan biologiese verskille, maar tot hoe ʼn mate dit bepalend is vir etnisiteit, hang af van die gemeenskap wat kategorieë neerlê. In Suid-Afrika het Heese (1984) en ander byvoorbeeld aangedui dat daar beduidende genetiese vermenging met ander rasse onder Afrikaners bestaan (kyk verderaan), maar ʼn mens sou kon aanvoer dat hierdie genetiese diversiteit irrelevant gemaak is deur die geskiedenis van rasse-klassifikasie waarvoor apartheid en Suid-Afrika bekend is.
Aangesien beide ras as etnisiteit deur die self sowel as van buite bepaal word, bly die vraag: wat onderskei ras van etnisiteit? Markus (2008, p. 654) stel die volgende definisies van ras en etnisiteit voor:

Race is a dynamic set of historically derived and institutionalized ideas and practices that (1) sorts people into ethnic groups according to perceived physical and behavioral human characteristics; (2) associates differential value, power, and privilege with these characteristics and establishes a social status ranking among the different groups; and (3) emerges (a) when groups are perceived to pose a threat (political, economic, or cultural) to each other’s world view or way of life; and/or (b) to justify the denigration and exploitation (past, current, or future) of, and prejudice toward, other groups.
Ethnicity is a dynamic set of historically derived and institutionalized ideas and practices that (1) allows people to identify or to be identified with groupings of people on the basis of presumed (and usually claimed) commonalities including language, history, nation or region of origin, customs, ways of being, religion, names, physical appearance, and/or genealogy or ancestry; (2) can be a source of meaning, action, and identity; and (3) confers a sense of belonging, pride, and motivation.

Die verskil tussen ras en etnisiteit lê met ander woorde volgens Markus nie daarin of fisiese voorkoms bydra tot in- of uitsluiting nie (fisiese verskille maak deel uit van beide ras en etnisiteit, volgens hierdie definisies), maar eerder dat ʼn neerhalende siening en uitbuiting van die ander ʼn komponent van ras is, terwyl etnisiteit positief gesien word as ʼn bron van betekenis, identiteit, ʼn gevoel van behoort en trots. Die skeidslyn, soos die voorafgaande aantoon, is egter vaag.
Fu, He en Hou (2014, p. 2483) stel ʼn eenvoudiger onderskeid tussen ras en etnisiteit voor: “race refers to a person’s physical appearance or characteristics, while ethnicity is more viewed as a culture concept, relating to nationality, rituals and cultural heritages, or even ideology”. Hulle let op navorsing van byvoorbeeld Zhuang en Bradtmiller (2005), Zhuang, et al. (2010), Ball en Molenbroek (2008), Ball, et al. (2010), Hill, et al. (1995) en Xie, et al. (2012), wat – in teenstelling met Markus se bewerings hierbo – wel daarop dui dat fisiese verskille gebruik kan word om ras te onderskei (sien ook Fu, He en Hou (2014) se bibliografie). Hierby sou ʼn mens Trivedi en Amali (2017) en Vo, et al. (2018) en hul bibliografieë kon voeg, wat dui op hoe fisiese verskille in masjienleer gebruik word om tussen rasse te onderskei.
Verskeie studies is in die verlede onderneem wat daarop dui dat die Afrikaner nie ʼn suiwer Europese genetiese samestelling het nie ((Heese, 1971) (Heese, 1979) (Heese, 1984) (Greeff, 2007) (Erasmus, et al., 2015)). Soos Pokahontas in Amerika die stammoeder van President Wilson geword het, het die slavin, Maria Lossee, byvoorbeeld die stammoeder van Presidente Kruger en Steyn geword (Heese, 1979). Boonop is daar die geval van die gemeenskap van swart Afrikaners by Onverwacht, wat na die Anglo-Boereoorlog toegelaat is om grond naby Cullinan te koop en hulself as Afrikaners klassifiseer ((De Vries, 2005) (Rhode, 2012)).
Hierteenoor was daar in die twintigste eeu ʼn poging om die Afrikaner wel as uitsluitlik van Europese herkoms te definieer ((Cloete, 1992) (Giliomee, 2004)). Colenbrander (1964) dui byvoorbeeld daarop dat die Afrikaner se gekleurde komponent minder as 1% van sy samestelling uitmaak. Gedurende die 20ste eeu is die term Afrikaner deur Afrikanernasionaliste geapproprieer om uitsluitlik op ‘wit’ Afrikaanssprekendes te dui ((Giliomee, 2004) (Theunissen, 2015)). Treurnicht (1975, p. 18) skryf byvoorbeeld: “Nooit sedert die volksplanting in 1652 is die gekleurde volksgroepe tot die volksgeledere van die Afrikaner of as deel van die blanke gemeenskap aanvaar nie.”
Ook meer onlangs word die Afrikaner gereeld as ʼn “wit” volk getipeer (Verwey & Quayle, 2012). Malan (2005) verwys na “die gangbare definisie van ‘’n Afrikaner’” as “ʼn blanke Afrikaanssprekende wat die Afrikanerkultuur deel,” en voeg by: “Die hele wêreld aanvaar tans dat Afrikaners blank is” (al verskil hy van hierdie siening). FW de Klerk skryf in sy ode aan Margaret Thatcher (De Klerk, 2013): “how would Afrikaners and other whites be able to retain the right to national self-determination that had been the central theme of their history?” Flip Buys (2013) skryf ook: “verreweg die meeste mense wat hulself as Afrikaners beskou [is] wit.” Solidariteit se Navorsingsinstituut (2018, p. 5) formuleer ʼn werksdefinisie oor die Afrikaner eenvoudig as “mense wat hulle ras as wit en hulle taal as Afrikaans aangee.” Die Cambridge woordeboek is meer eng wanneer hulle Afrikaner beskryf as: “a South African person whose family was originally Dutch and whose first language is Afrikaans,” wat ook soortgelyk is aan die definisie van die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO): “The Afrikaners are descendants of Europeans who arrived in South Africa in the seventeenth century. They speak their own language, Afrikaans, which is derived from Dutch” (UNPO, 2017). In al hierdie gevalle word a) die Afrikaner se herkoms as Europees erken, en b) sy taal as ʼn belangrike komponent van sy etnisiteit erken. Taal, soos die 14de eeuse Skotse historikus, John of Fordun, erken het (Bartlett, 2001, p. 48), speel ʼn belangrike rol in etnisiteit, en dus ook ten opsigte van die Afrikaner.
Die vraag wat egter in die huidige studie aan bod kom, is: wat is die algemene persepsie oor die ras van die Afrikaner? Hoe dit bepaal is, word in die volgende afdeling bespreek.

3. Metodes

In ʼn onlangse verslag dui World Wide Worx (2016) daarop dat die sosiale media platform, Twitter, deur om en by 7.7-milljoen mense in Suid-Afrika gebruik word, wat dit die derde gewildste sosiale media platform in Suid-Afrika na YouTube (8.74-milljoen) en Facebook (14-milljoen) maak. Twitter laat gebruikers toe om kort boodskappe te plaas om hul opinies te lug en is bekend daarvoor dat dit ʼn politieke platform is. Om hierdie rede word Twitter dan ook veral gebruik om mense se opinies te bepaal. Twitter word onder andere gebruik om die opinies van mense tydens en teenoor verkiesings te bepaal ((Tumasjan, et al., 2010) (Wang, et al., 2012)), mense se houdings teenoor projekte (Jiang, et al., 2016), die wêreld se emosionele toestand (Milne, et al., 2015), of mense se houdings teenoor gemeenskappe (Kotzé & Senekal, 2018). Tumasjan, et al. (2010, p. 184) voer aan: “Twitter can be seen as a valid real-time indicator of political sentiment.”
Een van die voordele van ʼn studie van Twitter is dat mense anders reageer wanneer hulle besef hulle word ondersoek (Barge & Endsor, 2014, p. 43), wat beteken dat vraelyste nie altyd mense se ‘ware’ opinies weergee nie maar dalk eerder wat hulle dink hulle moet antwoord (Chamlertwat, et al., 2012, p. 976). ʼn Nadeel is egter dat Twitter nie verteenwoordigend is van die algemene publiek nie (Omand, et al., 2012, p. 810), wat die veralgemeenbaarheid van resultate beperk. Aan die ander kant laat Twitter die navorser toe om ʼn baie groter hoeveelheid mense se opinies te ondersoek as wat tradisionele metodes soos vraelyste toelaat, wat weer die veralgemeenbaarheid van resultate verhoog. In die huidige studie word 14 119 gebruikers se opinies ontleed, wat aansienlik meer is as wat met byvoorbeeld vraelyste ondersoek kan word.
Vir die huidige studie is alle boodskappe (twiets) wat op Twitter geplaas is en waarin die woord “afrikaner” voorkom, versamel. Die datastel strek van 6 November 2018 tot 6 April 2019, dus oor vyf maande en sluit 67 799 twiets en 28 902 unieke twiets in wat deur 24 968 gebruikers geplaas is. Die woord is bo die hutsmerker (#Afrikaner) gekies omdat alle gebruikers nie noodwendig gebruik maak van die hutsmerker nie, en ʼn soektog na die woord tel die hutsmerker op, maar nie andersom nie.
Na die twiets versamel is, is die taal van die twiets geïdentifiseer deur gebruik te maak van Google se Natural Language Processing API. Dit is gedoen omdat twiets in verskeie tale gevind is waarin die woord afrikaner voorkom. Alle twiets is deur dieselfde API in Engels vertaal ten einde die inhoud te kan bepaal wanneer twiets in ʼn taal geplaas is wat die outeur nie magtig is nie (byvoorbeeld Spaans, Sweeds of Italiaans). Hierdie werkswyse is geensins foutloos nie, maar gegewe die volume teks en die feit dat masjienvertalings verstaanbaar is, is daar besluit om nie ʼn menslike vertaler te gebruik nie.
Die woord afrikaner dra verskillende betekenisse in verskillende tale. In Duits, Noorweegs, Deens en Sweeds verwys dit byvoorbeeld na “iemand vanaf Afrika”, terwyl die woord dieselfde betekenis in Spaans en Frans as in Afrikaans of Engels dra. Om te toets of woordeboekdefinisies ooreenstem met die gebruik van die woord afrikaner in verskillende tale, is steekproewe onderneem oor verskeie tale. Tabel 1 dui ʼn aantal voorbeelde uit die huidige datastel aan. Die outomatiese vertaling in Engels word regs verskaf.

Tabel 1 Die gebruik van die woord “afrikaner” in verskillende tale

Taal

Twiet

Engels (masjienvertaling)

Sweeds

Tre afrikaner häktade för gruppvåldtäkt på Södermalm – Nyheter Idag

Three Africans arrested for gang rape in Södermalm – News Today

En vacker och intelligent vit 22-åring tjej med A i alla ämnen blir gruppvåldtagen och mördad av ett gäng svarta afrikaner😡😡😡😭😭 Är det detta ni vill? Är det värt det med massinvandring? Dela om du vill se en förändring!😡 #svpol #migpol #sd2019 #AfS2019

A beautiful and intelligent white 22-year-old girl with A in all subjects are gang-raped and murdered by a gang of black afrikaner😡😡😡😭😭 Is that what you want? Is it worth it to mass immigration? Share if you want to see a change! 😡 #svpol #migpol # sd2019 # AfS2019

Noorweegs

Hvis du aldri har blitt forbanna på den innvandringspolitikken som føres i landet så har du heller aldri lest en personlig fortelling fra ei 15 år gammel jente om hvordan det føles å voldtas med kniv mot strupen av en afrikaner.

If you’ve never been pissed off at the immigration policies pursued in the country you have never read a personal story of a 15 years old girl about how it feels to be raped with a knife at the throat of an African.

Duits

Freiburg Hauptschule … ein Afrikaner schlägt einem Deutschen Schüler das Pausenbrot aus der Hand .. und schlägt Ihm in das Gesicht …. der Deutsche Schüler sagt Zitat : scheiss Neger… und schlägt zurück … Ergebnis ein Schulverweis … er muss such eine neue Schule suchen

Freiburg main school … an African beats a German student’s lunchbox from the hand .. and hits him in the face …. the German student says Quote: fucking nigger … and fighting back … Result an expulsion … he must search to find a new school

Wenn Gott gewollt hätte,dass Europa ein Ort für Afrikaner sei,hätte er sie weiss gemacht.!!!

If God had willed that Europe is a place for Africans, he would have made them white.!!!

Nederlands

Congolese(54) meegelift/carrière gemaakt bij linkse partij in Italië, stapt uit, richt “Afrikaanse partij op alleen voor Afrikanen” met 100%racistisch programma, links juicht

Congolese (54) hitched / career made by left-wing party in Italy, get off, dir “African Party for Africans only” 100% racist program, left cheers

Zo begint de #terreur – en met officiele #toestemming! De kleinste Nederlandse kinderen gaan uitgescholden & belaagd worden op sinterklaasfeestjes. Hoe verschilt dat van belaagde #Afrikaner kleintjes op lagerescholen in #ZuidAfrika? –

Thus begins the #terreur – and with official #toestemming! The smallest Dutch children are abused and attacked to Saint Nicholas parties. How is that different from endangered #Afrikaner children in lower schools #ZuidAfrika? –

Pools

Erytrejczyk i dwaj Somalijczycy aresztowani za gwałt zbiorowy w centrum Sztokholmu

Eritrean and two Somalis arrested for gang rape in central Stockholm

Niemcy. Migrant z Afryki subsaharyjskiej przeciął twarz młodej kobiety nożem tylko dlatego, że nie miała papierosa! Kirchheim Teck 19-letnia kobieta w sobotni wieczór o godzinie 23:15 została poważnie oszpecona nożem.

Germany. Migrant from sub-Saharan Africa cut the face of a young woman with a knife because she did not have a cigarette! Kirchheim Teck 19-year-old woman on Saturday night at 23:15 was severely disfigured knife.

Frans

1/7 des afrikaners vie dans des bidonvilles ( 500 000 ) La politique actuelle est anti blanche. Effectivement il y a un certain pouvoir blanc mais cela ne doit pas de résoudre comme cela . C’est pour ça que je prenne une zone de l’Afrique du sur pour les afrikaner et les coloured

1/7 Afrikaners living in slums (500,000) Current policy is anti white. Sure there are some white power but this does not solve like that. That’s why I take an African area on for Afrikaner and colored

ce matin: Deuxième temps ce mardi de notre série sur l’Afrique du Sud. Aujourd’hui Victor Macé de Lépinay nous guide, en compagnie de ses deux invitées, dans le Voortrekker Monument de Pretoria, lieu symbolique de l’histoire afrikaner.

this morning Second time on Tuesday in our series on South Africa. Today Victor Mace Lépinay to guide us with his two guests in the Voortrekker Monument in Pretoria, symbolic place of Afrikaner history.

Let daarop dat die “afrikaner” betrokke by die verkragting in Södermalm in Swede elders geïdentifiseer is as afkomstig van Somalië en Eritrea. Bostaande voorbeelde toon duidelik aan dat woordeboekdefinisies steeds geldig is: In Duits, Sweeds, Deens en Pools dui die woord op “iemand vanaf Afrika”, terwyl die woord in Frans na ʼn Afrikaanssprekende verwys.
Eenvoudigheidshalwe en ten einde slegs twiets in te sluit wat na die Afrikaner as Afrikaanssprekende verwys, is slegs twiets ingesluit wat in Engels geplaas is. Indien daar volgens taal gefiltreer word, bly daar 23 832 twiets oor wat deur 14 119 gebruikers geplaas is.
Na twiets verwyder is wat nie relevant is vir die huidige studie nie, is kernwoorde geïdentifiseer wat saamhang met ʼn aanduiding dat Afrikaners as wit gesien word. Hierdie woorde is met ʼn deeglike lees van die eerste 5 000 twiets geïdentifiseer en deur middel van steekproewe verder geverifieer. Die woorde white, privilege, Boer, WMC, Holland, Europe, Dutch, thief en black is byvoorbeeld geïdentifiseer as samehangend met ras. Kyk byvoorbeeld na die tien voorbeelde in Tabel 2, wat aandui dat die spreker die Afrikaner as wit ag. Die 15 twiets wat die meeste gedeel is en waarin velkleur gespesifiseer is, word in Addendum 1 verskaf. Die 15 twiets wat die meeste gedeel is en waarin velkleur nie gespesifiseer is nie, word in Addendum 2 verskaf. Twiets word verbatim weergegee.

Tabel 2 Twiets wat saamhang met ras

Twiet

Kernwoord

  1. Round 1 motion of Cape Town WUDC: TH, as South Africa, would forcibly break up exclusive Afrikaner* enclaves. *Afrikaners are a white South African ethnic group descended from predominantly Dutch settlers

white

  1. When an Afrikaner says “Ons” he’s not talking bout any black person.

black

  1. #racism #racist #blacklivesmatter #ChildrensBooks #ChildrenInNeed #Afrikaans #WhitePeople #Afrikaner #ElectionEve #Election2018 Who would let #CHILDREN live like this? We WILL end all #squattercamps in #SouthAfrica by March 2019 PERIOD! SUPPORT US

white

  1. “Afrikaner boys (White men), die poppe sal dans” “The EFF is coming for you” “Pray that the EFF don’t come into power, because if we do…………” #FarmMurders

white

  1. Afrikaner nationalists used the same argument to address the “poor whites question” in 1932. It was known then as the Carnegie Commission. It became better known as “apartheid”.

white

  1. Forgive who? Every white person in Africa is European, whether you’re English or Afrikaner you’re European. We shall pick ourselves up, which is why land expropriation is top of the agenda.

white

  1. While we black South Africans are failing to build a single school that will embrace our own culture. Busy forcing our children in throat of white and Afrikaner schools. While running away from free public schools we created. We are useless kodwa, we don’t invest in education.

black

  1. I don’t care how the world is divided I care about your Genetic makeup, you can call yourselves Afrikaner all day but your DNA is still Dutch

Dutch

  1. ‘Afrikaner’ : a White native of the Republic of South Africa whose mother tongue is Afrikaans. See also ‘Boer’.

white

  1. ” Teach us Black people to trade within ourselves… like you guys do ” – a Black woman to an Afrikaner businessman! I am defeated!!! 😥🤮🤒☹

black

Na sulke kernwoorde geïdentifiseer is, is van ʼn gereelde uitdrukking gebruik gemaak om alle twiets in twee kategorieë te klassifiseer op grond van of die woorde voorkom of nie: stelling dat die Afrikaner wit is/geen stelling dat die Afrikaner wit is nie. Daar is ook ondersoek ingestel na die geskiktheid van masjienleer om boodskappe te klassifiseer, maar aangesien die datastel skeef is (sien resultate hieronder), was masjienleer nie geskik vir die huidige ondersoek nie.
Daar is ook ondersoek ingestel na of mense ontken dat ras ʼn komponent van die Afrikaner se etnisiteit uitmaak. Sulke twiets is moeiliker om op te spoor, maar by nadere ondersoek kon verwysings na Sandra Laing (ʼn meisie wat in 1955 as kleurling geklassifiseer is na albei haar ouers as wit geklassifiseer is) en die woorde actually white en bloodline gebruik word. Voorbeelde van sulke twiets kan in Tabel 3 gesien word. Twiets word verbatim weergegee.

Tabel 3 Twiets wat dui op die Afrikaner se gemengde herkoms

Twiet

Kernwoord

  1. More importantly, and the point of @user’s tweet, is how is black being defined? The Afrikaner bloodline is shown to have as much as 6% “non white” (see @user). Is 6% black enough? 25%? What about 50%? What about Sandra Laing?

Laing

  1. I have long pointed out that the Afrikaner bloodline has a percentage of “black” blood. There’s been shunned as not “black enough”. Now suddenly people who identify as white are being called out as not being white. This country is truly screwed up

bloodline

  1. It’s the same reason why they keep editing out the Wikipedia pages that point out that their Afrikaner heroes like Andries Pretorius who lead the great trek and who Pretoria is named after wasn’t actually white.

Actually white

  1. Francis Galton wrote that genetic recessives reveal itself generation(s) later through differential reproduction. Sandra Laing (1955) was a black girl born to ”white” Afrikaner parents in South Africa. Both parents had genetic recessives.

Laing

Twiets wat ontken dat die Afrikaner wit is, is met behulp van sulke woorde as gemeng geklassifiseer, wat beteken twiets kon nou in drie kategorieë geklassifiseer word:

  1.     aanduiding dat die Afrikaner wit is,
  2.     aanduiding dat die Afrikaner gemeng is,
  3.     geen verwysing na ras nie.

Verder is dit belangrik om te bepaal of ras deur Afrikaners self aan die Afrikaner toegeskryf word en of dit van buite opgelê word. Daar is reeds ʼn groot hoeveelheid navorsing gedoen oor die bepaling van ras deur middel van name (Malmasi & Dras, 2014) (Lee, et al., 2017) (Voicu, 2018). Mislove, Lehmann, Ahn, Onnela en Rosenquist (2011) skakel byvoorbeeld die vanne van Twitter-gebruikers met die VSA se nasionale sensus om gebruikers se ras te bepaal. Hulle (2011, p. 556) noem byvoorbeeld dat die van Meyers in 86% van gevalle na witmense verwys, 9,7% van gevalle na swart Amerikaners, 0,4% van gevalle na Asiate, en in 1,4% van gevalle na mense van Spaanse afkoms. Lee et al. (2017, p. 2081) skryf dat taal die belangrikste maatstaf is om mense se herkoms deur middel van name op te spoor: mense met Duitse name is waarskynlik van Duitse of Oostenrykse afkoms, terwyl mense met Chinese name waarskynlik van Chinese afkoms is. Tweedens moet ʼn mens volgens Lee et al. (2017, p. 2081) ʼn land se geskiedenis in ag neem: die Spaanse kolonialisasie van Mexiko het byvoorbeeld daartoe gelei dat Meksikane oorwegend Spaanse name het.
Lee et al. (2017, p. 2081) se insigte kan op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Taal speel steeds ʼn belangrike rol in Suid-Afrika en mense met Zoeloe, Xhosa of Sotho vanne behoort oorwegend swart te wees, terwyl mense met Afrikaanse vanne meesal wit of kleurling behoort te wees, alhoewel die historiese vermenging van die wit en kleurling bevolking kan veroorsaak dat ʼn onderskeid moeilik is om te tref op grond van Afrikaanse vanne. Omdat taal steeds ʼn belangrike faktor in Suid-Afrika is, maak ek gebruik van Google se Natural Language Processing API om die linguistiese herkoms van gebruikersname te bepaal. Dié metode sal geensins foutloos wees nie, maar kan as ʼn aanduiding gebruik word van wie oor die Afrikaner skryf op Twitter. Neem egter ook in ag dat gebruikers self hul name kan invul, wat beteken dat hulle enige name kan gee.
Die volgende afdeling bespreek die resultate.

4. Resultate

Tabel 4 dui die resultate van die huidige studie aan. Die kategorie wit/gemeng sluit aan by gemeng, maar dui ook aan dat die twiet daarna verwys dat die Afrikaner as wit gesien word. Sulke twiets dui gewoonlik aan dat alhoewel die Afrikaner as wit gesien word, hy inderwaarheid van gemengde herkoms is.

Tabel 4 Engelse twiets oor die Afrikaner (insluitend geen ras genoem nie)

Etniese herkoms

#twiets

%twiets

#gebruikers

%gebruikers

ongedefinieer

13911

58,37

7791

55,18

wit

9899

41,54

6309

44,68

wit / gemeng

21

0,09

18

0,13

gemeng

1

0

1

0,01

Totaal

23832

100

14119

100

Van die 23 832 twiets wat oor die Afrikaner (in die Afrikaanse of Engelse sin van die term) handel, het die woorde white, privilege, Boer, WMC, Holland, Europe, Dutch, thief en black in 9 899 (41,54%) twiets voorgekom. Dit beteken dat 42% van die 23 832 twiets duidelik stel dat hulle die Afrikaner as wit ag. Uit die 14 119 gebruikers het 6 309 (44,68%) gebruikers ook gestel dat hulle die Afrikaner as wit ag. Slegs 22 twiets (0,09%) het gestel dat die Afrikaner as gemeng geag kan word, en dié siening verteenwoordig slegs 19 gebruikers (0,14%). Die res van die twiets het nie uitlatings oor ras gemaak nie.
Die resultate is meer treffend as twiets uit die resultate verwyder word wat geen uitlatings oor ras maak nie. Tabel 5 dui die resultate aan as twiets weggelaat word wat geen uitlatings oor ras maak nie.

Tabel 5 Engelse twiets oor die Afrikaner (uitgesluit geen ras genoem nie)

Etniese herkoms

#twiets

%twiets

#gebruikers

%gebruikers

wit

9899

99,78

6309

99,69

wit / gemeng

21

0,21

18

0,28

gemeng

1

0,01

1

0,02

Totaal

9921

100

6328

99,99

Tabel 5 dui aan dat wanneer ras genoem word, 9 899 twiets (99,8% van twiets) en 99,7% van gebruikers (6 309 gebruikers) die Afrikaner as wit ag, teenoor 0,21% van twiets en 0,3% van gebruikers (19 gebruikers) wat die Afrikaner as gemeng sien.
ʼn Verdere vraag is of Afrikaners self ras ter sprake bring en of ras deur nie-Afrikaners aan die Afrikaner toegeskryf word. Tabel 6 dui die taal van gebruikersname aan wat ras noem (top 10 tale).

Tabel 6 Taal van gebruikersname

Taal van naam

#gebruikers

%gebruikers

Engels

2783

43,81%

Zoeloe

605

9,52%

ongedefinieer

362

5,7%

Afrikaans

286

4,5%

Nederlands

187

2,94%

Sotho

161

2,53%

Frans

110

1,73%

Duits

103

1,62%

Spaans

88

1,39%

Xhosa

87

1,37%

Hier kan gesien word dat die grootste segment gebruikers Engelse name aangegee het, gevolg deur Zoeloe en dan Afrikaanse en Nederlandse gebruikersname. As gevolg van Afrikaners se diverse Europese oorsprong, kan dit verwag word dat Afrikaners se name as Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits geïdentifiseer kan word, maar die Zoeloe, Sotho en Xhosa name is duidelik swart name. In die geval van Engelse name dui die groot persentasie op die gewildheid van Engelse name, maar dit is nie moontlik om te bepaal hoeveel van hierdie name na swart of wit gebruikers verwys nie. Nietemin dui Tabel 6 aan dat gebruikers wat ras aan die Afrikaner koppel, oorwegend nie Afrikaanse (of Nederlandse, Duitse of Franse) name het nie, wat daarop dui dat ras in die meerderheid gevalle van buite aan die Afrikaner opgelê word. Daar is egter ook ʼn groot groep met Afrikaanse, Nederlandse, Duitse en Franse name wat na ras verwys, wat daarop dui dat die etikettering van die Afrikaner as wit van sowel buite as binne opgelê word.
Indien ras van buite opgelê word, soos aangevoer deur byvoorbeeld Bartlett (2001) en Markus (2008) en toegepas deur die Unie van Suid-Afrika (1950), dan is dit duidelik dat om wit te wees, deel is van die Afrikaner se etnisiteit.
ʼn Klein aantal vals positiewe is ook gevind. Tabel 7 dui ʼn paar aan.

Tabel 7 Vals positiewe

Twiet

Kernwoord

  1. Slightly toasted white bread with lots of butter, dipped into sweet tea? Yeah its an old afrikaner thing, my grandparents used to do it a lot.

white

  1. Haha! Nah! Brahman has a tough competition man, there is Simmental Breed, Charolais Breed, Simbra Breed, Chabri Breed, Bonsmara Breed, Afrikaner Breed, etc. All along, I thought Brahman was..

Afrikaner

  1. Afrikaner Cattle. Because sometimes it’s easy to forget that there are breeds other than Angus, Charolais, and Simmental. (Picture from ). #cattle

Afrikaner

  1. Those criminal delinquents from Europe did not bring women to the cape. They found our beautiful xhoi and Nguni women here and raped them and that’s how the Afrikaner nation was born

Europe

Die eerste twiet is ʼn seldsame resep, maar dit is die enigste keer wat so iets voorkom. In die tweede en derde twiets word na Afrikanerbeeste verwys, maar dit is ook die enigste voorkoms van sulke verwysings. Die vierde twiet is egter interessant: dit postuleer ʼn heel ander verduideliking van die Afrikaner se genetiese herkoms. Die voorkoms van sulke uitsonderings is egter so min dat dit nie ʼn bedreiging vir die geldigheid van die resultate inhou nie.

5. Gevolgtrekking

Hierdie studie het duidelik aangetoon dat die Afrikaner se fisiese voorkoms ʼn belangrike komponent van sy etnisiteit uitmaak. Daar is uitgewys dat die oorweldigende meerderheid mense (99,7% van gebruikers wat ras noem) die Afrikaner as wit eerder as gemeng sien. Dit is ook beduidend dat meer as 41% van twiets ras noem: hier is geen poging aangewend om mense te vra of hulle die Afrikaner as wit sien nie, maar eerder is daar bloot gekyk na wat mense self oor Afrikaners sê. Bykans die helfte van gebruikers het uit hul eie ras ter sprake gebring, en dan met so ʼn oorweldigende meerderheid wat om wit te wees as ʼn komponent van Afrikanerwees sien. Alhoewel ras nie aanvanklik ʼn belangrike komponent van die Afrikaner se etnisiteit uitgemaak het nie, dui die huidige studie daarop dat dit tans die geval is.
Ras is egter net een komponent van die Afrikaner se etnisiteit, en toekomstige studies kan ander aspekte ontleed, asook ondersoek instel na hoe die Afrikaner in ander opsigte gesien word, byvoorbeeld oor watter temas hierdie twiets handel en of die Afrikaner in ʼn positiewe of negatiewe lig uitgebeeld word. Sulke studies kan gebruik maak van sentimentontleding of masjienleer om temas te identifiseer.

6. Verwysings

Ailawadhi, S. et al., 2018. Disease and outcome disparities in multiple myeloma: exploring the role of race/ethnicity in the Cooperative Group clinical trials. Nature, Volume 8, p. 67.
UNPO, 2017. Afrikaners. [Aanlyn]: https://unpo.org/members/8148 [Toegang tot 13 Mei 2019].
Ball, R. et al., 2010. A comparison between Chinese and Caucasian head shapes. Applied Ergonomics, 41(6), p. 832–839.
Ball, R. M. & Molenbroek, J. F. M., 2008. Measuring Chinese heads and faces. Human Diversity: design for life: 9th International Congress of Physiological Anthropology: Proceedings, p. 150–155.
Barge, J. & Endsor, M., 2014. A Structural Analysis of Social Media Networks. London: The International Centre for Security Analysis, The Policy Institute at King’s College.
Bartlett, R., 2001. Medieval and Modern Concepts of Race and Ethnicity. Journal of Medieval and Early Modern Studies, 31(1), pp. 39-56.
Buys, F., 2013. Wie en wat is ‘n Afrikaner?. [Aanlyn]: https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/wie-en-wat-is-n-afrikaner/ [Toegang tot 13 Mei 2019].
Chambers, D., 2019. This is what really happened on Clifton Fourth Beach: security firm boss. [Aanlyn]: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2019-01-05-this-is-what-really-happened-on-clifton-fourth-beach-security-firm-boss/ [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Chamlertwat, W., Bhattarakosol, P. & Rungkasiri, T., 2012. Discovering Consumer Insight from Twitter via Sentiment Analysis. Journal of Universal Computer Science, 18(8), pp. 973-992.
Chung, F., 2018. ‘The time for reconciliation is over’: South Africa votes to confiscate white-owned land without compensation. [Aanlyn]: https://www.news.com.au/finance/economy/world-economy/the-time-for-reconciliation-is-over-south-africa-votes-to-confiscate-whiteowned-without-compensation/news-story/a8a81155995b1adc1c399d3576c4c0bc [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Cloete, E., 1992. Afrikaner identity: culture, tradition and gender. Agenda Feminist Media, Volume 13, pp. 42-56.
Colenbrander, H. T., 1964. De afkomst der Boeren. Kaapstad: Struik.
Collins, F. S., 2004. What we do and don’t know about ‘race’, ‘ethnicity’, genetics and health at the dawn of the genome era. Nature, 36(11), pp. 13-15.
De Klerk, F., 2013. Why South Africa owes a huge debt to the Iron Lady. [Aanlyn]: https://www.standard.co.uk/comment/comment/fw-de-klerk-why-south-africa-owes-a-huge-debt-to-the-iron-lady-8574822.html [Toegang tot 13 Mei 2019].
De Vries, A., 2005. Dié swart Afrikaners woon al jare op hul ‘bloedgrond’. Rapport, 26 Februarie, [Aanlyn]: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Die-swart-Afrikaners-woon-al-jare-op-hul-bloedgrond-20050226-2 [Toegang tot 13 Mei 2019].
Du Toit, P., 2018. Men On A Mission: AfriForum’s Kriel And Roets En Route To US To Talk About Land, Crime. [Aanlyn]: https://www.huffingtonpost.co.za/2018/05/02/men-on-a-mission-afriforums-kriel-and-roets-en-route-to-us-to-talk-about-land-crime_a_23425166/ [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Eloff, T., 2017. Who owns the land?. [Aanlyn]: http://www.politicsweb.co.za/opinion/who-owns-the-land [Toegang tot 10 April 2018].
Erasmus, J. C., Klingenberg, A. & Greeff, J. M., 2015. Allele frequencies of AVPR1A and MAOA in the Afrikaner population. South African Journal of Science , Volume 7, pp. 1-6.
Fihlani, P., 2018. Vicky Momberg: South African estate agent jailed for racist abuse. [Aanlyn]: https://www.bbc.com/news/world-africa-43567468 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Fu, S., He, H. & Hou, Z.-G., 2014. Learning Race from Face: A Survey. IEEE Transactions on Pattern Analysis and Machine Intelligence, 36(12), pp. 2483-2509.
Giliomee, H., 2004. Die Afrikaners. ’n Biografie. Kaapstad: Tafelberg.
Ginther, D. K. et al., 2011. Race, Ethnicity, and NIH Research Awards. Science, 333(6045), pp. 1015-1019.
Gous, N., 2018. AfriForum in Australia to talk about farm attacks and murders in SA. [Aanlyn]: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2018-10-14-afriforum-in-australia-to-talk-about-farm-attacks-and-murders-in-sa/ [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Greeff, J. M., 2007. Deconstructing Jaco: Genetic Heritage of an Afrikaner. Annals of Human Genetics, Volume 71, p. 674–688.
Grobler, R., 2018. No compensation for guessing what SA’s ‘word’ of the year is. [Aanlyn]: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/no-compensation-for-guessing-what-sas-word-of-the-year-is-20181016 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Guerrero, S. et al., 2018. Analysis of Racial/Ethnic Representation in Select Basic and Applied Cancer Research Studies. Nature, Volume 8, p. 13978.
Heese, H., 1979. Identiteitsprobleme gedurende die 17de eeu. Kronos, Volume 1, pp. 27-33.
Heese, H., 1984. Groep sonder grense. Die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap, 1652-1795. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.
Heese, J., 1971. Die herkoms van die Afrikaner, 1657-1867. Kaapstad: A.A. Balkema.
Hill, H., Bruce, V. & Akamatsu, S., 1995. Perceiving the sex and race of faces: The role of shape and color. Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences, 261(1362), p. 367–373.
Jiang, H., Lin, P. & Qiang, M., 2016. Public-opinion sentiment analysis for large hydro projects. Journal of Construction Engineering and Management, 142(2), p. 1–12.
Jorgenson, E. et al., 2017. Genetic contributors to variation in alcohol consumption vary by race/ethnicity in a large multi-ethnic genome-wide association study. Molecular Psychiatry, Volume 22, p. 1359–1367.
Killalea, D., 2018. South Africa: Peter Dutton’s ‘white farmer’ comments anger Pretoria. [Aanlyn]: https://www.news.com.au/finance/economy/world-economy/south-africa-peter-duttons-white-farmer-comments-anger-pretoria/news-story/a6a48505f72dabf517e961efa58242be [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Kotzé, E. & Senekal, B. A., 2018. Employing sentiment analysis for gauging perceptions of minorities in multicultural societies: An analysis of Twitter feeds on the Afrikaans community of Orania in South Africa. The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa, 14(1), p. a564.
Kriel, K., 2018. No Mr Ramaphosa, we’re in the US fighting for SA – AfriForum. [Aanlyn]: https://www.politicsweb.co.za/news-and-analysis/no-mr-ramaphosa-were-in-the-us-fighting-for-sa–af [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Lee, J. et al., 2017. Name Nationality Classification with Recurrent Neural Networks. s.l., s.n., pp. 2081-2087.
Malan, C., 2005. Resensie van Die Afrikaners. ’n Biografie. Tydskrif vir Letterkunde, 42(2), pp. 211-212.
Malmasi, S. & Dras, M., 2014. A Data-driven Approach to Studying Given Names and their Gender and Ethnicity Associations. s.l., s.n., p. 145−149.
Markus, H. R., 2008. Pride, Prejudice, and Ambivalence: Toward a Unified Theory of Race and Ethnicity. American Psychologist, pp. 651-670.
Masinga, L., 2018. Concourt ruling on Hoërskool Overvaal a blow to non-racialism – Lesufi. [Aanlyn]: https://www.iol.co.za/news/politics/concourt-ruling-on-hoerskool-overvaal-a-blow-to-non-racialism-lesufi-16281981 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Milne, D. et al., 2015. We Feel: Taking the emotional pulse of the world. Melbourne, s.n.
Mislove, A. et al., 2011. Understanding the Demographics of Twitter Users. s.l., s.n., pp. 554-557.
Mitchley, A., 2018. Hoërskool Overvaal denies allegations of racial segregation. [Aanlyn]: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/hoerskool-overvaal-denies-allegations-of-racial-segregation-20180109 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Mkokeli, S., 2018. South Africa’s Path to Land Reform Is Riddled With Pitfalls. [Aanlyn]: https://www.bloomberg.com/news/articles/2018-11-23/south-africa-s-path-to-land-reform-is-riddled-with-pitfalls [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Morisaki, N., Kawachi, I., Oken, E. & Fujiwara, T., 2017. Social and anthropometric factors explaining racial/ethnical differences in birth weight in the United States. Nature, Volume 7, p. 46657.
Nombembe, P., 2018. Sheep slaughtered on Clifton beach as animal rights activists protest. [Aanlyn]: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2018-12-28-sheep-slaughtered-on-clifton-beach-as-animal-rights-activists-protest/ [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Omand, D., Bartlett, J. & Miller, C., 2012. Introducing Social Media Intelligence (SOCMINT). Intelligence and National Security, 27(6), pp. 801-823.
Osborne, S., 2018. South Africa votes through motion that could lead to seizure of land from white farmers without compensation. [Aanlyn]: https://www.independent.co.uk/news/world/africa/south-africa-white-farms-land-seizure-anc-race-relations-a8234461.html [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Osborne, S., 2018. South Africa votes through motion to seize land from white farmers without compensation. [Aanlyn]: https://www.independent.co.uk/news/world/africa/south-africa-white-farms-land-seizure-anc-race-relations-a8234461.html [Toegang tot 10 April 2018].
Pijoos, I., 2018. Vicki Momberg sentenced to an effective 2 years in prison for racist rant. [Aanlyn]: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/vicki-momberg-sentenced-to-an-effective-2-years-in-prison-for-racist-rant-20180328 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Rademeyer, A., 2018. AfriForum-hoës in VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening. [Aanlyn]: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/afriforum-hoes-in-vsa-vir-bewusmaking-oor-plaasmoorde-en-onteiening/ [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Rhode, S., 2012. The people of Onverwacht. Pretoria, s.n.
Ritchie, K., 2018. Vicki Momberg shouldn’t be alone for long. [Aanlyn]: https://www.iol.co.za/sundayindependent/dispatch/vicki-momberg-shouldnt-be-alone-for-long-14183453 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Roelf, W., 2018. South African parliament endorses report on disputed land reform. [Aanlyn]: https://www.reuters.com/article/us-safrica-land/south-african-parliament-endorses-report-on-disputed-land-reform-idUSKBN1O31WL [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Rosenberg, N. A. et al., 2002. Genetic Structure of Human Populations. Science, 298(5602), pp. 2381-2385.
Sekhotho, K., 2018. SA’s word of the year 2018 is…. [Aanlyn]: https://ewn.co.za/2018/10/16/sa-s-word-of-the-year-2018-is [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Solidariteit Navorsingsinstituut, 2018. Geanker in Afrika. Migrasiepatrone onder die Afrikanerbevolking, Centurion: Solidariteit Navorsingsinstituut.
Steinhauser, G., 2018. Trump Tweet on South African Land Overhaul Draws Government’s Ire. [Aanlyn]: https://www.wsj.com/articles/trump-tweet-on-south-african-land-reform-draws-governments-ire-1535017460 [Toegang tot 8 Januarie 2019].
Theunissen, P., 2015. Being ‘Afrikaans’: A contested identity. Paper presented at the International Communication Association Annual Conference, San Juan, Puerto Rico.
Treurnicht, A., 1975. Credo van ‘n Afrikaner. Kaapstad: Tafelberg.
Trivedi, A. & Amali, D. G. B., 2017. A comparative study of machine learning models for ethnicity classification. Proceedings of the IOP Conference Series: Materials Science and Engineering, p. 042091.
Tumasjan, A., Sprenger, T. O., Sandner, P. G. & Welpe, I. M., 2010. Predicting Elections with Twitter: What 140 Characters Reveal about Political Sentiment. s.l., Association for the Advancement of Artificial Intelligence, pp. 178-185.
Tumasjan, A., Sprenger, T., Sandner, P. & Welpe, I., 2010. Predicting elections with Twitter: What 140 characters reveal about political sentiment. s.l., s.n., p. 178–185.
Unie van Suid-Afrika, 1950. Population Registration Act, 1950. Kaapstad: Unie van Suid-Afrika.
Verwey, C. & Quayle, M., 2012. Whiteness, racism, and Afrikaner identity in postapartheid South Africa. African Affairs, 111(445), p. 551–575.
Vo, T., Nguyen, T. & Le, C. T., 2018. Race Recognition Using Deep Convolutional Neural Networks. Symmetry, 10(564), pp. 1-15.
Voicu, I., 2018. Using First Name Information to Improve Race and Ethnicity Classification. Statistics and Public Policy, 5(1), pp. 1-13.
Wang, H. et al., 2012. A System for Real-time Twitter Sentiment Analysis of 2012 U.S. Presidential Election Cycle. s.l., s.n., p. 115–120.
World Wide Worx, 2016. South African Social Media Landscape 2017 – Executive summary. [Aanlyn]: http://www.worldwideworx.com/wp-content/uploads/2016/09/Social-Media-2017-Executive-Summary.pdf [Toegang tot November 2017].
Xie, Y., Luu, K. & Savvides, M., 2012. A robust approach to facial ethnicity classification on large scale face databases. Proceedings of the IEEE International Conference on Biometrics: Theory, Applications, and Systems, p. 143– 149.
Zhuang, Z. & Bradtmiller, B., 2005. Head-and-face anthropometric survey of U.S. respirator users. Journal of Occupational and Environmental Hygiene, 2(11), p. 567–576.
Zhuang, Z. et al., 2010. Shape analysis of 3D head scan data for U.S. respirator users. EURASIP Journal on Advances in Signal Processing, Volume 3, p. 1–10.
Zuberi, T., Sibanda, A. & Udjo, E. O., 2015. The Demography of South Africa. New York: Routledge.

7. Addendum 1: Ras duidelik gespesifiseer

Hierdie is die 15 twiets wat die meeste gedeel is waarin ras gespesifiseer is.

Nommer

Teks

#rekords
1

Happy 72nd Birthday to the late Steve Biko. An anti-apartheid activist, he founded the Black Consciousness Movement. On 12 September 1977, Stephen Bantu Biko died in a prison cell in Pretoria. 20 years later, an Afrikaner police, Gideon Nieuwoudt, admitted to killing him.

857
2

Dear Citizen. Here is your genocide definition. Don’t think it’s not happening because you’re not a white Afrikaner. Call us brats, cry-babies or cockroaches, if you want. You will be judged for laughing at the pain of an exterminated minority

186
3

SA celebs are part of this ongoing racist problem. Just a few days ago, black Twitter sympathized with Lerato Kganyago for being attacked by an Afrikaner man. We even pressured PickNPay to release the tape of her ordeal. Today #CliftonBeach is trending, she’s nowhere to be found.

178
4

#GivenMakhari was fawning & weak & allowed #JohannRupert to get away with appalling racist arrogance. Johann is an arrogant, racist white Afrikaner. He treated Given with disdain. Not sure Given deserve better. But black South Africa does not deserve Johann Rupert’s arrogance!

154
5

Like I previously said. It’s useless to celebrate Siya Kolisi as the first Springbok Captain for as long as he still continues to sing “Die Stem” and infatuated with the whole Afrikaner culture in SA Rugby. Not all blacks are black excellence, esp blacks who are wannabe whites

134
6

Plz help support the most vulnerable in South Africa.These white children &elderly suffer greatly due 2racist govt policies.Elderly should never hav2 survive on cat food&all children should have blankets.Please take time to read.

100
7

Before formalisation Afrikaans was considered a “Hotnotstaaltjie”. 200 years after the birth of Oude Ram Afrikaner, white settlers started to call themselves Afrikaners and took Afrikaans, the language of the mixed-race descendants of indigenous Khoikhoi and slaves, as their own.

82
8

Afrikaner Children Squatter Camps  Afrikaner young suffering for a past they had no say in. With their parents falling victim to B.E.E laws, what future have these people?

76
9

For my claims of genocide to qualify I can only include white, Afrikaner farmers. Not all whites. Although subject to staggering mortality rates, very few groups in the world are killed at rates higher than 100/100 000. No singing matter and no parody can soften the blow.

67
10

Did you know that Namib Mills, a company owned by a white South African man who doesn’t even live in Namibia, has an all white management team? Everyone, bar one German lady, is a white Afrikaner. Checkout their website:

56
11

I might be Irish, I know I am a a$$hole… but I have never met a “culture and nation” that has more respect, love, perseverance, patience, respect and love as a true Afrikaner (Boer) – I have your back Boertjie and much love #TwitterBoere

53
12

#Pretoria | Boereoorlog forte moet as erfenis bewaar word!🇿🇦 “Die @VFplusGP-Jeug doen ‘n beroep op die @CityTshwane asook die departement van @ArtsCultureSA om die vier forte in Pretoria te restoureer!” – @JeanKriek 📌Artikel:  #OnsErfenis #AngloBoerWar🐴

51
13

ENGLAND WAS NEVER CHARGE WITH WAR CRIMES AGAINST AFRIKANERS WHICH WAS COMMITTED IN THE BOER WAR? IT’S NEVER TO LATE TO GET JUSTICE? ENGLAND HAVE NEVER APOLOGIES FOR THEIR ABUSE OF THE AFRIKANER WOMEN AND CHILDREN? RAPE, HUMAN RIGHTS VIOLATION, MURDER OF CHILDREN BY STAVING THEM?

48
14

America 🇺🇸 is slowly awakening what the ANC EFF BFLF Terrorists are doing to the Afrikaner Boer People in South Africa 🇿🇦. The ANC EFF BFLF are nothing but MONSTERS!!

48
15

In 1707 a man named Hendrik Bidault, on being arrested at the Cape by the VOC, shouted “Ik ben een Africaander!” (I am an Afrikaner!) Bidault’s defiant cry of secession from Dutch law & VOC sovereignty was a leap towards establishing a new identity – an Afrikaner identity.

44

8. Addendum 2: Ras nie gespesifiseer nie

Hierdie is die 15 twiets wat die meeste gedeel is waarin ras nie gespesifiseer is nie.

Nommer Teks #rekords
1

Accord on Afrikaner self-determination recognises the Afrikaner people’s right to self-determination Signed on 23 April 1994 by: 1. FF – Constand Viljoen 2. ANC – Thabo Mbeki 3. Apartheid Govt (NP) – Roelf Meyer Protected by the Constitution in Section 235 Orania was first.

337
2

I always have a little laugh when I think about how the actual Jan van Riebeeck (left) wasn’t aesthetically pleasing enough for Afrikaner nationalist propaganda, so they kept the erroneous image of Bartholomeus Vermuyden (right), a man with no connection to South Africa😂

190
3

Afrikaner nationalism forced all government employees to join Sanlam. In China; they closed down Amazon until Alibaba became number 1 in the world. In South Africa we talk BBBEE but can’t have most employees on Sizwe Medical Aid.

139
4

Rather than blaming Britain for the Afrikaner people’s poverty in the 1930/40’s, #JohanRupert’s father started a business in his garage and worked 30 years before achieving success! To negate that is cognitive dissonance.

99
5

I have a South African ID that states I am South Africa. I come from the Afrikaner culture and I speak Afrikaans, note the “Afrika” in both of those words. You can come with your idiotic ideas and statements that I am not African, I will simply slap you with my RSA ID. Tsek.

87
6

Tomorrow is our Covenant day! Be sure to share it with all your Afrikaner Patriot friends to celebrate it!

78
7

Despite superior military power, Afrikaners simply surrendered without defeat. “You, me and our men can take this country in an afternoon,” said former Chief of the SADF general Constand Viljoen, famously to General George Meiring. But, the Afrikaner just gave up his birthright.

75
8

Afrikaner calls Clifton beach protesters ‘k***ir barbarians’, Malema a ‘real k***ir’

73
9

A grand total of 22 house break-ins and robberies in rural areas, maliciously labelled “farm attacks” by Afrikaner supremacist lobby Afriforum have been reported in the Western Cape in 2018 Meanwhile Manenberg had 505 gunshots in 9 days without a single lobby group raising alarm

69
10 Give the Afrikaner Nation an empty piece of desolate land and come back in 100 years. What do you think you would find? 68
11

Mkhari – let’s create opportunities for networking for business. Rupert: You want an Afrikaner money ? #RupertOnPower 🤯😳🥶

68
12 Has anyone seen this before? Afrikaner Self Determination Accords- Signed by the UK & US ambassadors. And agreed to by the ANC. 63
13

If we are to get Help from the USA, Do you want refugee status or a forced negotiated settlement for a homeland along the lines of the Afrikaner Self Determination accords 1994 (see thread for info)

55
14

I am in need of all Afrikaner people. Something major is being prepared to prove without a doubt exactly what’s going on, in a legal way…in chronological order. We need to cooperation of ur community 2 help w/statements of being victims and any evidence of proof. Documents…

55
15

Yes, your anti-Afrikaner racism makes it hard for you to show respect when an Afrikaner is speaking…

46